SMS'e vir 19 Julie 2019
SMS'e vir 19 Julie 2019

SMS'e vir 19 Julie 2019

"Die aarde is baie ouer . . ."
Mandy Rittmann
Voorvaderlike grond. Die president sê in die koerant van 18 Julie 2019 dat Duitsers en die apartheidsregering die grond gevat het. Dis bietjie meer as 100 jaar gelede. Dan stry Damaras en Namas oor wie eerste die grond gehad het. Wie se grond was dit 500 jaar gelede of 1 000 jaar gelede of selfs 5 000 jaar gelede? Die aarde is baie ouer as dit. Niemand weet wie eerste hier was nie. So hou op stry oor aan wie die grond eerste behoort het.

Bobby Samaria en Woody Jacobs, julle is nie net per toeval gekies as interim coaches van die Brave Warriors nie, julle verdien dit. Manetti en kie het klaar hulle kans gehad, so ons sien uit na passievolle en opwindende sokker met julle twee aan die stuur van sake. Sterkte manne.

Na die Dippenaar-ongeluk is die pad wat vele smeekgebede vat om te skraap onmiddellik geskraap en alle bewyse is vernietig. Skraper kon net van Hentiesbaai afkomstig wees. So hou net die verantwoordelike privaat of staatsinstansie in wie se beheer die skraper toe was verantwoordelik en sien daardie operateur hop uit. - SAP&H

The latest case of allegged corruption in the Ministry of Justice is a perfect example of how corrupt Namibians really are. The culprits are still happily employed and even the PR department is at their disposal. The minister is angry because somebody blow the whistle! Sick!

Baie dankie aan Swakop se Estetika-komitee vir die afkeur van die Sur la Plage-ontwikkeling. Los ons vuurtoring uit, dit is Swakopmund se toring, net soos wat die Eiffel Parys definieer. En waarom die pretensieuse Franse naam? Hoekom nie Kwenye Pwani nie? Dis die Swahili vertaling van “On the Beach” en net so onvanpas soos die Franse naam. - Pierre

You do realize that by not voting, you are essentially voting for the winning party because then there's no opposing vote. If you want to see change vote so that there is a bigger opposition so that there is more pressure on the ruling party and so that they don’t have a 2/3 majority to do as they please. Not voting is not keeping your nose out of things, its being part of the problem.

Windhoek-Wes se rivierlope stink as gevolg van stukkende mangate en so word die CoW vir weke gebel en hulle doen net niks. Dit kan nie gesond wees nie. Waar is die Health and Safety?

Die kommissaris van Nampol in Khomas sê die verskoning van polisie dat daar nie voertuie is wanneer hulle benodig word, is nie waar nie. Wat wel waar is, is dat 70% van polisielede nie oor ’n bestuurderslisensie beskik nie. - Non Comprehnto

Die African Methodist Episcopal (AME) Church in Namibia boicott Namibia Government.

Hoekom kommerwekkend as mense hul voertuie nie binne 21 dae van permanente verandering van verblyf registreer nie? Kontakbesonderhede is mos by NaTIS. Jou selnommer verander nie van dorp tot dorp nie. As dit personal plates is, het jy in elk geval geen idee van watter dorp ’n voertuig is nie. So, wat is die pyn nou eintlik?

Kommentaar

Republikein 2025-03-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer