SMS'e vir 18 Mei 2021
"... lekker aan die gang ..."
Mooi gedoen Yvonne Dausab.
Na aanleiding van die storie in die koerant rakende die wet op selfdegeslag-huwelike. Ek stel voor julle moet die Bybel herskryf om voorsiening te maak vir die wet. Die Here is baie duidelik in sy woord. Dis al wat ek wil sê.
Pasop vir sandhope waar 'n pyp in Fritsche in Pionierspark gebars het. Helfte van die sandhope lê in die pad, gevaartekens van CoW pateties. Net soos in Rugbystraat.
NWR moet hul skaam. Hul het die beste liggings, die beste moontlike bronne van inkomste, maar dit skeel hul min. Popavalle s'n sit reg langs die water, maar daar groei niks. Net eenvoudig geen belangstelling nie, wat nog te sê van diens? Wat 'n teleurstelling!
Ek sien grondgrypery en besetting is lekker aan die gang in Okahandja, of dra dit wat nou gebeur wes van die Gross Barmen-teerpad en noord van die lughawe die goedkeuring weg van die munisipaliteit?
Christa Katamelo, my innige simpatie, mag God se hand oor jou wees. - Maria Balzar, Windhoek

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie