SMS'e vir 2 Junie 2016
1 Junie = Internasionale Kinderdag. Aan Namibiese kinders: Wys elke dag jou respek aan dié wat jou grootmaak/grootgemaak het. Geniet die dag.
Genugtig, wat ’n siek storie van die ene past. Moussongella! Vat die man uit die samelewing weg, want hy het nie respek of hart vir ’n kind nie. Dan noem hy hom nog ’n pastoor. Skande.
Na aanleiding van die ongeluk op die westelike verbypad net die volgende. Ek wag liewer totdat ek sien dat ’n bestuurder definitief besig is om af te draai voordat ek sal beweeg. Ek het al meer as een keer gesien hoe veral hierdie jongetjies wys hul wil afdraai en dit nooit doen nie. Ek het al die nare ondervinding opgedoen waar een met sy blits Golf wel besig lyk om af te draai en dan skielik reguit aan ry. Hy gee hom dan self ’n tyd as jy so skarrel om ’n ongeluk te vermy.
Nuwe parlementsgebou, maar geen medikasie in hospitale en klinieke nie? Kry jul huis in orde.
Ja, die wat jy voor omgee en goed is, is hulle wat jou in die rug steek. Mnr. Tilian Walters is ’n omgee-mens, het altyd tyd vir ieder en elk. Vriendelik en behulpsaam teenoor almal. Waarom dit aan hom doen? Waarom kan die regering nie plan maak met sulke barbare nie? Kamtig word die mens se menswaardigheid aangetas as lyfstraf en doodstraf ingestel word. Nou vra ek myself asook vir die regering, wat van diegene wat doodgemaak word, wreed aangerand en vermink word? Wat word weggevat van daardie onskuldige slagoffers? Het hulle nie ook regte of menswaardigheid nie?
Republikein het nuwe prediker in Augetto Graig opgesaal. Augetto sê maar net “Leiers sonder leiding”. You can say it again. I fully agree brother. Its so true. – Kruisman
Ravianus Shambeni se foto van die boog by die Spitskoppe is baie besonders. Geluk met ’n pragfoto!
Usakos se nuwe burgemeester, ek wil graag dankie sê aan jou. Van jy aan die stuur is, is Usakos se gate in paaie heel gemaak. Die dorp word sowaar skoongemaak. Mens kry nie meer skaam om te sê waar jy bly nie. Jy maak nie net beloftes nie – jy doen dit! Hoop jy bly lank aan die stuur.
Op ’n groot advertensiebord is ’n advertensie met dié adres: “Gemeente Katutura”. Net om u reg te help: Die area is “Gemengde”, nié “Gemeente”. H = Herero, OD = Owambo Damara, G = Gemengde, N = Nama ens.
Laat die ministerie van grondhervorming liewer sy werk ordentlik doen asb. Daar is klomp foute op daardie kennisgewing. Plase is op mense se name wat nog nooit eienaars was nie. Maar daar word hoog “gepay” en hulle weet niks wat aangaan by hul werk nie. Nog ’n ding. Hoekom moet ek wat al jare ’n pensioenaris is grondbelasting betaal en dan het ons boonop 3 jaar laas ordentlike reën gekry.
State hospitals out of critical drugs - AGAIN! Minister of Health, how is this possible? Is your ministry incapable of forward planning? People should sue the state if someone dies due to state negligence to provide drugs.
Toe my pa my baie jare terug leer bestuur het, het hy altyd vir my gesê dat ek nooit moet staatmaak op ander se bestuursvermoë nie, om onder andere altyd seker te maak dat die voertuig wel indraai. Miskien moet ons almal ’n bietjie meer rustig raak in die verkeer, mekaar respekteer en vir ’n slag weer by die verkeersreëls hou. Nie in die linkerbaan ry om voor in te druk sodat jy regs kan afdraai nie, nie by ’n verkeerslig – wat lankal rooi is – nog vinnig oor ry nie, nie ry as die verkeerslig nog rooi is nie, ens. Die lys is oneindig!
Rehoboth-dorpsraad, wil u dit nie groot asseblief oorweeg om die volgende paaie binne die dorpsgebied óf te teer óf ten minste op te gradeer nie? Die grondpad vanaf die Dr. Lemmer-kruising by Blok F teen die kanaal langs tot by die teerpad na die Bahnhof T-aansluiting. Ook die grondpad voor die begraafplaas verby tot by Grens Store. Dié paaie wat daagliks ontsaglike hoë volumes verkeer dra, is in ’n voertuig-vernietigende toestand.
Aan die persoon wat ’n klein reunhondjie soek: As jy nie geld het om ’n hond te koop nie, hoe gaan jy hom ordentlike hondekos gee en hoe gaan jy veeartskostes betaal? Die hond moet mos sy inspuitings kry een keer per jaar. Mense moet nie diere aanhou as hulle dit nie kan bekostig nie.
Suurlemoen-storie. Is dit dieselfde persoon wat altyd vra? As u nou begin plant, sal dit seker in die somer ryp wees. Sê maar net.
Die dame wat Hannon-produkte soek, by Klein Windhoek apteek kry jy dit. Dan die persoon wat hondjie soek, jy het nie geld nie. Hoe wil jy dan vir hondjie sorg? Hulle lewe nie net van liefde nie, maar het kos en ander dinge nodig.
Rössing se ontsoutingaanleg: Dit kan nie waar wees dat hulle dit nie mag bou nie. Het daai mense wat bo sit en dink hulle is slim al agtergekom dat daar ’n droogte is? Die droogte is raak almal, nie net die normale mense nie. Laat die myne die aanleg bou met voorwaarde dat hulle soveel water en pype moet gratis lewer. Ook Areva se aanleg, hulle moet dit aan NamWater verniet oorhandig, veral as hulle nie meer myn nie. Maak dit ’n kondisie vir die myne. Hulle maak miljoene dollars profyt en vat dit uit Namibië. Of soek iemand weer so ’n bietjie omkoopgeld?
Hier is ’n plek op Omaruru wat die betekenis van betaaldag nie mooi verstaan nie – dis nooit op tyd nie – altyd een tot drie dae laat – maar waag jy dit nou net om laat te kom by die werk, dan hoor jy nooit die einde nie. Dit is hoekom mense nie meer presteer of gelukkig by die werk is nie.
Daar is drie leeus wat rondloop in die omgewing van Rietoog in die Hardapstreek. Het al die natuurbewaring laat weet, maar niks gebeur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie