SMS'e vir 2 Augustus 2016
SMS'e vir 2 Augustus 2016

SMS'e vir 2 Augustus 2016

Gerine Hoff
Is voedselbank net vir Windhoek en Noorde? Wat van ander streke? Ons almal is Namibiërs. Kyk na Rehoboth en veral weduwees. Me. Monica Geingos, kyk tog na ons!

Die dorpe vir ’n stem? Hoe stem ’n mens dan, waarvoor? Want meeste dorpe is vuil en verwaarloos?

Die gemsbokstropery is ’n skande, maar nog meer skokkend is die reaksie van die ministerie dat private grondeienaars­ hul eie grond moet beskerm. Plaasboere,­ beskerm dan julle grond op die ou beproefde manier met die roer.

Julle wat droogtehulp ontvang, hou tog op kla en wees ’n slag dankbaar.

CoW, hou op karwassery-permitte gee. Ons moet mos water spaar, maar ’n nuwe car wash het oopgemaak in Moses Garoebstraat.

U wat mnr. Jackie Britz terugnooi na ons geliefde skool, onthou dat dissipline en orde tuis begin. As ons wat ouers is nie ons kinders in beheer kan hou nie, hoe verwag ons van die skool om dit te doen? As ons meer betrokke raak in ons kinders se lewens, sal dinge dalk verander!

Ek graag my dank uitspreek teenoor sr Jasmyn en kollega wat my noodroep gehoor het en met hul motor gejaag het met my kleinkind hospitaal toe. Sr. Rose daar in ongevalle, julle is knap. Sr. Erdman, julle ouens daar in kindersaal, onthou dit wat jul doen, sal by God nie ongesiens verbygaan nie. - Emma
Baines Park in Gousstr. Dalk moet ons die probleem ook onder aandag van buurtwag bring. Hul patrolleer in nag. Dat hul kan kyk vir sulke leeglêers. Of munisipaliteit moet hekke sluit met slotte in aande sekere tyd.

Ek het nooit gesien reddingsbeamptes kan so hoog spring nie. Kyk vir Stevanus Shilongo. My wêreld.

Persoonlike belastinguitbetaling is omtrent stadig. Wag nou al vier jaar vir terugbetaling en as jy dalk deurkom op die telefoon, dan is die antwoord "it has not been assessed", maar opgawes moet betyds wees. Help asb., almal wag elke jaar vir daai geldjies.

Dankie vir Groot Aub councillor vir die water wat ons 2 keer in die week ontvang het na ’n jaar in Oshakati. Dit lyk ons raak nou deel van Harambee. Kan nou ordentlik was en pap eet en elke dag seën as om te vervloek. Rehoboth, julle moet maar verder kla. Geseën is Groot Aub.

Hoekom word die gras by Ella du Plessis nog steeds soggens natgemaak?

Ek wil van Inland Revenue weet hoekom ek en my man 2 identiese belastingvorms ontvang het. No 6-0/0012A 2016. Is dit sisteemfout en moet ek een ignoreer of vervang een die ander?

Pres. Geingob en mnr. David Nuuyoma, CEO van GIPF, help tog Snr Citizens. Ons hele lewe het ons tax betaal. Nou kry ons bietjie pension en dit word weer ge-tax. Hoekom straf u ons op die oudag?

Die nadeel van sosiale media is dat enige gesiglose dwaas met ’n persoonlike rede kan sê wat hy wil sonder dat sy feite getoets word of hy verantwoordelikheid aanvaar. Oor al die jare heen ondervind elke skool sy kwota dissiplinêre probleme wat volgens prosedure hanteer word. Dit is nie uniek tot een skool nie en ook nie dinge wat nou skielik begin gebeur nie. Van watter planeet kom die persoon?

Op Vrydag 29 Julie in die kolom “20 jaar gelede” is daar ’n berig van mnr. Dawid Mushikele wat deur weerlig getref is die 24ste Julie. Het ons daai tyd van die jaar nog weerlig gehad? - John Beukes

MP Jan van Wyk, vra Pres. Geingob en min Shaningwa hoe sal ons Harambee bereik met N$58 miljoen wat weg is by RTC? Hoekom word die mense so beskerm? Of is hulle so untouchable? En wat is die doel van die ACC, maar die skuldiges word nie aan die pen laat ry nie. - Great uncle, RHB

Huurmotor K191: Pasop vir daai drywer. Hy laat jou ore betaal asof ons nie die tariewe ken nie.

Baie dankie aan mnr. Mario, die slangman van Rehoboth. Saterdag 00:15 is ’n groot, swart spoegkobra gevang in my tweelingbabas se kamer. God seën u – Mario, ons eie hero!

Ek stem saam met die SMS van Donderdag. Councillor Lorraine het nooit vergadering gehou om ons toe te spreek oor haar voornemens nie. Sy is nooit op kantoor as sy nie werk wil doen nie. Gee iemand die pos asb. Moeg van RHB se amptenare. - Louisa

Kan die regering asseblief onderhandel met eienaars van plase Louisenhoff 221, Elandslaagte 79, Welbedacht 214, Colenso 215 om te verkoop sodat regering asseblief die Witbooi-stamgronde uitbrei in vergoeding vir alle grond wat ons verloor het. Kan Verloorveld 220 en Kriess 219 ook aan Witboois teruggegee word? Dan moet die regering Jakkalsdraai 228, Weiveld 234, Asis 235, Simon Kopper 176 en Zendlingshuk 177 ook vir kaptein Dawid Hanse se stam koop sodat hulle Springbokvlei 237 en Ventershoop 164 aan Witboois teruggee. Is daar nog enige ander stamme wat grond by Witboois gekry het om erkenning te kry?

Kalkranders word wakker! Wolf is in jou kraal. Die dame wat sê mnr. Seth Boois has no erven in Kalkrand, sy moet haar huiswerk ken as dinge dinge word! - Gebore Kalkrander

Katolieke hospitaal se ongevallepersoneel: Van hulle werk te lank in ongevalle. Hulle is onvriendelik, bespreek pa­siënte se private sake onder mekaar. Oneties. Roteer hulle na ander afdelings.

Kan Windhoek munisipaliteit asb. vir ons in Cimbebasia antwoord en sê hoekom is die middelste gedeelte elke aand sonder krag? Om die na-ure nommers te bel, help ook nie, want dit word nie beantwoord nie.

Rhb-noodkreet. Die reaksie is dat die regering hom verlekker in Rhb se agteruitgang en toestand. Kyk maar na alle ander sake wat aandag kry, maar Rhb niks. As gemeenskap vir UPM sou gestem het, sou hul UPM se aksieplan gesien het. UPM is nie in beheer en kan nie plan implementeer nie.

Ek wil graag kassetbandjies (“tapes”) oorklank op CD’s. Is daar sulke toerusting beskikbaar en waar kan ek daarvoor soek?

Ek soek dringend hulp vir hare wat dun raak, veral bo op kop. Stuur tog u raad na koerant. Ek is ’n dame.

Groot dankie aan die Keetmanshoop-polisie vir ’n stil naweek in Krönlein se strate - MOENIE ophou om Krönlein se strate elke naweek te patrolleer nie. Ons waardeer dit baie.

What a joke! Alles wat die president vir die ou mense en gestremdes met arm gesinne met ’n lepel voer en inbring, word nog voor die doel bereik word deur die munisipaliteit van Keetmanshoop geskep met ’n laaigraaf voor die neuse van die ou mense en die armes weg soos met ongenadige munisipale diensleweringstariewe wat net tot hul eie voordeel is. Nou onlangs is alle uitstaande skulde van die huurkampe totaal afgeskryf, want die meerderheid raadslede en familielede huur mos die kampe. Of gebruik dit as permanente woonplotte vir hulleself. Waar trek ’n mens ’n reguit lyn van korrupsie?

Aan die “Trotse Engelbrecht”, wie het vir jou gesê wyle oom Karel het in sy lewe by niemand iets gevra nie? Vandag is die lewe so dat jy op een of ander tyd in jou lewe iemand sal nodig kry. Pasop vir wat jy sê. Die lewe draai soos ’n koedoehoring. As dit julle dag is dat Kauchas onstaan het, bewys dit tog? Die meeste plase in die omgewing het name wat van Namataal afkomstig is. So wie was die wettige eienaars van die grond? Laat die mense wat ons vooruitgegaan het in vrede rus. Hou Kauchas se naam uit die koerant. Moet nie die media gebruik vir persoonlike sake met mekaar. – Trotse Vries

Ons het weer ’n groot probleem. Ons vrouens van Hardap soek ernstig hulp by die governor van Hardap en goverment, want ons word weer geonderdruk van ’n ryk plaaseienaar hier by Duineveld-afdraai waar ons met die velle en matte staan vir ons kinders se brood. Ons wil ’n beroep doen dat Republikein ons dringend kom besoek.

Dankie die vuurvreter laat jy uitgetree het. My vrou en seun het ook gevra los die goed. Wat ek graag wil weet, het ek al geld by jou gevra om ’n wyn of bier te koop en die gelde wat ons betaal het om kamma erwe te kry? Ek soek my geld terug. Jy kan van mense praat wat goed aanvang, maar dit gaan die laaste wees wat jy hoor van die unofficial mayor. En al wat ek wil vra RHB, keer terug na God. Dit sal voel soos dit “handles like a sports car but hits like a freight train”. Dankie hoor. - "Unofficial mayor"

Honourable members of the ELCRN who are following the spiritual going down of our church since 2005, the time has come for us to get the church back to the people and get leaders who are concerned about the spiritual well-being of the members. We must do it peacefully, no violence please. Let's not allow any intimidation by whoever but let us reach out to our sisters and brothers.

Die !Oe #Gân tradisionele owerheid is besig met daylight robbery met die uitskryf van permitte vir die vervoer van vleis. Een skaap-/bok-/bees-karkas kos N$20. As jy drie karkasse vervoer, kos die permit N$60. Al drie karkasse is op dieselfde permit en nie op ver­skillende papiere nie. Hoekom word dit N$60? Word jy gestraf vir die slag van jou goed? Okombahe hoofkantoor moet verduidelik wat hulle se plan is met dié dubbele charges. Dis droogte!
Ek is dringend op soek na Loriaan Natassa Giannios, ma van Dylan, Gelani en Galen. Kontak my asb op 081 442 4221.

Padblokkades moet orals in Windhoek gesit word. Mense bestuur roekeloos onder die invloed van drank. Die mense is siek van drank. Vader help Namibië.

Dis swaar om arm te wees. In Omitara sukkel ons met krag. As jy aansoek doen by Cenored dan word jy N$6 000 gevra vir ’n paar meter van die paal af. Hoe betaal arm man wat nie werk het nie? Helps ons, staatshoof!

Councilor Christ treuriger as Theo Diergaardt. Sy probeer nie eens die ergste behuisingsnood aanspreek nie. Was al hoeveel keer by haar, Abes Keibeb. Ek dink dis tyd dat ons ’n strategie uitwerk om haar gas te gee. Jan sit net sy stoel warm in parlement, verder gebeur daar net mooi niks.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!