SMS'e vir 19 Julie 2016
SMS'e vir 19 Julie 2016

SMS'e vir 19 Julie 2016

Gerine Hoff
Vat vyf, oom Calle, vir die verklaring van jou bates. Ons wag in spanning vir die ander kabinetslede om jou voorbeeld te volg. Die wat nie wil nie, moet maar liewer bedank.

Inbrake het in Okahandja koninklik gegaan en daar word nie veel gedoen om die gemeenskap te help nie.

Hoe is dit moontlik dat iemand jare in ’n gemeenskap bly met GEEN afwykings nie? Dan pleeg die persoon ’n gruweldaad en ewe skielik het die persoon ’n erge sielkundige afwyking wat hom die daad laat pleeg het. Hoe dom dink mense is mense? – GPO

Berig: “Man vas wat soos maniak jaag”. Wil net sê baie dankie vir me. Harmse en vra dat Republikein die man se naam en van en sy foto en die voertuig op die voorblad sit. Dit gebeur omtrent daagliks dat sulke padvarke ander mense se lewens in gevaar stel. Hulle is ’n gevaar vir die samelewing en behoort agter tralies vir rehabilitasie.

15/7 Ongeluk buite Karibib. Kop-aan-kop-botsing! Ons sien hoe jaag ’n wit motor by omtrent 10 motors verby om die ongeluk te veroorsaak. Onskuldige mense in hospitaal, party kritiek. Die skuldige, wat ek nie weet wat hy wou bewys, hardloop weg. Ek sê vandag: Doodstraf ook vir die onverskillige moordenaars op ons paaie. Hul verdien niks beter nie.

Ek wil die ouers vra wat inbel en sê die skuldige en die slagoffer se pa moet toegesluit word, wees eerlik. Hoe eerlik is ons kinders en wat doen julle aan die saak van die rokkies wat skandelik net onder die sitvlak eindig? Kyk jul kinders oor die naweke hoe hulle in strate vertoon. Dis ’n tradisionele skande vir Namas sowel as Damaras.

Sou daai man wat se dogter verkrag is nog altyd geweier het om die skuldige by die gereg aan te gee as daai skuldige sy vrou verkrag het?

Wil net hoor, ’n blanke boer kan nie borgtog kry nie nadat hy vermeende diewe wat sy bees geslag het, geskiet het, maar die polisie kan op Sanmense skiet wat wettig mag duiwelsklou oes. Hoe nou?

Werklikwaar Air Namibia, om op ’n Vrydagmiddag kwart voor vyf ’n kennisgewing aan die reisagent te stuur om hul kliënte te laat weet dat Maandag se vlug na Lüderitz gekanselleer is oor “routine maintenance” is verregaande. Wie sal so iets glo? En wie moet nou betaal vir die kansellasiefooie vir akkommodasie en huurvoertuie wat reeds gereël is? Hoe lank nog wil die regering geld stort in dié bodemlose put van onbevoegheid?

Is daar ’n geval waar ’n radikale Islamiet al ooit NET ander Islamiete se dood veroorsaak het? Of het die persoon wel ander Islamiete se dood OOK veroorsaak? Maar dit word gesien as kollaterale skade wat opgeoffer word vir die groter “saak”? – Sonja

Wanneer word Kalkrand opgebou? Die plek word kamma reggemaak, maar niks verander nie. Die CEO van Kalkrand is nooit ernstig nie. Ons kan nie so lewe nie. Asb., dis nie ’n plaas nie.

Wat het van die Mylene en Ockie Jooste sage geword? So ook die saak oor die dwelmeenheid se hoof? – Joos

Wil net weet hoekom kan NBC TV nie die rugby uitsaai wanneer ons nasionale rugbyspan in Windhoek speel nie? Hulle het Saterdag hulle harte uitgespeel. Hou so aan manne, die land is trots op julle.

Ek sien van die Land Rover-saamtrek op Uis in Augustus. Wonder net hoe gaan die manne by die huis kom.

Usib kry droogtehulp, maar net mieliemeel. Die ander plase kry mieliemeel, vis en olie. Waar lê die probleem? By die aflaai van hulp of by die uitdeel van hulp?

CoW: Hoekom laat julle toe dat kerkgroep by gemeenskapsaal Khomasdal die inwoners van Edselstraat so pla? Die lawaai op ’n Sondag­oggend moet stop. En die 15:00. Dis die tyd dat inwoners rus.

Dankie dwelmeenheid en polisie van Rehoboth vir jul flinke optrede die naweek in RHB. Ons as gemeenskap sê dankie. Hou so aan.

Ek wil net navraag doen oor vreemde honde op jou plaas en in jou veld. As jy jou buurman se hond in jou kampe kry waar jy jou wild bewaar, wat is my regte? Die honde is kilometers ver van sy en my woning in my wildskampe. Die honde-eienaar gaan haal die polisie en kom doen ondersoek oor die saak omdat die honde op my plaas geskiet is. Ek het ook ’n skietvoorval aangemeld by dieselfde stasie, maar niks volgens my het hieromtrent gebeur nie. Die polisie het tot nou nog nie na my teruggekom nie. Wat is die meriete wat hier gehandhaaf word in Warmbad in die //Kharasstreek?

Mense, ek was Saterdag in Keetmanshoop. Vrydag my afspraak gemaak, dit gekry, ek moet 08:00 daar wees. So gemaak by Quality Tyres en wat ’n puik diens en vriendelike behandeling kry ons daar. Dankie Willie, ek het tevrede daar uitgestap. Sien julle weer.

GIPF: Ek is so gewoond aan die baie goeie diens van julle. As ek daar by kantore kom om vingerafdruk te maak elke 3 maande of selfs as ek skakel oor iets, is julle so professioneel. Baie dankie daarvoor. Maar as medies ongeskik verklaarde wat 2 jaar laas verhoging gekry het, wil ek sê die antwoord “die raad sit en bespreek dit nog” is nie goed genoeg nie. Ek weet dis nie u skuld wat ek telefonies as antwoord kry op my vraag nie. Dankie vir u geduld met my. Dis net ek kry swaar soos baie ander ongeskikte persone.

Republikein, dit is regtig die pragtigste­ foto’s wat gister geplaas is. Die diere daarop het my dag gemaak. En die springbokke! Ek gaan die foto raam.

Muise in Katutura-hospitaal, dis tog normaal. Sit net 2 katte op elke vloer dan is dit mos ’n Mickey Mouse cartoon bedryf. Nee wat mense, dis te erg!

Waarom wil koerante nie SMS’e plaas oor klagtes oor rookoor­tredings by restaurante en kuierplekke nie? Miskien oor julle self rook?

Groot was my skok en verbasing om te verneem dat die visebiskop die musiek van ELKRN oorneem terwyl die kerk soveel komponiste het soos pastore Swartbooi en ander wat bevoeg genoeg is om die werk te doen. Volgens wat ek verneem, was die musiek toevertrou aan pastoor J Boois en nou is dit van hom weg­geneem. Weet die visebiskop nie wat sy werkbeskrywing is dat hy hom bemoei met die musiek nie? Hy is die personeelbeampte en daar is genoeg werk waarmee hy hom kan besig hou. Of is dit omdat N$275 000 be­skikbaar gestel is vir musiek? Moenie vir ons bluf nie. Daai tyd is lankal verby. Conflict of interest.

Ons het Sondagmiddag die agterkant van ’n tralie (bakkie) opgetel tussen Karanas en Groendraai. As u so iets verloor het, skakel 081 241 7223 of 061 239 099.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!