SMS'e vir 19 Oktober 2017
SMS'e vir 19 Oktober 2017

SMS'e vir 19 Oktober 2017

“. . .die duiwel by die hel gaan kla.”
Mandy Rittmann
'n Mens kan maar net wonder waarmee die visepresident van Ekwatoriaal-Guinee homself besig gehou het dat hy in staat was om soveel rykdom bymekaar te maak. Wonder ook hoeveel van ons eie leiers het weelde-eiendomme in ander lande terwyl ons ander in sak en as sit.



Nama, Ovaherero soek voorvaderlike grond om vergoeding vir volksmoord tussen 1904 en 1908. Traak niemand oor moorde wat in Lubango gepleeg is nie. Mense, dit was nie voorvaders nie, maar vaders, moeders, dogters en seuns. Ek is verstom!



Opperhoof Rukoro is besig om sy mense vreeslik te mislei. Hy verwag die regering moet al hulle voorvaderlike grond gratis teruggee, wat waar­skynlik volgens hulle 60 persent van Namibië beslaan indien nie meer nie. En boonop moet die Duitse regering triljoene dollars aan hulle uitbetaal. Intussen probeer sekere hooggeplaaste, korrupte amptenare munt slaan uit die hele situasie. Wat 'n grap!



Die City of Windhoek is verplig om watermeters na nege jaar te vervang. Die inwoners betaal nie daarvoor nie. Die skelmstreke van die munisipaliteit moet blootgestel word! Genugtig, die uitbuitery van inwoners deur die City of Windhoek is krimineel!



Padongelukke: Die menslike faktor speel wel 'n rol op ons paaie, maar het ons stadsvaders tred gehou met ons land se groei en motorverkope? Nee! Ons paaie is te smal. Lughawe-pad, Rehoboth-pad, Okahandja-pad en Westelike verbypad moes jare gelede al dubbel paaie gewees het soos in ander lande.



Perde is nie natuurlike woestyndiere nie en die wilde perde van Aus is jare gelede skandelik deur mense verlaat en aan hul eie lot oorgelaat. Al kry hulle bietjie hooi is hulle gruwelik verwaarloos, net vel en been en word hulle deur hiënas opgevreet. Dis dieremishandeling in die ergste graad! Waarom kan hulle nie na 'n veilige plek verskuif word, waar daar ordentlik na hul welstand en voeding omgesien kan word nie? So nie, verlos hulle eerder van hul lyding.



Ek dien nou vir die tweede termyn in die Raad van Kerke en ly nie aan geheueverlies nie. Soek u ­"files" deur. Exodus en baie andere het aansoek gedoen. U aansoek het eens nie die "executive" bereik nie. Uitgeval, maar sommige is goedgekeur. U, die skrywer, moet meer informasie aan u groep gee. Die tien gebooie geld gelukkig vir almal. Inteendeel het ek dit in Ebenhaeser genoem.



Laat die “First Lady” ook die skole in die Suide besoek. Ons wil ook ons kinders in die koerante sien en ook hoor wat hulle te sê het. Asseblief en dankie.



OK, nou verstaan ek nog beter hoe die saak met die Namibiese prokureurs in Engeland werk. Logies, hulle word betaal deur hul maatjies in Namibië en dan kom die helfte van die geld weer terug as "kickback" vir nog 'n duur kar.



Jy wat gesien het Rehoboth-Wes se skoonmaker en arbeider sit heeldag op Facebook, hoekom nie gaan rapporteer aan die CRO nie, want hy was mos daar. Hy is mos ook 80 persent nooit by die werk nie. Raadslid Christ is met verlof en buiten dit is sy meeste van die tyd in Mariental en ander plekke vir haar werk. Ek sê dit: "fire" almal daar, want hulle werk volgens Swapo-kultuur. Daar word net geld gemors om julle te betaal. Hoe kan jy nou ook die duiwel by die hel gaan kla. - Trots Baster



Woorde van die Wilde Weste legende Doc Holliday leef voort in die volgende direkte vertaling: "Al wat 'n slegte persoon met 'n wapen stop, is 'n goeie persoon met 'n wapen." - SAP&H



Dinsdag (17 Oktober 2017) se koerant. M Lucas ek stem saam, as daar nie dissipline is nie, wat help die praat?



Dinsdag (17 Oktober 2017) se koerant. M Lucas, ek stem volkome saam. Lyfstraf en godsdiens moet terug­kom, maar buig die boom terwyl dit nog klein is. Moenie 'n matriekdogter te lyf gaan op 'n Sondag nie. Sê maar net.



Solank die huidige regering andere uitsluit, sal daar altyd verwys word na hulle as 'n Owambo-regering. Die Namibiese vloot, weermag, polisie, gevangenisdienste en burgerlike ontplooiing word ook verteenwoordig deur hulle. Praat jy, word jy valslik beskuldig jy beywer jou om vrede te versteur en onmin te saai. Eers was dit die destydse Duitsers, daarna die destydse Suid-Afrikaners en nou is dit die bevryders wat hier en daar 'n geel, bruin en wit gesig ingedruk het om 'n kamma "multi-racial outlook" te gee. - Takuza



Die eise wat daardie persoon eis van Roman Catholic Church is reg. Hoeveel onskuldige kinders het die priester dalk so behandel? Viva, word wakker! Ons soek nie sulke goed in ons gemeenskap nie.



Ek soek tog raad vir jeuk. Kan nie meer nie, het alles probeer en was ook in die hospitaal, maar jeuk gaan nie weg nie. Asseblief!



Opsoek na 'n persoon wat 'n palmboom kan uithaal en terselfdertyd kan verwyder. Skakel my by 081 122 0388.



Ek wil net vir Lani van Swanib Cables sê jou vriendelikheid straal uit, voorwaar wat 'n pragtige mens.



Og, ek stem, die Joos Platt SMS'e - stop dit, dit is afgesaagd!



Ek is bly Legal Shield se dinge kom nou uit soos wat hy sy polishouers behandel. Ek was ook een, maar het dit gestop oor die swak behandeling wat ek van hul gekry het en oor prokureurs wat net goed uitrek om geld te maak. Ek weet van baie mense wat klagtes het oor hul dienste en behandeling. En die personeel se hulp is pateties. Het probeer afspraak maak met mnr. Van Rooyen, maar daar is altyd 'n klomp stories en verskonings gegee. Nie die talle telefoonoproepe of die geld werd nie. Ek bank maar daai geld vir as ek 'n prokureur nodig kry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!