SMS'e vir 19 Oktober 2016
“Bly maar net stil en kry jou salaris . . .”
Dis nou tyd dat mense opreg en eerlik moet wees met mekaar, want ons almal weet nou al dat menseregte ''n reg is en ''n goeie ding is. Die wat nog slawerny wil hê en vrees dat hulle bestaan bedreig word, sal later so ongemaklik in hulle vel voel hulle sal smag om maar te sterf. My raad is om mense met respek en waardigheid te behandel en net van dag tot dag te lewe en dit te geniet deur harde werk en op te staan vir jou regte. God is in beheer.
Ek wil net sê ons blameer nie die munisipaliteit vir ons vuil dorp nie. Dis ons mense self. Terwyl die “bulldozer” die vullis stoot dan gooi ons dit agter die masjien weg en ook daai bewoners wat die swartsakke oopskeur en net so los. So daai mense probeer, maar ons gaan net aan met mors.
Onderwysers moet nou hul dankbaarheid bewys en kinders goed onderrig. Asb. president, kyk na die weduwee en weeskinders ook.
Ek lees nou net die artikel oor Groot Aub se probleme en die adjunkminister se plan. My liewe adjunk, jy het allerhande planne, maar jy vermy die regte probleme. Kom ek help jou gou-gou met ''n oplossing wat jou niks gaan kos nie: 1. Sluit alle sjebeens. 2. Arresteer elke man wat met ''n minderjarige meisie saambly. 3. Arresteer elke dwelmhandelaar. 4. Konfiskeer elke dobbelmasjien en siedaar, al jou probleme is opgelos. Maar dit sal nie gebeur nie, want dan verloor sekere mense geld. Die regering het nie ''n “clue” wat om te doen nie. – Boerseun
Ek stem saam met die idee dat die regering sanitêre doekies voorsien. Hulle bestee dan derduisende aan kondome.
As die boubedryf in Windhoek in ''n krisis is vanweë onder meer die waterbeperking, waarom dan nie gebruik maak van die water van die Goreangabdam nie? Die dam se water lê mos onbenut omdat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie. Of is dit ''n dom vraag . . .
Ek pay net N$1 500 sonder bonus. Asb. huiswerkgewers, kyk na jul werkers.
Ek verstaan nie, huiswerkers wil staak. Ek het ''n tweeslaapkamerhuis, betaal N$1 500, het haar geregistreer, het ''n polis vir haar, maar sy werk nie soos ek dit wil hê nie. Sy vat wat nie aan haar behoort nie, praat ek raak sy kwaad, wil nie eens ruite was nie. Ek weet nie, Kerstyd om die draai en dit moet skoongemaak word. Sy het klomp dinge, maar ek kry haar jammer, want sy het kinders wat sy moet kos gee. Dan wil hulle staak?
Hoera NBC! Julle kan vir ewig staak, want julle saai net propaganda uit. – Barry
Om koste te bespaar, stel ek voor die “fat cats” se Mercs word voor Saterdag elke week by die staatsgarage geparkeer, want hulle rus gedurende die week om die naweek rond te rits met hul familie.
Kom ons praat tog die waarheid. Dit help tog nie om ''n lap om ''n gesonde vinger te draai soos ons Basteroom altyd sou sê nie. Ek sien dat die NBC-werkers ook wil staak. Asb. doen dit . . . Maak dit sommer toe. Ek kyk liewer die sterretjies in die aand voor ek NBC kyk. Dis tog die grootste snert wat gewys word en dan vererg ek my. En dan word die Engels nog in my keelgat afgedwing. Nie eens ''n ou Afrikaanse woordjie wat ek hoor nie. Aikôna, sit liewer op die vlak en kyk die mooi maan en deesdae die pragtige wolke. – Opgesukkel
Kan “Roads Authority” asseblief hulle werk doen en 2315 by Omaruru in ''n ordentlike toestand hou? Hulle is alweer vas aan die slaap.
Ekskuus tog, hoe verwag die ministerie van onderwys dat graad 10''s “design and technology” en “life science” op een dag skryf? Ek hoop onderwysers het ook onderhandel vir kleiner klasse met maksimum 30 leerlinge, meer onderwysers en meer klaskamers by elke skool om ''n beter slaagsyfer te verseker.
Die groot koppe (amptenare) behalwe die “CEO” van Rehoboth “town council” was Vrydag agter geslote deure in ''n kantoor om wat te gemaak het met “Council” om skoon te maak. Die raadslede kom nie naby geld nie. Die amptenare werk met die geld. G''n wonder miljoene verdwyn daagliks nie. Julle kan gerus luister na radiopraatjies saans. Dis ''n skande wat by Rehoboth “Town Council” aangaan. ''n Mens word yskoud en weer warm onder die kraag. Dis net skandes op skandes. Dis nie raadslede wat “reshuffle” moet word nie – dis die amptenare. So by so kry UPM “councillors” g''n samewerking van die ander lede nie. Hierdie nonsens kon al lankal geëindig het as die minister en Esme Isaaks hul sout werd is. – Ontevrede, belangstellende inwoner
Ek ry vandag agter ''n trok deur Rehoboth teen 90 km/h. Doelbewus om sy spoed te sien. Dit in ''n sone van 60 km/h. Mnr., hier was al soveel voetgangers op daardie pad doodgery. Alle trokke, motoriste wat so deur Rehoboth jaag – daar loop mense en baie keer skoolkinders op daardie pad. Asb., respekteer onse lewens en HOU BY DIE SPOEDBEPERKING!
Retirement Fund for Local Authorities, when are the pensioners going to get their inflation increment?
Narkotika kom help ons asb. hier by Tubusis en Kudubis by Usakos-area. Ons kinders vergaan van dwelms en ons polisie werk net veediefstalsake.
Ek glo vas dat mediese kostes ons gemeenskappe brandarm maak. Al gaan jy net vir ''n opvolg moet jy hoes. Dokters en hospitale wurg ons. Ek hoop die regering doen iets hieraan. Sterkte alle siekes. Die medisyne help in elk geval net tot jy dood.
Kan “City of WHK” nie die parkie in Suiderhof (h/v Sipresstr.) skoonmaak nie. Daar slaap mense en bly sommer ook daar.
As enige iemand my beursie optel in die omgewing Baines-inkoopsentrum in Pionierspark kontak Johann Viljoen by 081 156 4362.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie