SMS'e vir 19 Julie 2018
SMS'e vir 19 Julie 2018

SMS'e vir 19 Julie 2018

"Die waarheid kom altyd uit!"
Mandy Rittmann
Hoekom styg die elektrisiteitspryse so baie as Erongo RED 48 000 miljoen se dividende kan uitbetaal? Skande! Altyd die man op straat wat aftjop. Skaam julle!



City of Windhoek. Mnr. Kahimise, u beweer N$191 miljoen se uitstaande skuld is die van pensioenarisse? Aikona Babba, wat vat jy ons voor?



Ek kan nou regtig nie dink waarom sukkel ons om te besluit oor die skooltermyne nie? Hou die termyne soos dit tans is. Kom ons konsentreer op dinge wat belangriker is as die datums van die skooltermyne. Ek glo daar is dinge wat meer aandag nodig het.



Dippenaar blameer Joschke “for crash?” Die waarheid kom altyd uit!



Geen hoë bloeddruk medikasie by staatsapteek nie. Weet nie wanneer hulle sal kry nie, miskien volgende maand of die maand daarna. Waarheen is ons op pad? - Lüderitz



Hoe siek is ons mense en die wêreld? Die Suid-Afrikaanse minister, Edna Molewa, van omgewingsake het met die seën van Suid-Afrika se biodiversiteitsinstituut laasjaar goedgekeur dat 800 leeuskelette van geblikte leeus van leeuboere na die Ooste uitgevoer mag word om medisinale wyn te maak? En hierde jaar 1 500 skelette? Ek raak skoon naar. Is daar niks meer wat heilig of eties is nie? En dit alles vir "greed" en geld. Ek het nie woorde vir die verrotting van die mensdom nie.



Die meneer wat op diens 'n "stroke" gekry het, u firma sal u help. 'n Maand se salaris (bonus) vir elke jaar wat u gewerk het, plus 'n salaris van 80 persent van u maandelikse salaris tot op u 60ste verjaardag. Onthou, u was die broodwinner, plus 'n uitbetaling van 75 persent van die waarde van u huis. Wat maak u met N$34 000? Dis nie eens die waarde van u voertuig nie. Gesels met u werkgewer, hy is tog ook 'n pa.



Wat het van Groot Aub-polisie en hul bevelvoerder geword? Bel jy en gee inligting deur, dan kom hulle nooit uit nie of het nie karre nie. Hier is 'n donkieslaghuis in Oshakati-lokasie oopgemaak maar hulle doen niks. Iemand wat sy donkies vermis, kom grou net langs die huis. Help jouself, of die polisie.



Soek advies. Waarom moet ek N$550 aan munisipaliteit vir huisverbeteringe betaal? Dit terwyl daar nie verbeteringe aangebring is nie.



Baie sterkte aan die Namibiese rugbyspan wat in die Rugby Wêreld­beker speel. Doen net jul bes. Namibië ondersteun ons span.



Versekeringsmaatskappye, moet asseblief nie jul kliënte soos kriminele behandel as daar 'n eis ingedien word nie. Ons betaal daarvoor. Sommige agente wil skaars praat. Dit is swak diens!



Ek lees nou net van die wrede boer wat sy werkers langs die pad aflaai en ek wonder hoekom hy so drasties optree. Miskien voel hy soos ek “keelvol” vir werkers wat alles steel waarop hulle hul hande kan lê, of nie werk toe kom nie omdat hulle gesuip is, of lê en “loaf” as jy hom nie oppas nie. Dit is mos altyd die boer se skuld dat die werkers weggejaag word, maar nou moet die boer weer iemand anders gaan soek, dit maak mos nie sin nie. - Boerseun



Hou tog op snert praat! Wat de duiwel het die wonderlike ou wintertyd met kammakastige luiheid te doen? Jy werk steeds van 8 tot 5, jy hoef net nie in die stikdonker middernag op te staan nie!



Mouers Funeral Services Lüderitz, ons het julle dienste nodig asseblief. Julle maatskappy was mense met harte van goud, wat ons verstaan as ons met ons probleme na julle gaan. Kom terug en maak ons plek weer oop asseblief. Die Here seën u.



Ek is tog op soek na ou komberse en warm klere, babaklere wat u nie gebruik nie asseblief. Kontak 081 499 2720.



Ek is op soek na ou sinkplate wat u nie meer gebruik nie. Asseblief, wat rond lê op u erf. - 081 358 3376



Kan u tog vir my help met “baby se wheel jogger”. Skakel of SMS na hierdie nommer - 081 221 1061.



Sal iemand my asseblief raad gee. My hare val uit en ek het nou 'n bles, en wat miskien die oorsaak is. Stres of wat, en kan ek behandeling by klinieke kry? Help my, ek is 'n 53-jarige vrou. - 081 639 4172

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!