SMS'e vir 18 Oktober 2018
SMS'e vir 18 Oktober 2018

SMS'e vir 18 Oktober 2018

". . .weer 'n bodemlose put. . ."
Mandy Rittmann
Rus koop 4 plase!? Die "top secret" skelmgeit en dubbel standaarde van die “government” skok ons weer en weer, dit skreeu ten hemele! Skelmpies gou, gou nog voor die grondhervorming nog krom "deals" maak. Regering koop, maar Rus betaal en Rus huur dan? En Namibiërs mag net een plaas hê en ander buitelanders, Duitsers mag nie plase koop of sal onteien word? En Duitsland gee miljarde aan hulp aan Namibië? Wanneer gaan hul oë oop?

Oppas, mnr. Rusland wat vier plase vir regering gekoop het. ’n Regering wat sulke skelmstreke uithaal, kan nie vertrou word nie en kan lag-lag huurkontrak breek/kanselleer! “The deal and transfers quickly and silently made days before the land reform conference. The brasen double standards of the government are just unbelievable!”

Blomplaas en ander hervestigingsplase is maar net weer ’n bodemlose put vir die belastingbetalers. Spandeer miljoene om op te bou, maar as die geld nie voor die tyd gesteel word nie, dan word die implemente en toebehore gesteel vir eie gewin. Indien daar iets positief uit kom en die bewoners word gelos om voort te gaan, raak alles weer vervalle net soos alle regeringinstansies.

American wildlife official and wife on killing spree in Namibia. Killing at least 14 animals and boasting about killing a whole family of baboons saying the baboons were for free? How sick is this? For lust of killing, for fun and sports? I’m glad pictures went viral so the world is aware if what really goes on. The hunting farm allowing such carnage for money should be named? They made approximately U$17 700/N$250 000 for the hunts only, excluding the daily rate etc. and free baboons? Can you sleep?

Drie senior bestuurders van Telecom Namibia is geskors en die waarnemende MD bedank oor die verregaande daad. Hoegenaand geen verrassing. Sommige ingeligtes van ons weet mos Telecom word bestuur deur die Unie! - SAP&H

Ja, dit is hartseer om in die Republikein, gedateer 17 Oktober 2018, die volgende berigte te lees. Die regering verkoop ’n astronomiese stuk grond, plus ’n 99 jaar huurooreenkoms en die volgende berig van ’n Amerikaner wat hier kom jag en sommer ’n hele bobbejaangesin uitroei. Wat gaan in ons se regering aan om dit toe te laat, terwyl die bevolking baklei vir ’n stukkie grond en elke dag word gevra om ons wild te beskerm en dis ’n absurde verhouding wat hier plaasvind.

Oliepryse: Netwerk24-berig 16 Oktober 2018. Redes word gesoek om die oliepryse kunsmatig hoog te hou, handelsoorloë, wisselkoerse, olieproduksie, hoër verbruik, laer verbruik en so gaan dit aan, maar hierdie een vat die koek - kommer. Kommer dat daar nie genoeg ekstra produksievermoë is nie, hou die oliepryse hoog. Liegstories, alles liegstories. Die olieprys is hoog as gevolg van gierigheid.

Al ooit die gevoel gekry dat Namibiërs moedswillig onderdruk word deur onnodige regulasies, belasting, beperkings en so meer, om ons te verhoed om ons volle potensiaal uit te leef? Asof ons vir ewig slawe van die staat moet bly en slegs tevrede moet wees met krummels onder die elite se tafels? Dit is seker om die opperhand van mag oor die mense van die land te hou, sodat jy tog nie iets moet bereik en vir jouself begin dink nie.

N$105 miljoen per maand vir renosterbeskerming en die resultate is maar swak! Iewers is weereens ’n skroef los.

Hentiesongeluk: Nou raak dit wie het die beter en beste saak is die wenner. Die feit bly staan daar is ooggetuienis en daar was roekeloos bestuur en daar is onskuldige lewens geneem.

Suburbs-spelers kom en gaan al vir byna 40 jaar. Voorspoed met die drie "mama's boys".

Suburbs en mnr. Allies, bou so voort! 2019 en die toekoms gaan goed wees.

Die MD van die Brouerye is uitgevang. Hy en ander het Namibiese rugby gekaap. Hy borg buitelandse spanne. Mnr. Mensah het “guts” om hom en NR Bpk. te “expose”.

Menere Dirk Conradie en Corrie Mensah is ongewild oor hulle die wit rugby se appelkar omkeer. Punt.

Wêreldrugby het ’n onwettige NRL ondersteun en finansier. Laat NRU sy mandaat uitvoer. Sterkte Mensah en kie!

Suburbs het in die verlede die voortou geneem en ongeregtigheid beveg. As spelers dink hulle is bo die klub en eie gemeenskap verhewe, is daar mos fout. So gooi maar.

Wat gaan by Windhoek se munisipaliteit aan? Sekere families geniet voorkeur, dit bly net onder die swaers met die tenders, want die een swaer sit op die “board”. Korrupsie op groot skaal.

Kan nie glo daar word gekla omdat die plante in Swakopmund, Maandag tydens spitsverkeer natgemaak word nie. Mense kla oor kurrupsie, moord en verkragting. Wraggies, nee! Miskien moet die uwe bietjie vroeër opstaan.

Personeel van Karasburg "Council"-kantoor is baie onvriendelik. Julle werk met die gemeenskap, is dit te veel moeite om jou mond oop te maak en te groet? Goeie maniere kos niks in die lewe.

By die kliniek op Karasburg word jy nie betyds gehelp nie, jy gaan sit ure om diens te kry weens net een verpleegster wat help. Als gaan agteruit op Karasburg!

Republikein, “either” julle plaas my hele SMS of los dit. Moenie self besluit nie. Daar's 'n rede hoekom mens dit plaas.

Dringend op soek na ou boumateriaal wat u nie gebruik nie, wat agter in die erf lê, soos sinke ensovoorts. Groot asseblief! – 081 358 3376

Ek is op soek na ’n stoffeerder om sitkamerstoele reg te maak. – 081 684 5448

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!