SMS'e vir 18 Sep
SMS'e vir 18 Sep

SMS'e vir 18 Sep

". . .my leesboek die naweek. . ."
Mandy Rittmann
Watter positiewe “vibe” is dit nie op vandag (Maandag) se voorblad nie! "Hondelewe vir stropers". Welgedaan ons viervoetvriende en hulle hanteerders.



Viva aan ons regering, die VSA en Invictus K9 met die opleiding van honde in die stryd teen stropery. Beno, Baron, Alex en Nora en hul hanteerders gaan beslis nog baie vermag. Pas hulle mooi op! Ons benodig meer honde en hanteerders.



Plunderwoestyn: Christiaan Bakkes sal my leesboek wees die naweek. Die Noordweste was 'n tyd wat ons met Chris-Jan beleef het. Selfs foto's wat geplaas is van 'n leeumannetjie se afgesnyde pote op die koerant se voorblad kon later niks makliker of minder hartverskeurend maak nie. Aande se gesprekke om 'n tafel by 'n lodge tot jy later emosioneel uitgeput terugtree. Francoise is reg, hopenlik word die boek vertaal om 'n baie wyer mark te raak.



So government opts to build a desalination plant with some of the 10 billion China loan (Observer)? Now there is another state secret leaking out. With every single government project in the end costing double due to the tender price. Corruption? There won't be much left for all the other projects planned with the 10 billion. . .



Namibia student jailed for drugs in Cyprus, serves him right. I have no sympathy here. If you can do the crime, you must be willing to do the time. And advice for the mother begging for help and money. He is probably studying for free (someone else is paying). So the least he can do is adhere to his host country's laws. He knowingly broke the law and is guilty. Let him take responsibility and take the deserved punishment. Hopefully he is learning a life lesson.



Blankes regoor Afrika het almal in stoelsittende, vegtende passiewe siele ontaard met 'n bordjie om die nek wat lees: Volg my, ek is reg agter julle. - SAP & HH



Het 12:55 'n oproep van 'n persoon wat beweer sy werk vir Telecom en moet uitvind of ek Wi-Fi het. Die maatskapy vir wie sy kamstig werk, stuur vir my 'n rekening vir hul dienste. Hallo! Die skelms in ons land dink ons almal val vir hulle soet koek.



'n Vriendelike man wat by 'n bank werk bel en kry my vrou op die lyn. Hy vertel haar dat hy vir bank A werk en dat hulle met opgradering van sagteware besig is. My vrou sê vir hom dat ons by bank B is en dat ek vir hom seker beter kan help. Toe ek die telefoon vat, werk die man skielik vir bank B. Toe ek vir hom sê dat ek nie in opgradering belang stel nie, word die telefoon sommer onmiddellik neer gesmyt. Hoeveel mense val vir hierdie skelmstreek?



Karasburg, Gabis-reservaat het krag, Groendoring en Dounaib 1 en 2. Ons benodig ook krag, al is dit sonkrag.



ELKRN-leierskap, tot wanneer sal u as toeskouers bly by die begrafnisse van u eie pastore en pastoorvroue? Reël tog 'n nasionale versoeningskonferensie laat ons geliefde ELK tog terugkom. Asseblief!



Dankie Denver Kisting, vir jou nugter en baie persoonlike skrywe van jou stryd met die drankduiwel. Ek hoop die regte mense lees dit en kry hoop.



"Pet therapie" by Eros Manor, wonderlike idee. Tinkerbell is 'n heldin.



Troeteldierterapie by Eros Manor, 'n wonderlike idee!



What a lovely article on Tinkerbell the therapy cat at Eros Manor. Let's hope other institutions follow their wonderful initiative.



Het iemand raad vir droë vel, op gebrande brandwonde. Meeste room, raad veroorsaak knoppies of erge brandgevoel (geen gegeurde rome asseblief). Wonde is 15% en 2de en 3de graadse wonde. Vel is toe gegroei. - 081 311 8540



Ja, julle wil natuurlik die tjeks uit kry sodat julle nog minder werk het, maar nog miljoene profyt kan maak. Nog EFT, nog kaarte is veilig. En wat van die ou mense wat op die platteland bly waar daar nie krag is nie en geen telefoon nie? Gaan kyk liewerste na die slegte diens by takke. Help ook nie mens lê beswaar by kliëntediens nie, hulle reageer glad nie.



MTC stuur vir my 'n SMS om my in te lig dat my databondel van 87 MB wat ek gekoop het op die 18de September gaan verval en verstrek 'n nommer waar om 'n nuwe te koop in dieselfde boodskap. Dis nie asof dit deel van my kontrak is nie. Nee, ek het dit apart gekoop! Geen wonder hulle maak so lekker geld nie.



Jossop, Karasburg het outydse “grem”-plate. – 081 660 9971

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!