SMS'e vir 19 April 2018
". .. geld praat die hardste."
Ek verstaan dit glad nie. As hierdie miljoene en miljarde wat so stilletjies verdwyn by 'n privaat besigheid sou gebeur, sou die verantwoordelikes nie net hul werk kwyt wees nie, hul sou in die tronk sit! Nou hoekom moet daar 'n verskil wees, net omdat dit 'n ander werkgewer is? Hou die mense verantwoordelik vir hul dade. Soos dit nou gaan, kan almal maar net hulself vergryp, daar gebeur dan niks nie!
Why does the Namibian government worry about Syria? Worry about your own people, who get swept away by flash floods because they have no-where to live! Why do we still have so much poverty after 28 years of promises?
Die stadsvaders van Swakopmund-munisipaliteit, in die straat Daniel Khomo Ave., voor die Ocean View-sirkel, is twee bane gesluit vir herstelwerk. Het Swakop nie meer ingenieurs en 'n werke-afdeling wat kan kyk dat dit reg gedoen word nie? Dit is gevaarlik. Geen spoed-, pad gesluit- of waarskuwingsborde nie. As jy 20 meter van die gesluite straat is, dan sien jy dit die eerste maal. In die nag is dit nog 'n groter gevaar! Hier kom 'n ongeluk en skade-eis teen die munisipaliteit. Dit is ook al 4 weke wat die straat gesluit is en werkers is nog nie besig met enige herstelwerk nie. Hoekom dit sluit so lank voor die tyd? - Bekommerde belastingbetaler
Ek wonder net of die UPM bestuur bewus is dat baie van sy lede nie saamstem met hulle nie omtrent die saak wat die kaptein betref?
Nog 'n "monstrosity" in 'n area waar dit glad nie hoort, weens die ekologiese sensitiewe aard van die area. (Shipwreck Lodge, Republikein 17 April 2018). Voorts sekerlik net vir die superrykes. Maar ons weet mos, geld is die oudste en praat die hardste. - Leon Lubbe
NamPol-verkeersafdeling, Swakopmund. Onwettige ligte op voertuie. Die brandweertrok het blou ligte op en nie rooi ligte nie. Slegs polisie- en verkeersvoertuie mag blou ligte op hê. Dan ry verskeie voertuie met groen ligte en LED-"bars" op die dakke met rooi en oranje ligte en selfs stop- en flikkerligte op. Die wet plaas, behalwe vir die ligte toelaatbaar op polisie-, verkeers-, brandweer-, ambulans- en insleepvoertuie, beperkings op ligte. Dit mag net op sekere hoogtes en diepte voor of agter aangebring word. Hoekom staar julle jul blind teen die LED-"bars" en ligte en doen niks omtrent hierdie onwettige ligte nie?
Skokkend dat kinders in vandag se lewe kan sterf na 'n mangeloperasie. As gevolg van bloeding. Dogtertjie van 11 jaar is Sondag dood in Khorixas. Omstandighede klink na gruwelike nalatigheid.
Wanneer kry Gochas 'n regte stasiebevelvoerder? Help asseblief. “Kohima and Jossob were the best.”
Aranos-streekkantoor se kar word gebruik om iemand se trek aan te ry. Hoe kry julle dit reg? Sewe vet jare en sewe maer jare. God slaap nie!
"Headquarters Mariental Regional Office". Julle sal moet drasties 'n plan maak met die "driver" by Aranos-streekkantoor. Hy ry onverskillig met die voertuig, maak 'n plan.
Die persoon wat kla oor die traangas wat Joos Platt gespuit het. Gaan kla by die polisie, nie by die koerant nie. Jy kla op die verkeerde plek, geen wonder jy word die deur gewys nie.
Generaal Naholo (afgetree). Wanneer is u van plan om die onwettige vuurwapens wat ingehandig is, te vernietig in die teenwoordigheid van die pers. Die publiek het hulle samewerking gegee, maar van u kant nog geen terugvoering nie.
Mense wat bokke en skape het wat nie voer het nie, bring hulle gerus na die landdroshof op Swakopmund. Daar is baie gras voor die hof.
(Die beweerde) polisiehoof-moordenaar van Tsumeb loop vry rond, terwyl inwoners vrees. Inspekteur-generaal, erken jy is onbevoeg om bevel te voer en bedank.
In die Republikein van die 19de Maart het ek 'n rare verskynsel gesien. In die foto van die braaikompetisie van Shoprite Checkers waarin 'n oulike seuntjie besig was om heerlike boudtjops te staan en braai, was in die tjop naaste aan die pers skottel 'n duidelike kop van 'n man. Ek het baie mooi gekyk en sien sy hare, wenkbroue, oë, neus, mond en linkerskouer in daai tjop. Nie die wat hy met die kwas druk nie.
Die huidige regering, hoekom moet die Swapo-pollie die biere wat hulle weggooi nie op 'n beter manier doen nie? En hoekom word dit net by sekere mense gedoen, die hele woonbuurt ruik net bier. Waar is kamma die “human rights”? Dan wil die “government” gerespekteer wees, maar nou kan 'n mens sien Revolusie (sic.) 435 was net vir twee partye, naamlik Swapo en die boere.
Ek werk nie by Beefcor in Okahandja; ek skuld hulle ook nie geld nie. Het toevallig daar gestop, en praat van skoon en net buite. Ja, so moet dit lyk waar ek my vleis koop. Binne lyk dit beter. Hou so aan!
Ek is op soek na hulp, asseblief tog! Help my, ek sit nou amper 'n jaar sonder water en krag. Ek bly met 'n siek baba. As ek in die winkel in kyk, kyk ek maar weg, omdat ek dink waar sal ek gaan kook en my trane loop. Help my tog om net water en krag oop te kan maak. Dankie baie.
MTC, hoekom is die sein vanaf die nuwe toring op Leonardville so swak? Vandat die nuwe toring opgerig is, sukkel ons met die sein om oproepe te maak, SMS's te stuur en om ons selfone in die algemeen te gebruik. Doen asseblief iets daaraan.
Ek is op soek na 2de handse kinderklere vir seuns ouderdom 6, 7, 8 jaar en dogter 8 jaar. As u kan help, SMS my op die nommer, 081 044 9859. Ek sal dit hoog waardeer. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie