SMS'e vir 2 April 2019
SMS'e vir 2 April 2019

SMS'e vir 2 April 2019

". . . sal bitter graag wil hoor . . ."
Mandy Rittmann
Met ons deurmekaar wêreld deesdae, sal ek bitter graag wil hoor hoe die sielkundiges, psigiaters of skrifgeleerders my as nie-gelowige gaan of kan help aangaande wetteloosheid, diefstal, geweld, bedrog, verkragtings en doodeenvoudige algemene dissipline? Hou graag die spasie dop vir u terugvoering. - Newmann Groïntics

Driver “connected to the presidential office” who recklessly and under the influence of alcohol drove straight through a stop sign and smashed into Vet Clinic in Swakop out on N$8 000 bail. Why is he not named like everybody else? We have a right to know!

Die afgelope jare kry ons by GIPF elke slag ’n 7% verhoging. Ek het hierdie jaar se aankondiging gemis, of kom dit nog.? Hulle gee darem onmiddellik in April, anders as die kieriepay se ekstra N$50 wat eers kom na vyf maande. Enige nuus daaromtrent?

Keetmanshoop munisipaliteit moet meer betalingspunte vir krag en water maak en die dorpskantoor vergroot sodat ons nie ure in die rye staan nie. Bespoedig betalings by rekeningpunte asb.

We have constantly contacted the CoW about an overflowing drain at Smit Street 23. Nothing has been done. CoW reckons it is not their responsibility as it is on private property. Why do they then want businesses to comply with health regulations as they are also on private property. Al standards are just going down the drain. Welcome to Africa.

Ek het ‘n wonderlike woestyntoer saam met Tommy's Tours gedoen in die Namib en daar leer ek toe, dat ‘n klein mol wat in die sand bly en prooi op blinde slangetjies se hartklop selfs kan stop as hy jag om te hoor waar sy prooi is. Hoekom laat ons toe dat Max Siedentopf musiek speel in die woestyn?

Polisiebegrafnis Gospel Mission Rehoboth. Pragtig. Joos Platt, dankie vir jou teenwoordigheid by al jou oud-kollegas se begrafnisse, dit beteken baie. Bly dat jy daar was.

Dit wil voorkom asof sekere skoolhoofde, veral laerskoolhoofde, geen simpatie met hul onderwysers se omstandighede het nie. Een bekende laerskoolhoof verplig vanoggend haar onderwyser om skool toe te kom, terwyl sy vrou van 4 uur af onder drup by ongevalle lê. Eish hoofde, wees meer menslik asseblief.

What is going or not going on at Home Affairs? All ID procedures completed in October 2018 and advised that we have to wait three months for delivery and that the SMS service makes inquiries very easy, so easy in fact that sometimes you only wait two minutes for an answer while it can take several hours the next day. The point is that five months have come and gone for a job that is done by the computer and still no result.

Buurtwagte, reserviste, sheriffs, marshalls en andere gee hulself deesdae almal indirek voor as opgeleide polisielede. Meeste het egter geen vorige militêre of polisie-ondervinding soos wat vroeër jare ’n veiste was, voordat jy enigsins as ’n reservis oorweeg sou word nie. Die ander genoemde persone was toe onbekend. - Péter Lemmer

Jy wat kla oor die huur van huise. Koop jou eie huis, sodat jy homself kan betaal. Party mense koop ’n 2 miljoen se motor. (Sien baie van hulle rondry in Windhoek.) Ander mense koop eerder ’n huis vir 2 miljoen om te verhuur. Verwag jy iemand moet ’n huis koop, sy terugbetaling is N$20 000 per maand, en dan die huis gratis aanbied vir jou? En ja, almal verklaar hulle inkomste, want dis al manier hoe hulle die eiendom kan betaal.

Windhoek munisipaliteit maak asseblief die straatlig voor Thlabanello winkel reg, dit is pikdonker in gemengde lokasie.

Swakopmund dame met wit Discovery, (registrasiemerk verstrek). Jy sal nog ’n ongeluk veroorsaak met jou selfoon permanent in jou hand terwyl jy bestuur.

Minette, jy het baie treffend geskryf, op verskeie vlakke (“Koebaai, huisie by die see”). Treffend was die manier waarop jy dit gestel het, en treffend was ook die waarhede wat jy so eerlik met ons gedeel het. Ek het jou stuk ’n paar keer gelees. Dankie daarvoor.

Karin se “Sê maar net” “Verlaag jou standaarde”, 29 Maart 2019. Die waarheid was nog nooit so goed vir my uitgeklaar nie. Hou so aan. Ek geniet so baie jul “Sê maar net”.

Karin Eloff “Verlaag jou standaarde”. Jy skryf altyd net die waarheid. Ek is mal oor jou skryfstyl. Hou so aan.

Ek het ’n klein hoeveelheid, meestal Engelse, ou langspeelplate asook ’n paar seven singles gratis beskikbaar. – 081 128 6611

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!