SMS'e vir 18 September 2020
SMS'e vir 18 September 2020

SMS'e vir 18 September 2020

"...trawante voel 'n veer..."
Mandy Rittmann
Namibië 3de mees ekologies bedreigde land en so word die bietjie woud uitgekap en ons regering en sy geldhonger trawante voel ’n veer vir die impak. Geen bome, geen reën, geen erosie teenwerking. Droogte en hongersnood is op die lappe, dit is standerd 3 Aardrykskunde.

Namfisa moet piramiedeskemas aan die kus dringend ondersoek!

Otjimbingwe Kruithuis, respek kom net met respek.

Die plunderaars wat die fort op Otjimbingwe afbreek, julle moenie slaap in die nag nie, die geeste van daardie fort gaan julle kom vat, ek het dit al laasweek gedroom voor ek gehoor het by die koerant wat julle gedoen het. Gaan hang vir julle self, voor die geeste vir julle kom vat. Ek weet wat ek praat, my eerste man is ook gevat van die geeste oor so iets wat hy gedoen het. Los die witmense en hulle se goet uit. Moenie speel nie, etse.

Otjimbingwe. This country has no respect or culture. Its only the survival of the meanest. Oh, and our leaders can talk/mumble for hours and months about making the place better.

Baie dankie aan John Fredericks en sy brief oor oom Karretjie van Wyk. Goed geskryf en met deernis aangebied. Ons het meer mense soos oom Karretjie en John nodig, hulle verryk ons lewe. - R H

Wanneer iets te goed is om waar te wees, is dit nié waar nie! Namibiërs aan die Weskus moet ligloop vir ponzi- en piramiedeskemas wat buitensporige rente belowe op beleggings én geen belasting word daarop betaal nie!

Wragtig, pragtig en skaars! ’n Lemma (trefwoord) op Woensdag se voorblad, “verrinneweer”. En dít toegedig aan ’n luiperd! Republikein moet rêrig erkenning kry vir die beste lemma vanjaar. - Peet Venter

Ek hoop die shoppers van Binnelandse Sake word departementeel vervolg, maar sal seker nie. As die kop vrot is, wat verwag jy van die lyf?

City of Windhoek when will the municipal swimming pool open again. The Olympics have not been postponed indefinitely you know.

Vanaf Desember 2019 is ’n straatlig af in ons dorp waar dit baie donker is. Versoeke persoonlik aan die verskafer gerig sonder enige sukses. Van hulle voertuie gestop en dit weer gerapporteer sonder enige sukses. Wat ’n skande! Duiwel van Outjo.

Net soos ek gesê het, netwerk werk kamstig nie. Skande!

Kan die minister nie intree by die Keetmanshoop-munisipaliteit nie. Waar kan ’n CEO toegelaat word om voorstelle na die council toe te vat, wat onwettig is? Hoe kan hy sonder ’n kontrak aanbly, nadat sy termyn verstryk het? Korrupsie open bloot.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!