SMS'e vir 19 Julie 2017
“. . .meer werd as goud.”
Na aanleiding van die onwettige wapens wat beslag opgelê is in die Erongostreek, wil ons vir die polisie baie dankie sê vir die goeie werk wat hulle verrig. Die publiek is baie trots op julle. Die ander streke van die polisie kan gerus by julle kom kers opsteek. Adjudant-offisier Shapumba, gaan voort met jou goeie werk wat jy verrig.
Verban swanger skooldogters van skool. En dan wat? Dogters moet eerder van ’n baie jong ouderdom geleer word dat hul meer werd is as goud. Leer ons dogters om hulself te respekteer, hul skoolloopbaan te voltooi en hul eie geld te verdien sonder die hulp van ’n man. Daarna kan sy trou en kind kry as sy so verkies en ’n positiewe bydrae maak in haar gemeenskap.
Stroop van Renosterkoei. Hoekom wag? Doen wat Botswana (hoop ek is reg) gesê het oor stroop van diere. Skiet die stropers dood, anders het ons een van die mooi dae niks oor nie. Kyk hoe vinnig gaan dit stop.
"Face dit!" Julle as regering kan nie ’n land regeer nie! 27 jaar later en julle fokus nog altyd op kolonialisme, apartheid en rassisme om jul onbevoegdheid te verberg. Elke dag wurg jul agtergeblewenheid af as aksieplan. Die bewyse van mislukking lê so dik soos mis.
Ministry of Finance dismissed seven officials, three from management. Scandelous that corrupt officials sit in Finance? Why just dismiss them? Procecute them, jail them. That's the only way this horredous corruption will decrease!
Dippenaarsaak. Daar is ’n bult in Swakop se rigting by die ongelukstoneel. Hoop van harte dat die hof ’n terplaatse ondersoek sal doen. - Oudpolisieman
Hoop dronkbestuurders se motorsleutels word in die see gegooi en hulle mag nooit weer agter ’n motor se stuurwiel inklim. Dis hoe ’n dronk ou hanteer moet word en dalk die les leer van hul lewe.
Okahandja se dreine. Sies munisipaliteit! Ek is bly ek werk nie vir julle nie. So maklik soos dank sodanige persone af en stel mense aan wat wil werk. Dis 'n groot skande!
Aai! My eens pragtige dorp word die afgelope 15 jaar deur onbevoegde en onbekwame Swapo’s bestuur. Waarom koop hul ’n duur motor vir die burgermiesies en dit word gebruik om Swapo-byeenkomste by te woon en ook begrafnisse. En intussen is daar nie eens ’n ordentlike rioolpomp. Wanneer sal ons tog ontslae raak van die politieke besluite. Maar intussen word elke dag nog meer stemvee toegelaat om sinkhuise op te slaan. Dis vir die volgende verkiesing en so word ons uitgeleef.
Die menere wat so baie te sê het op "social media" en teen die kantlyn oor ons NRU se spelers wat op die bank sit: Ons afrigters en spanbestuurders weet wat hulle doen. Bepaal asseblief julle aandag by die klubs wat julle afrig en julle verantwoordelik voor is. Ons NRU spelers weet hoekom sit ons op die bank en wat gaan aan. Dankie.
Melinda Gates, jy verdien eerste ministerskap sowel as ’n goue medalje! Gesinsbeplanning is die enigste NEEEF teen armoede uitwissing. - Sap & H
Hoekom kry oom Kosie Pretorius nie ook ’n staatsbegrafnis nie? Hy was mos polities verbind?
Dis omdat skooldogters kan teruggaan skool toe nadat hul swanger was, dat tienerswangerskappe toeneem. Die probleem lê by die Onderwyswet wat dit ingestel het.
Verwysend na SMS in die Republikein van 17 Julie 2017 net die volgende: Die persone wat vir kaptein D C Gertze wil verdag maak oor briewe wat deur Christiaan Tiboth geskryf is - ons kaptein is ’n jong, eerbare leier wat hom nie met nonsens besig hou soos julle wil voorgee nie en hoekom praat julle namens Tiboth? Ons kaptein is ook nie betrokke by stamtwiste nie. Hy tree net op wanneer sy stam van hul regte ontneem word soos enige leier dit sal doen, so hou op om dinge aan hom toe te dig.
Munisipaliteit van Gobabis, maak die teerpaaie skoon in die dorp. Die mense werk nie!
Ek bedank die Republikein dat hulle vir my uitgekies het om ook die koerant gratis te ontvang. Dankie vir u diens. - Jan Losch, Windhoek
Ek wil net weet die mense wat voor Truckport die houtwerk doen en daar bly, hulle het nie toiletgeriewe nie, maar die ander mense word van grond afgesit. Is dit reg so?
As daggasmouse so ’n las is, hoekom gaan doen hulle nie hulle besigheid by drankwinkels nie? Die is plekke waar harde "gateway"-dwelms soos alkohol vrylik aan die publiek verkoop word. So niemand kan jou niks vertel van dagga nie. Wat tel vir een tel vir die ander, geen dubbele standaarde.
Ek stem saam, laat die tyd so bly soos Suid-Afrika se tyd. Ek het gelees in die koerant. - Peter van Omaruru Game Lodge
Dear Axarob, the biggest setback in life is when you start to lie to yourself. - CT Tiboth
Dankie aan die ou tannie wat die plantjies water gee in die oggende voor Namib Pharmacy. Mooi gebaar.
Wil asseblief net weet wanneer gaan Rössing ons geld uitbetaal, lank gewag as oud-pensioenlid. Julle is darem baie stil.Dankie vir die SMS oor die laksman. Die naam van die laksman is nodig, want dit is deel van ons geskiedenis. ’n Naam word gekoppel aan geskiedenis. Vir die rekord. Dit was ’n goeie doel en effektief. Lyfstraf en doodstraf. Ek salueer die laksman en ook die wetgewing.Donderdag 13 Julie ry ek met ’n ou bussie van Windhoek na Rehoboth tussen 3uur en half 4. Die bestuurder tree onprofessioneel opteenoor sy passasiers en laai hul net langs die teerpad af. Teen N$50 en N$20 vir die sleepwa en ekstra N$10 as hy op die grondpaaie ry. Bloed uit ’n klip tap. Dis erg! Besoeker.
Ja! As jy patats kry, hou vir my ook ’n paar. Groot asseblief. Sjoe, hoe water my mond nou.
Meneer, ek wil net vir jou sê die kar wat jy so aanbid sal nooit ’n ware sportkar kan wees. Dis ’n rammelkas met "low performance" waarmee jy so in Rehoboth se strate mors. Kry koers, klein BMW.
Kan iemand my asseblief help met ’n rekenaar wat hy nie gebruik nie en net daar rond staan. - 081 639 4172
Ek wil net inligting kry van iemand wat dalk weet van galstene. Ek hoor maar net daar word juwele mee gemaak.
Aan die streekshoof van Walvisbaai, A. Shapumba. Baie, baie geluk met die wonderlike werk. Dit is absoluut skokkend op hoeveel wapens veral messe julle beslag gelê het. Hoop al die ander dorpe volg julle voorbeeld. Te veel moorde word in ons land gepleeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie