SMS'e vir 19 Maart 2019
SMS'e vir 19 Maart 2019

SMS'e vir 19 Maart 2019

"Dis 'n superparadoks!"
Mandy Rittmann
Psemas staak uitbetalings. As die regering wil hê dat die staatsmedies moet werk, sal hulle die bybetaling van hulle lede met ten minste 100% moet verhoog. By dit sal al die afhanklikes dieselfde premie moet betaal as die hooflid.

Psemas moet meer beheer kry oor hulle fonds. Die fondsadministrateur moet eenvoudig vir ons ’n SMS stuur sodra daar ’n transaksie gedoen is. Ek dink dokters roei ons fonds uit en ons as lede is nie eens bewus van eise wat ingedien word. Wie ly nou onder dit? Die lede!

Al wat ek vir die mense wat nie erken word nie kan sê, is stem vir die opposisie, sodat daar ’n breër basis geskep kan word vir debatvoering wat ook groter deelname van andersdenkendes in die bestuur van die land tot gevolg sal hê. ’n Eenpartystaat kan nie almal se belange dien nie.

Wilddiefstal. Waar trek ons die streep? ’n Tyd terug word diewe “red handed” gevang, maar alles is stil. Hulle het mos ’n ryk besigheidsman met vername vriende “upstairs”, so dit sal interessant wees om te sien wat met die laaste ouens sal gebeur.

Koerant van Vrydag 15 Maart 2019. Republikein skryf op bladsy 5 hoe word die wêrelddag vir water, vleilande en woude gevier. En op bladsy 3 word berig hoe die Chinese besig is Namibië "illegal" kaal te kap. Dis 'n superparadoks! Hoekom moet dit gevier word? En die regering in Windhoek doen niks nie! Neee, die minister Shifeta vlieg die wêreld rond oorsee, Berlyn toe, en is “fishing for compliments” op die tourismeskou. En water moet ook nie gevier word nie, want ons het nie voldoende water in Windhoek vir 2019 nie. Ons het die ergste droogte in 130 jaar. Hoekom moet ons, as die damme sedert 2013 amper leeg staan? Eerder moet ons ’n herdenkingsdag hou vir hoe die woude vrek geplunder word deur die Chinese mafia en bandiete en oor die ellende van onvoldoende water.

Gister, Sondag om 20:30, ry ek tussen Otavi en Tsumeb op die ongeluk af. Wat ek gesien het, het my met hartseer en afgryse vervul. Opgefrommelde wrakke. Tyd het aangebreek dat die minister van vervoer moet ingryp. Hierdie is ongelukke wat verhoed kan word. Ons Namibië het ’n goeie spoornetwerk. Bussies met hulle eie baas moet verban word, sodat ons treine kan werk. Die treine kan loop tussen 18:00 en 07:00 en almal is veilig by die huis of by hulle eindbestemming. Probeer dit en sien groot sukses, geen sterftes nie. Dankie en luister en doen dit!

Die volgende president van Namibië sal uit China wees en die eerste minister uit Zimbabwe.

Ek lees ’n leser sê hy of sy is so bly oor die sielerestorasiesentrum wat by Brakwater oopgemaak het, wat die alkohol- en dwelmprobleem nou gaan aanvat. Dis ’n eerste vir my. So verstaan ek reg? As ’n Rehabilitasiesentrum nie werk, is restorasiesentrums nou die antwoord? - Willie verstaan niks

Ai, ek wil tog iets sê. Kan die ander ministeries nie tog kyk en sien nie? Die mooiste en skoonste kantore op Karasburg is die NaTIS-kantore met grasperke en bome mooi getrim, en die personeel baie professioneel. “Keep it up NaTIS.” – Karasburger

Malligheid! Hou op vir minister Katrina Himarwa skuldig te bevind in strate en shebeens. Daar is ’n hof. Hoekom wag julle nie? Sy het niks van niemand gesteel nie. Almal sit in huise, selfs die twee opposisielede sit en verhuur hul huise vir drieduisend aan ’n onderwyseres, terwyl sy in die skoolhostel bly. Los haar uit, en gaan soek die gelde wat elke dag gesteel word. Katrina het niks van niemand gesteel nie. Sies, afguns is groot!

Minister Katrina was nog nooit grondminister, net daardie minister kan grond aan iemand gee. Hou op om die onkunde van Namibiërs uit te buit deur vals inligting vir die publiek te voer. Is Katrina se seun nie ’n Namibiër nie? Net wie mag grond kry? Hierdie leuens moet stop. Katrina het nie 'n resettlement-plaas nie. Almal wat governors was saam met haar, het hulself hervestig, behalwe sy. Sy is ’n eerlike leier en dis hoe ons haar ken.

CoW brandweer. Julle kontrolekamerbeampte van Vrydagnamiddag was pateties.

Eskom in Suid-Afrika pas fase 4-beurtkrag toe. Dit beteken daar is net krag 8 ure per 24 uur. Dit veroorsaak ook nou dat pompstasies nie water vir gebruik na opgaartenke kan pomp nie. In die chaos verdien die CEO egter steeds N$696 170 pm en uitgebreide byvoordele. Dit raak nou werklik donker Afrika. - SAP&H

Ek het op 14 Maart ’n battery gaan koop by Super Tyres. Daar het ’n vriendelike verkoopsman my gehelp. Wil net baie dankie sê vir die ekstra diens wat ek gekry het. Het dit nie verwag, maar nogmaals baie dankie dat u my kon help om by my kar uit te kom. Dit was nou puik diens!

Op Aranos word GRN 81643 op naweke rond gery. Werk hulle ook op Sondag?

Hoekom vorm UDF en LPM nie 'n koalisie voor die verkiesing nie? Dit sal mos sterk wees.

Nuwe tendens: Pa’s maak net die kinders, ma’s finansier en ouma’s (soms oumagrootjies) leer en voed die kinders op. In baie gevalle kom genoemde persone ook uit gebroke, onstabiele en disfunksionele huise, omgewings, verhoudings, ens. Nou hoe dink u as leser gaan die kind as hy/sy eendag groot is optimaal kan funksioneer in die mededingende en komplekse wêreld van vandag? - SAP&H

Wil graag weet hoekom oneerlike mense pryse wen en eerlike mense nie?

Mnr. Padvark met die rooi Golf, Gti N 195 R. Het jy geen respek vir die ander padgebruikers tussen Rehoboth en Windhoek?

Indien iemand my ID vind of optel, skakel my by 081 332 2774, groot asseblief. Hentiesbaai of Swakopmund. - John Vigar

Regstelling op okapype. Die gebruik is nadelig en nie noodwendig verbind met dwelms nie. Vorige SMS’e hieroor gebaseer op gevalle in 2016. - Waak

Kom ons staan op as jongmense in die Suide, Noorde, oral en begin met gebedsgroepe en bid vir die jongmens. My hart pyn as 'n jong seun oor wat ek sien. Kom ons staan saam en bid. Los die woorde sê en kom ons staan op en vertrou die Here vir wonderwerke.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!