SMS'e vir 2 Desember 2016
“Hoe kan die wet dit toelaat?”
Ongelooflik! Sersant Iitula wat Chinees met 18 renosterhorings op lughawe bewus laat deurglip het, is klaar op borg van N$2 000 uit? Hoe kan dit waar wees? Hoe kan die wet dit toelaat? Dit lyk daar is hoeveel mense/instansies is by die bedrogspul betrokke?
Wat is die ministerie van die omgewing en toerisme se plan om wildstropery in die nasionale parke stop te sit? Waarom word daar net staat gemaak op ''n klein groepie wildbewaarders om alleen hierdie stryd teen goed georganiseerde sindikate te voer? Roei die korrupsie wat nog steeds hoogty vier onder amptenare en die polisie uit. Dan eers sal die stropery end kry.
Polisie skiet verdagte dood – goeie ding die verdagtes is aangekeer. Maar nou wonder ek net, gaan die polisieman ook aangekla word van moord omdat hy waarskuwingskote op vlugtende verdagte gevuur het en ongelukkig dodelik getref het soos Rust?
Nee man, hoe is die winkels dan vol staatswerkers in uniform met staatsmouters in kantoorure lekker aan die shop? Wanneer werk die mense dan?
Iewers is daar ''n satanspoot by die duiwelsklou. Net ''n karige een miljoen randjies vir twintig ton? Aikona! Grouwerk op jou knieë agter die produk aan is soos die Bybel sê in die sweet van jou aanskyn ''n brötchen verdien. – Mr Furtfleiss
Renosterstropery: Ek is moeg vir die Chinese wat alles wat hulle sien wil dood maak en hulle kom niks oor nie, want hulle lyk my is die regering se kroonwild.
Ek is al 7 jaar as ''n pensioenaris by die regering se maatskaplike departement geregistreer. Ek was ook tot ''n paar dae gelede by Erongo RED as pensioenaris geregistreer en het dus ''n spesiale afslag op my rekening gekry. Ek het ook sonpanele en voorsien al jare lank vir Erongo RED kraginsette teen ''n spesiale tarief. Vanaf die maand is ek volgens Erongo RED nou nie meer ''n pensionaris nie. Dit is nou omdat ek kastig ryk genoeg is om sonpanele te kan bekostig en dus nie meer as pensioenaris kwalifiseer nie. Ek voel Erongo RED se optrede is ongelooflik belaglik en agterbaks om ''n paar dollar te spaar. – Mev Gericke, Swakopmund
Chinese en horings. Vang 50 Chinese, deporteer hulle vir elke horing wat by hulle gekry word.
Kan iemand my sê wanneer of hoe lank moet ''n mens versekering betaal voor hulle kliëntediens kan lewe kry? Is dit ''n goeie ding om jou huis binne te verseker? As jy koop dan moet jy versekering hê. Indien daar ingebreek word, dan soek hulle tronkomheining. As iets breek, soek hulle die duurste proses om jou nog meer geld uit jou sak te jaag. Is dit nie net beter dat ons die geld by die bank spaar en gaan kry as jy dit nodig het vir herstel of as jy iets moet vervang nie? En die ergste, dan verhoog hulle premies nog jaarliks. Help met goeie raad.
Gemsbokslagting: Binnekort is hier nie eens ''n haas in dié land oor nie. Ons is eenvoudig wetteloos.
Ek wil net sê mnr. jy wat die munisipale bus Maandagnamiddag gery het, moet weet hoe jy ry, want dis ''n bus en nie ''n fiets nie. Ek het jou gesien. Ry baie meer versigtig, want jy stel mense se lewens in gevaar. Die pad van Monte Christo is baie gevaarlik en almal ry daar soos hulle wil. Wees versigtig, want daar het al baie ongelukke gebeur by die Lafrenz Shell Service se indraai.
Jy praat van twee weke wag laat ''n pomp reggemaak word? Ons sit al vir 2 maande sonder water op die plaas Nooitgedacht.
Genade! Kry ''n staat van die ontvanger van inkomste: Ek skuld 10 sent. Dit was 7 sent en het 3 sent rente getrek. Die papier, posgeld, koevert en mannekrag is 20 maal meer as wat ek skuld. Kon julle nie net ''n SMS stuur nie? Skryf die verdomde 10 sent af en spaar my belastinggeld vir armoede-opheffing.
Maatskappy wat behuisingsprojek in Swakopmund bou, besit so ''n luukse kar, maar het geen geld vir salarisse nie. Ek ruik ''n rot.
Dis verskriklik as jou mediese fonds verhoog van N$2 300 na N$3 100. Dis met N$800. Wie kan dit bekostig? Nie eens die werkersklas nie, wat nog die pensioenarisse. Verhoog dan liewers jaarliks met tien persent as om nou een jaar grasie te gee en dan sommer met 40 persent op te gaan. Ons oues sal maar aan die genade van die staat oorgelaat moet word. – Bekommerd, WB
Hanekamstraat se mense kan gerus ophou met hul prostitusie en getroude manne steel. Dis hoekom helfte van die vrouens nie hul kinders se vaders ken nie.
“Crooked” is ''n skynbare parlementêre sport. Om dit ernstig te wil speel, moet jy oor g-tlek-talente beskik. Krieket daarenteen is ''n gewilde sport. Om te wen, moet jy uitblink in bal-lek. Met genoeg spoeg saam met ''n kieslekkertjie tuimel jou opponente se paaltjies klokslag soos strooihalms. – Faf Siesais
Dringend op soek na draagbare suurstoftoestel wat suurstof maak. Is 24 uur afhanklik van suurstof. Moet permanent daaroor in hospitaal bly. Skakel 081 709 7301. Dankie.
Aan die instansies wat sake omtrent Gender Based Violence hanteer net die volgende. Op Maroelaboom sit daar in die selle ''n man. Hy het ''n saak van poging tot moord teen hom, want hy het glo ''n ander man met ''n panga probeer dood kap. CR09/03/2015, Case 501/2015. Daarna het hy blykbaar sy vrou se vingers en haar hand afgekap en haar toe doodgekap. CR08/03/2015, Case 102/2015. Op genoemde twee klagtes teen hom het hy onderskeidelik N$2 000 en N$1 000 borg gekry. Hy kon nie die borggeld betaal nie en is steeds in die selle. Op die klag van poging tot moord is hy glo nou vrygespreek. Is dit soos wat geregtigheid in Namibië geskied?
Staying sober while driving makes you a winner. TOTAL thanks you for making Namibia''s roads safer.
Wees versigtig vir die meneer wat weer die opslaanhuise adverteer. Laat hy dit eers op jou erf sit en as jy tevrede is, dan eers betaal jy. Die 4x4 huis kos nou N$18 000 terwyl hy my vir daai hondehok, onafgewerk en met ''n vloer van grond, N$25 000 gevra het. Loop maar lig vir hom. Hy soek hierdie tyd van die jaar uit om mense te besteel. En die gereg kan nie help nie. Hulle soek 20% tot 30% van die geld as hulle jou help. Bêre maar jou geld veilig in die bank en gaan doen by die Duitsers aansoek vir huise met fondasie op die grond en stene wat jy self kan opmekaar pak.
Mense, moenie die gelowiges oordeel en sê dat hulle makliker skei as ongelowiges nie. Die geloof word verskillend uitgeleef en waardes en beginsels dra ook by tot verskille. Mense is so vasgevang in hoe hulle grootgemaak was dat hulle nie maklik of glad nie wil aanpas by ''n nuwe lewe in Christus nie. Ons wil met een voet in die wêreld en met een voet by God wees.
Te laat vir trane, my mede-Namasprekendes en vurige aktivis, mnr. Timotheus Pieters van Bethanie. Ons werklike volksleiers van ouds soos die nou afgestorwe grote kaptein Oom Hans Diergaardt (rus in vrede) en wyle mnr. Kephas Conradie (rus in vrede) van FCN het voorgestel dat ons geliefde land volgens die federale stelsel onafhanklik moet word. Nee, toe was dit ons, die Nama-sprekendes, wat geskree het “one Namibia one nation. We want a unitary state”. Etse, en waar is ons vandag? Van die pan in die vuur. – MR
Ons vroumense sit met probleme. Ons manne kry vroue op internet en die vroue word N$1 000 tot N$1 500 betaal en ons mammas en kinders ly daaronder. Hoe moet ons maak?
Moet sommiges van ons net oor elke 5 jaar stem? ''n Mens stem tog onvoorwaardelik vir ''n party om te regeer. Dis net ministers en councillors en hoog geplaaste staatsamptenare wat onafhanklikheid geniet. Hulle geniet dit 24 uur.
Waar help die polisie en met wat mag hulle ons nie help nie? Ek wonder maar net.
Bokke moet begin by die begin. Hulle lyk vir my nie fiks nie, is flabby en lui. Kyk na die ander spanne, of hulle truie is drie groottes te klein. Mens sien nie vetrolle op hulle spelers nie. Hulle is solied en beweeglik. Dis wat ek dink en sien.
Hoekom is dit net ander nasies wat ''n maand of 2 lê en borg kry? Wat van ons Nama-mense wat kinders buite het wat nog in die holding cells lê. As ons mag vra, watter artikel sê so? Asb. mnr. Walters, help ons tog, want ons familie weet ook van als wat aangaan in die law. Asb., ons weet van ''n klomp wat onskuldig is. Asb., help voor daar weer onskuldige mense die tronk gaan sien.
Op soek na jou hond wat in Windhoek weggeraak het? Kom maak ''n draai hier in Isak Kazongari- en Sinai-strate. Goed versorgde honde is aan toue in die huise vasgemaak. Ja, die huise wat definitief met dwelms smokkel.
Hoe nou gemaak? Kan daar moontlik iets gedoen word aan die paaie wat binne die munisipaliteit van Usakos se verantwoordelikheidsgebied is? Of kan die herstelkostes van bande en beskadigde voertuie van iemand verhaal word? Beloftes is volop, maar reaksies is nul. Is daar ''n hoër gesag wat geraadpleeg mag of kan word wat bietjie meer sal doen as net beloftes maak?
Die hof in RHB, maak asb. seker van die rekords van vorige veroordelings en miskien alreeds op borg, veral in dwelmsmokkelary.
Kan prof. Isaack asb. vir ons van die Lutherse kerke sê wat gaan aan met die nuwe kerkorde en wie die mense is wat nou die kerk deurmekaar maak? Is dit leiers wat betrokke was by die ou kerkorde wat kennis dra of nie? Help ons! Die kerk is besig om af te breek.
Vir die wat genade by God wil hê, wil ek sê dat dit begin by om te glo dat God drie-enig die enigste Almagtige God is, dat Hy heilig is en dat Hy lewe deur Sy heilige gees. Hy het alle mense ewe lief, maar Sy wil is dat ons almal op aarde tot inkeer kom en Hom navolg in ons lewens. Na Hy ons Sy genade gee, doen ons nog sonde, maar omdat Hy die prys vir sonde betaal het vir almal, is ons vrygespreek van alle sonde wat gedoen was en nog gedoen sal word vir die wat hulle bekeer het en onder Sy genade leef. Ons het ''n mensereg om almal te lewe soos ons wil, maar gelowiges glo dat God in beheer is en weet dat hulle kan bid en uitsien na God se krag, seën en wil in tye van nood, hartseer, swaarkry, blydskap voorspoed en geluk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie