SMS'e vir 19 Maart 2018
SMS'e vir 19 Maart 2018

SMS'e vir 19 Maart 2018

"Die staat mors miljoene. . ."
Mandy Rittmann
Baie dankie vir die minister wat sy werk doen om Rehoboth se vrot appels te skors. Besoek asseblief Okahandja ook! Hier gaan niks aan nie; hulle eet net en is nooit beskikbaar as jy 'n probleem het.

?En so word solidarity tax onder ons neuse ingesmokkel deur Calle! Die drastiese verhoging in belasting is niks anders as welvaartsbelasting nie.

?Nog twee plase gekoop? Wat nog? Daar is mense wat doodgaan van die honger, hospitale is in slegte toestand en te min, wat nog van skole en opvoeding?

?Ministry of Health force all local and SA meat processing businesses, factories, butchers, chicken farms, chain stores and restaurants who get their supplies from SA to do daily sampling and testing/reporting to trustworthy independent and able labs and police results before listeriosis spirals out of control and people die like in SA!

?Die twee plase vir die weermag is maklik verklaarbaar. Een vir nou en een vir later.

?Shocking revelations on Chinese and Russia (UN) trained doctors borders on criminality. Taxpayers' money again wasted on students, some of whom only have 10 points out of the minimum 35 required to qualify for medical studies? Sources say some will spend six years not attending classes, but will come home with a degree. Money will get you anything. As long as you pay you will get your certificate and that is the quality of doctors let loose on society? Shocking!

?Meer as 100 miljoen uitgegee op plase by een ministerie, waarvan die minister en president kamtig niks weet nie. Hoeveel miljoene, by hoeveel ministeries, op wat als, het nog stil-stil verdwyn, waarvan daar ook nie reken­skap gegee word nie. Dit het onder jou neus gebeur en jy weet nie daarvan nie? Hoe sal jy weet wat gaan nog verder in jou land aan? Dan moet ek nog belasting betaal?

?So, another skeleton out of the cupboard. The NDF bought two hunting farms, not just one! Oropoko for 45 million and Otjisemba for how much? Mr. President! When are you going to stop lying and wasting our taxpayers' money on luxuries for the government? The whole government consists of lies and deceipt, incompetence and corruption. What are you doing to our already bankrupt country, destroy it completely? Your mandate is to look after the people!

?Ariamsvlei is regtig vuil en laat veel te wense oor, maar jy wat nou kla, wat het jy al gedoen om die situasie te verbeter? Slaan hand in eie boesem en moenie klippe gooi nie. Jy is van hulle wat oral te kry is. Raas maar omdat raas raas is, maar in werklikheid is jy 'n leë blik. Ons weet ook wie jy is en ondersteun jou glad nie.

?Is dit regtig die waarheid wat ek lees in die Republikein van 9 Maart 2018, dat bejaardes N$50 per maand (ekstra) gaan ontvang en dat julle regtig die regering vra om hulle te skaam? Julle kry nie skaam om dit kwyt te raak nie? Gaan kyk met betaaldag hoeveel daardie geld aan drank bestee. Jong manne wat lewende ouers is doen ook aansoek vir grants, is suksesvol en gebruik dit vir verkeerde redes. Kyk liewer daarna voor julle die regering aanvat.

?Wat gebeur by Hardap Region Education-kantoor? Skoolhoof se vrou (ongekwalifiseerd) het nie pos gekry by die skool, maar hy laat hou haar vanaf Januarie tot nou op skool. Hy ondermyn nie net die skoolraad nie, maar ook die streekinspekteur en direkteur. Die skoolraad wil weet wie gaan haar betaal as sy nie aangestel word nie, want die skool kwalifiseer nie vir nog 'n onderwyser nie.

?Ek wil weer eens weet, is Air Namibia die enigste wat so uitgebail word deur die regering? En met watter geld het NDF twee wildplase gekoop? Alles is tax payers-gelde. Air Namibia vra ten minste, NDF steel ons tax-geld. Daai is grond wat gesteel is om te wat? Daar is 'n groot slang in die lang gras!

?Ek weet van agt kinders wat met 'n pak op sy tyd opgevoed is en hulle is vandag voorbeeldige en gedissiplineerde volwassenes met gedissiplineerde kinders.

?Ek sien die NLU soek werk vir 1 000 boere. Neem hulle in diens by die weermag, dan kan hulle die twee plase bewerk wat die weermag gekoop het.

?Ja, en sommige van die beamptes by Ariamsvlei-grenspos is baie onvriendelik en ongeskik, veral met ons besoekers. 'n Mens kom die kantore binne en groet vriendelik, maar dis weinig dat jy vriendelik teruggegroet word. As ek sien hoe ordentlik en vriendelik Nakop se beamptes is.

?Die staat mors miljoene dollars en Namibiërs aanvaar die toedrag van sake met 'n martelaarshouding. Al kry jou kind die laagste vlak van opvoeding in skole, al sterf jou mense in staatshospitale, al bly jy saam met drie ander gesinne in 'n blikhuis, al leef jy in vrees vir misdadigers, al het jy nie werk en kos nie, dis als oraait. Solank die top-500 in Swapo stinkryk is, is jy gelukkig.

?Die NDF het nie net twee plase gekoop nie. Die vloot het 'n hotel in die middestad van Lüderitz gekoop. Dit ontneem die privaat sektor en Lüderitz van 'n kans om toerisme uit te brei.

?Ontbyttafeltoneel: Kom nou, Jannie en Sannie. Is julle gereed vir die skool? Tasse gepak, middagetes, LO-klere en sakgeld vir die snoepie? Ja, maar moet tog nie jul AK47's en handgranate vergeet nie! Vat sommer 'n paar ekstra vir juffrou saam.

?Ja, hoop die ander dorpe se dorpsraad skrik nou wakker. Veral Okahandja.



Is dit nie wonderlik dat die hele spul laat loop is nie? Mag God gee dat die wat nou op die stoel kom, eerlike mense sal wees wat omgee vir die gemeenskap en nie vir selfgewin nie.

?So, volgens die regskennisgewings in die koerante word die Roads Contractor Company (RCC) al weer links en regs ge-“sue”. Gaan die belastingbetalers weer vir die gemors moet betaal? Hou asb. die ACC board verantwoordelik.

?ENCA news last reported on the one case of listeriosis in Namibia and said that the tests had to be done in SA as Namibia does not have the facilities or capability to do so. So how can we trust the Namibian Ministry of Health (which is in shambles) stating/ensuring us that all meat products have been tested and are clean, considering how long it normally takes them to even acknowledge and come out with the hepatitis outbreak we had in Namibia lately?

?Each day, I think things (and the shocking splurge of taxpayers' money on wasteful luxury projects) can't get worse in Namibia and the next day you open the papers and there it is. Another scandal/skeleton revealed! Today presidents splurge of 120 million on luxury furniture facilitated by his friend and partner Huang who is implicated and under investigation for various crimes. Nice going, mr. President! Wonderful example to your people, who live in grovels, don't have water and toilets. Viva Harambee, poverty eradication! Poor Namibia!

?So! Die dorpsraad van Rehoboth is van hul poste onthef. Hoekom nie dieselfde doen met die weermag se plaaskopers nie? - Jan Nel

?Dis julle wat wou stem vir hierdie regering. Dis julle wat wou hê als moet verander en geglo het julle kan beter vaar. Moenie nou die koerante vol kerm oor julle nie huise het, die regering plase koop, onderwys bedroef is, mense sonder werk sit en bakhand bly staan by Duitsland, terwyl julle hulle in die koerante slegsê nie. Julle het mos nou gekry waarvoor julle gevra het.

?Dame met jou wit Jetta vanoggend voor agt wat so jaag in Michelle McLeanstraat: Waar het jy jou lisensie gekry dat jy nie weet mens stop by 'n drierigtingstopstraat nie? Was my rybeurt, maar jy jaag sonder om te stop oor die stopteken. As ek nie in die

middel gestop het nie, het jy 'n ongeluk veroorsaak!

?Regering, kan julle nie sien hoe word ons arme werkers misbruik deur die groot firmas nie? Doen iets. Werkers kan nie altyd verkeerd wees nie.

?VSA se geheime diens moet die ou werkers van Rössing se geld opspoor wat verdwyn het en die wat veranwoordelik was, laat toesluit.

?Baie dankie Jacques Kruger, Crazy Gecko in Swakopmund. Dit is nou wat jy noem goeie diens, van mense wat weet wat hulle doen! Hou so aan.

?Ek is tog op soek na drog snow-vis wat klaar gesout is.

?Hospice samewerking: Liefde, God seën jul vir jul diens. Take care.

?Hoekom dink julle almal gaan hemel toe? Dink weer hoekom God die aarde geskape het vir ons om in 'n paradys te leef ná Satan vernietig is.

?Ek wil graag weet waar in die Bybel staan geskryf Jesus het aan 'n folterpaal gesterf soos in die SMS in Vrydag 16/3/2018 se koerant.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!