SMS'e vir 19 Februarie 2019
SMS'e vir 19 Februarie 2019

SMS'e vir 19 Februarie 2019

". . . minstens tronkstraf . . ."
Mandy Rittmann
Wildehonde word geskiet en een gewond, en die gespuis kry borgtog van N$3 000. Dit is een skande. Arme diere!



Wildstropers en veediewe moet minstens tronkstraf kry. Hulle is genadelose moordenaars, wat roekeloos, astronomiese skade aanrig! Waarom moet hulle begenadig word?



My binnetrane loop en ek sukkel en sluk oor wat met die willebrakkies gebeur het. Marlize en Rudi van Vuuren, kan julle ons almal se arms om julle voel? Tweevoetige aasdiere in uniform is 'n werklike nagmerrie oral. – Pietrossie



Wat is fout met die regering dat hulle bly om net die “holruggeryde” simptome van werkskepping, grond en armoedeverligting aan te spreek? Wanneer word die oorsaak, wat 'n te hoë bevolkingsaanwas is, aangespreek? – Gerome



Geleerde persoon op TV sê die geweld in Suid-Afrika kom van wat persone ervaar en gesien het by hul vaders in die onafhanklikheidstryd. In 'n land waar meeste ouers, enkelouers (ma's) is? Dink die sogenaamde geleerde moet sy skoolgeld gaan terugvra. - SAP&H



SUN newspaper report: “Explosive court battle.” PDM dragging government to court over sale of four farms to Russian. Hat off to u PDM, the truth will prevail in the end!



Geagte persoon agter die klip. Het jy ooit daaraan gedink dat jy met jou SMS twee dames wat geluk gevind het se harte seer maak? Hoekom gun jy ander mense nie geluk nie? Dink 'n slag aan jou lewe. Wil jy hê ander mense moet in jou private lewe inmeng? Beslis nie! So doen dit asseblief nie met ander mense nie. Jy kan nou kies: wil jy goedhartig wees of 'n hart van 'n klip hê?



Die streeksatletiekbyeenkoms in Keetmanshoop die naweek was 'n groot klug. Ouers van atlete is beamptes by items waar hulle kinders deelneem. Atlete gebruik hulle eie apparate. Dit mag nie so wees nie. Die afrigter nog by die item, terwyl die item besig is. Besef ouers, onderwysers en skole nie dat hulle soveel druk op kinders sit met al die “schemes” nie?



Congratulations to the new administrators of the football house. We trust in your abilities. Please also take control of the NSC as they are unable to run sports. Also: The Namibian Horse Racing Association received a grant of N$50 000 from the NSC. Mwiya, why didn't the other sports codes receive any funds? Youth and sports are suffering.



So ontsteld! Vandag in Olympia, terwyl ek uit kompleks ry, nadat ek links en regs gekyk het vir aankomende verkeer, kom daar 'n bakkie met nommer plaat VS (!?) NA met groot spoed die bult af gejaag. Ek het klaar gedraai, te laat om te stop vir my en vir hom. Gelukkig met die Here se genade het hy nie in my vasgery nie, maar o wee, toe klim hy uit en ek dink hy gaan my te lyf gaan. Ek sê sorry, jy vloek my, omdat ek 'n vrou en oud is. Ek is 'n goeie bestuurder en glad nie so oud nie, maar jy is ongeskik, onverantwoordelik, ry te vinnig, sal vroumense te lyf gaan, as jy dit nie doen nie, en kan nie eers jou kar reguit op die pad hou nie. Jy is raakgesien deur klomp ander mense. Sies man!



Hentiesbaai o Hentiesbaai! Die plek van die Duitsers niete versmaai. Waar manne kom hengel vanuit die vêrte, met boogstaanvisstokke en Robbe wat blêr. Die plek van tant Sara kruip diep in jou bloed, waar Bennie se Rooi Lorrie vistermanne groet. Verby 108 loop die pad nog Noord tot by Torra se baai waar die Robbertse sou kamp van lank vergete tye daar op die strand. – Rutan



Asseblief, nou moet City of Windhoek iets doen. Ons het dit al onder u aandag gebring van die ou vieslike trok in David Goeiemannstraat, Khomasdal. Kom kyk self asseblief! Ons buurvrou se veiligheid is vir ons baie belangrik. Asseblief, asseblief!



Ouers wat binneparkering by die Independence-stadion gebruik, wees asseblief versigtig. Ons kar is ingebreek, terwyl sekuriteite aan diens was.



Ek is 'n ware gelowige in Jesus Christus. Verklaar dit vir my: hoekom en waarom tree mense wat sê hulle is Christene op met kwaadpraat, swartsmeer, gif saai en veel meer? Lieg dat mense hulle moet jammer kry en finansieël moet bystaan en dan lag hulle heelpad? Die soort optrede is mos 'n klad op die naam van God, of is dit hoe die Christene mag optree?



Lewer- en Visrivier se beesboere. Pas op vir 'n blou double cab (registrasiemerk verskaf). Daar is nie meer 'n bees in die Visrivier nie.



Suid-Afrika en Namibië is nou vinnig op pad om nog 'n Zimbabwe te word. Zimbabwe, vroeër Rhodesia, was 'n uitvoerland. Party mense is maar net nie bevoeg om 'n land te regeer nie. Wat 'n skande!



Kan die munisipaliteit asseblief die gat in Boysensstraat regmaak, of is die teer op?



Die president het ingetree oor die bejaardes wat hul pensioene in casino's gaan uitmors. Een casino is so gulsig dat hulle nog steeds bejaardes toelaat om hul geld daar te gaan uitmors, dan moet hulle bedel vir 'n geldjie om huis toe te kan gaan.



Ons dorp, Kombat, is 'n tweede Rundu. Vuil en verwaarloos.



Tussen 6 en 12 is die cell-bel jou cool budy, 12 en 18 jou showoff, 18 en 25 jou lewe, 25 en 31 jou huwelik, 31 en 37 jou tweede huwelik, 37 en 43 jou enigste vriend, 43 en 49 jou werks-tool, 49 en 54 jou skelmpie, 54 en 60 jou hulplyn, 60 en 66 jou hoekie vir eensames, 66 en 106 alle ander mense se ergernis, behalwe joune, want Alzheimers het aangedoen. Make it or break it, before the law come and take it.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!