SMS'e vir 19 Augustus 2016
“Hoekom moet ons altyd . . . soebat vir diens . . .?”
Dankie vader vir die huurwet. My salaris as govt. skoonmaker is N$2 500 en my huur is N$4 000 per maand. Kan snags nie slaap nie. Dankie Harambee.
Het die mense al verder gedink? As daar nie onderwysers in die wêreld was nie, sou niemand ooit kon lees of skryf nie. Ek’s tog so dankbaar as oudonnie dat ek klaar is met skoolhou. Dis die ondankbaarste professie deesdae. REDE: Die ouers is die groot probleem. Hulle wil nie aanvaar hul kinders is ander karakters as hulle nie by is nie. Om die groot klasse met elkeen ’n eie wil te leer, kos hare op jou tande. Onderwysers, julle wat nog probeer, ek haal my hoed af vir julle. Sterkte op pad vorentoe. Die wat agter tafel by laptops sit, kry jou rat in orde. Leer en verduidelik aan jou leerlinge. – Oudonnie
As jy dit nie kan bekostig nie, moet nie jou plek uithuur nie. Dit is net probleme. Jammer vir die huurders wat ordentlik is. Hier kom ’n ding.
Bravo aan mnr. Pieterse van Karibib dat jy die koedoe nie terstond vrekgeskiet het nie en weer vrygelaat het, maar beslis nie bravo aan die boere van Aroab nie. Julle het op die luiperd geskiet en dit het slegs homself verdedig. Julle kon hom gevang en herlokeer het.
Hoekom moet ons altyd die een of ander ministerie soebat vir diens as daar ’n probleem in die een of ander dorp is? Dis mos hul plig om die werk te doen waarvoor hulle daar is. Die vraag is tog duidelik genoeg, wanneer gaan ons ook besluit ons wil ’n verandering hê soos in SA?
Lees in Namibian dat daar geen graad 12-kandidate gevind word vir NIMT-opleiding in //Kharasstreek nie. Wat ’n grap! Moenie lieg nie. //Kharas-mense, word wakker uit jul slaap.
Wanneer gaan ons mense ophou om skole en onderwysers te blameer vir ons kinders se gedrag? Wat jou kind gedurende pouse of na skool in betrokke raak, is nie die skool of die onderwyser se verantwoordelikheid nie. Laat ons tog ophou met die “blame shifting” en begin om ons kinders verantwoordelikheid te leer, asseblief tog.
Ek wil weet of ander streke ook deur voormalige of huidige goewerneurs so beheer word soos die Hardapstreek? Alles moet hulle families betrek of bevoordeel andersins teenkanting teen alles. Die arme streekraadslede is maar net marionette wat guns soek by almal en kan nie eens vir hulleself opstaan nie.
Huurders, maak asseblief seker dat julle ’n kontrak met verhuurders het. Nie soos onlangs met kliënt: Het net verbale ooreenkoms en nou sit dié op straat omdat saans wasmasjien aangesit is en dit die verhuurder gepla het. Alle moontlike “do or do nots” moet skriftelik opgeneem word. Al is dit vriend of vyand!
Swak dienslewering in Suid-Afrika het die onoorwonne ANC duur te staan gekom. Kan ons Namibiërs nie ook ons oë oopmaak en ophou kla en wys dat ons ook murg in ons pype het nie? Net jammer verkiesing is nog ’n paar jaar ver. As almal nou al koppe bymekaar sit, kan veranderinge wat ons bepleit ’n werklikheid word. Dink solank.
LP Christians is so in die kol. Toe ek terugkom was my meisie met ander man getroud. By my werk was die burgers klaar met studies en in poste aangestel met klomp geld terwyl ek wag vir volgende kampoproep. Twee van my neefs is tronk toe gestuur omdat hulle nie wou gaan nie. Dis hoe dit was. Dit was nie ’n keuse om diensplig te wil doen nie.
Help asb. Ons het nie ’n huurraad nie. So verhuurders kan doen wat hulle wil? Huur woonstel, maar verhuurder was al twee keer in woonstel sonder my toestemming. Eerste keer kastig krag van wekker afgeskakel (omdat radio te hard gespeel het) en tweede keer om vensterbanke van die binnekant skoon te maak. Het ek geen privaatheid meer nie en moet ek dit duld? Wil tog nie weer verhuis nie, maar as dit so aangaan, het ek seker nie ’n keuse nie. Hoekom kan daar nie gevra word nie? Ek respekteer mos ook hulle privaatheid? Dankie vir ’n positiewe antwoord!
Otjiwarongo “councillors”, julle bou-inspekteur keur my bouplanne af oor parkeerspasie, maar in St. Georgesstr. laat julle julle snr. amptenaar toe om haar etes op die sypaadjie te bedien (en die area af te kamp om voetgangers in die straat te laat stap). ACC?
Ek twyfel of die gawe ou wat so smile op die foto’s regtig Tom Cruise is; hy is ’n baie kort mannetjie, maar op die foto’s is hy lank met ’n dikker gesig en lyf. My konklusie is dubbelganger!
MTC Tegniese Afdeling in Windhoek, ek wil net vir Collin baie dankie sê vir sy hulp met my BB se internetprobleem. Hy het selfs na 4 my gehelp en die probleem op die sisteem opgespoor. – Mev. E, Swakop
MTC stadige netwerk: CRAN, wanneer kan ons kry waarvoor ons betaal? 4G in Namibië is stadiger as 3G in RSA. Elke aand vir 2 ure GEEN of stadige data.
Ek wil baie dankie sê aan die 3 dames by Almor-slaghuis in Khomasdal vir hulle glimlag en hulpsamigheid. God seën julle.
Ons soek hulp asb. Ons plaas Kransneus se grond word links en regs verkoop deur manne wat met valse papiere ’n stuk gekoop het. Ons plaas is privaat en onverdeeld, maar daar word nou net orals gekamp en niemand kan iets daaromtrent doen nie.
Lorries wat deur RHB ry, sit julle “exhaust brake” af. Julle maak die babas en skoolkinders wakker en almal werk. Met 60 km per uur kan die lorrie nie mense wakker maak nie. Ons ken lorries, dis hoekom ek vra sit die “exhaust brake” immers op “low”.
Hier is ’n prokureur wat vir jou ’n brief “mail” namens sy kliënt. Sy het glo ’n klomp goed gekoop en sy is in besit van betaling, maar die wettige eienaar van die goed het nog nie die betaling ontvang nie. My vraag is hoe kan ’n prokureur vir jou ’n brief skryf? Moet hy nie ook ’n bewys hê nie? Of gaan dit oor geld? Sy het self erken sy wou dit koop. As iemand my kan raad gee wat om te doen.
Los die wilde diere uit. Julle plaasboere wil alles net skiet.
Ek woon in Rehoboth. Ek het heuningbye wat meer as ’n jaar gelede in ’n boomstomp in my erf ingetrek het. Byeboere kan my skakel by 081 895 8584.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie