SMS'e vir 2 Desember 2020
". . . beveel om my masker af te haal . . ."
Oor CoW se onbevoegdheid met waterrekeninge: Ek het my huis in 1993 verkoop. In 2017 het ek 'n rekening vir 'n eienaardige bedrag gekry & moes 'n prokureur kry om die saak te hanteer.
Mnr. Bernadus Swartbooi, asseblief, help vir ons, TransNamib se werkers wat vergaan, want TransNamib se bestuur dink net aan hulself. Ons het vir die afgelope drie jaar nie verhoging gekry nie, maar hulle wat nou gekom het, kry verhoging, maar ons wat in die son staan en werk kry niks. Help ons asseblief!
Groot asseblief mnr. Swartbooi raak ontslae van die //Kharasstreek se goewerneur.
President, doen die regte ding en stel Steven Isaacks aan as Governor vir Hardap en Alex Boois as Governor van //Kharas om dinge in die guns van die mense te verander. Asseblief!
Die leser wat vra waarom motoreienaars nie hul voertuie registreer waar hulle woon nie: Dis bloot laksheid van die verkeersowerheid soos so baie ander dinge. - Dave
Sekuriteitsmaatskappy aan diens by bank. 08:00 is ons reeds daar, volgens ons die 1ste. Sekuriteitswag lig ons in dat die 1ste plek reeds bespreek is deur ’n dame wat iewers sit. 08:25 arriveer die dame. Skielik is daar nog ’n bespreekte geval. Nodeloos om te sê, ons het die argument verloor en die 2 bespreekte gevalle is voor ons in. Werk dit so? Is sekuriteit nie veronderstel om orde te handhaaf nie?
Ek was by ’n winkel in Walvisbaai waar ek deur die eienares beveel was om my masker af te haal, want sy kan my kwansuis nie hoor nie, nadat ek beleefd ’n navraag gehad het oor ’n bestelling wat ek wou plaas.
Die pale-projek. Wie is die kontrakteur en hoekom net een kontrakteur?
Ek glo nie enige kind in Swakopmund gaan dié jaar op skool slaag nie. Hulle ken dan nie eers die padrëels nie. Hulle is soos bok en skaap die strate vol. Let wel, die strate nie die sypaadjies nie.
As alkohol, messe en voertuie nie al in hul ontwikkelende stadium reeds die regte opvoeding gegee word nie, gaan hulle voortgaan om weerlose mense se lewe te vernietig en soms selfs te neem. - SAP&H

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie