SMS'e vir 19 Oktober 2018
SMS'e vir 19 Oktober 2018

SMS'e vir 19 Oktober 2018

"Ons kry honger, rêrig!"
Mandy Rittmann
Aan die “Ministry of Poverty Eradication” ons “Street Comittees” van die voedselbank is baie ongelukkig. Tot nou toe het ons geen salaris gekry nie. Ons kry honger, rêrig!

Prof. Katjavivi, as die media oneties opgetree het, het die vergadering ook oneties opgetree, want jy kyk nie na "porn" in die plek waar landswette gemaak word nie. Maar dankie vir die fotograaf wat vir volk en vaderland gewys het wat word daar gedoen op belastingbetalers se koste. Wreed ontnugterd!

Die man wat die diere hier so kom doodskiet en dan daarmee spog. Jy behoort jou oë uit jou kop te skaam. Bobbejane wat amper soos mense is, wat het hulle aan hom gedoen? Hoop nie hierdie pragtige land sien jou ooit weer nie.

Was persoonlik by munisipaliteit oor die lesing. Hul sê net jy moet die watertoevoer toedraai en kyk of jou meter nog aanhou loop, wat wel gedoen is. Verder trek hul net hul skouers op en jy moet maar net betaal!Die persoon wat kla oor SMS-kostes vir selflesing van krag en water. U kan dit ook e-pos na [email protected], kostes dan baie minder. Gebruik die verwysingsnommer soos dit verskyn op die munisipale rekening. Vra ook dat u rekening maandeliks na u gestuur word via e-pos. Hoop dit help.Gepraat van ekstra inkomste vir CoW met selflesings se SMS-koste, Woensdag 17 Oktober 2018. Wat van die afronding op rekeninge? As die endbedrag op die rekening met ,02 sent eindig, word dit afgerond na ,05 sent? Hoeveel maak hulle daaruit? Lyk my hulle steel net waar hulle kan, by die wat gereeld betaal.Dis werklik ’n skande om te sien hoeveel foute is op vanjaar se graad 12-vraestelle. Net op een bladsy van die Afrikaans tweede taal Gewone Vlak-vraestel is daar vyf spelfoute. Na die fiasko met die fisiese wetenskap is dit werklik nodig dat DNEA se kwaliteitbeheer ondersoek moet word. Dis die leerders wat daaronder ly.

NUST employees, are you aware that you don’t qualify for Medical Aid with retirement if you were appointed in 2006 and thereafter? NUST management needs to address this urgently.

Stem 100%. Dan kan ek ook na 28 jaar vir die 1ste keer stem, wat al die jare belasting betaal.

So, the president to go on travels again! Kenia for talks and speech at Hero’s day, Switzerland for conference on investments? He should skip this part as who will invest in a corrupt, bankrupt country with world class crime record, dubious double standard land reform? We have not even seen the costs of his (and entourage of how many?) previous trips to France, UK, Canada and US. The costs we taxpayers have a right to know! Please be transparent and publish!

NRL, desperate katte maak desperate spronge. Julle nalatenskap vir Namibiese rugby is pateties. Ons was baie beter af met Dirk en Buks. Ons was toe 19de op die ranglys. Mensah, lei ons uit die gemors asseblief.

Ek sien nou die dag een vrou wys haar pensioenkaart. Wil graag weet waar of hoe kry ek so iets in hande? Laat weet tog bietjie asseblief. Dankie.

Baie dankie aan die munisipale werkers van Okahandja wat met ’n bakkie al die vullisdromme kom leegmaak het nadat die vullislorrie gebreek het. Ons sien jul moeites raak wat julle doen. Die Here seën julle!

Meester van die hof op die 12de vloer, Frans Indongo Gardens. Julle diens is pateties! Julle het geen respek vir julle kliënte nie. Behandel ou mense soos julle kinders. Jy moet vir ure wag voor jy gehelp word. Treurigheid op die ergste graad.

Die dorp Karasburg is onder wanbestuur! Die tegniesie beampte het 'n kantoor by sy huis. Wanneer moet hy sy werk ernstig opneem en die dorp opbou? Die dorp is vuil, onontwikkel, sit skuld op werkers wat hulle werk doen. Ons sien die bestuur van die dorp doen julle werk, waarvoor julle salaris ontvang.

As ’n inwonner van Karasburg voel ek baie bekommerd. Ons waterrekeninge bly net hoog. Wat word van die skenkings wat ons "Town Council" ontvang? En wat soek mense naweektye by die kantoor en ook nie vir lank nie. Ek is bekommerd, Karasburg gemeenskap staan op!

Ek wil vandag u mening vra oor WhatsApp-aanstuurboodskappe. Daar is mense wat vir jou tot tien boodskappe per dag stuur. Ek is ’n pensioenaris, maar word wakker gemaak deur ’n boodskap. Ons het nie geld nie, en tegnologie vreet jou krediet. Ons gebruik ons selfone vir nood en dood nie heeldag te klets. Wonder maar net.

Dringend op soek na ou boumateriaal wat u nie gebruik nie, wat agter in die erf lê, soos sinke ensovoorts. Groot asseblief! – 081 358 3376

Ek is op soek na ’n stoffeerder om sitkamerstoele reg te maak. – 081 684 5448

BMW met registrasie GRN 814, Tony Rust-renbaan is tot jou beskikking vir jou manewales, nie Robert Mugabe-rylaan, Windhoek, Woensdag 17 Oktober.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!