SMS'e vir 2 Maart 2017
SMS'e vir 2 Maart 2017

SMS'e vir 2 Maart 2017

“Niemand doen iets verniet nie. . .”
Gerine Hoff
Wat ’n klad op atletiek se naam. Die afgelope naweek se Khomasstreek-skolebyeenkoms was een groot nagmerrie. Beamptes wat 2 ure laat opdaag by hul items, beamptes wat geen idee het van atletiekreëls nie, beamptes wat langs die veld sit en koerant lees i.p.v. hul werk doen. Kinders wat tot 4 ure in bloedige son moet sit en wag. Toilette wat gesluit was, wat kinders verplig het om maar van die veld rondom die stadion gebruik te maak. Julle as organiseerders jaag atlete weg van die sport.

Nogal Basters skaam julle, kyk hoe lyk Rhb. Van waar Gehasi? Die Basters is uitgeleef en ander regeer Rhb die afgelope 26 jr. Mense aan spits van sake het nog nooit geleer om water en krag te betaal nie. Ons sit vanmiddag sonder water en blykbaar het NamWater die water afgesny. Weet jy wat? Rhb was ’n vooruitstrewende dorp wat wet en orde gehandhaaf het. - Basterbloed

Foto van 3 karre wat by heuwel op "solid line" verbysteek. Een nommerplaat is nogal GO SAFE - "traffic dept" kan mos op die foto registrasienommers kyk en mense vasvat. Die "evidence" is mos daar?

As ons kan beeste en skape teel om te eet kan ons ook donkies teel vir die Chinese. Dan kry ons ook sommer van ons geld terug.

Japan gee N$4.7 miljoen voedselhulp - oh oh, hier kom weer een of ander tyd "pay back time". Niemand doen iets verniet nie, almal wil iets in ruil hê.

Die regering van die dag het ’n stabiele regering na onafhanklikheid gekry. Om na 27 jaar versoening en staatswerkers van daai tyd te blameer vir vandag se verval, is onvanpas. Diegene wat teruggekeer het van "exile" destyds was nie gereed om ’n nuwe regering te begin nie. Daarvoor was die kundigheid wat daar was ’n aanwins om te verbrou, instansies te vergroot, groter as groot te raak. Om andere te blameer vir eie tekortkominge is vergesog. Hou op doelpale verskuif. Kiesers is besig om doele aan te teken. - Axaro

Kosmandjie met 50% duurder in 6 jaar: Ja ons voel dit! Jaarliks gee ons ons plaaswerkers verhoging sodat hulle kop bo water kan hou. Maar watse pryse kry boere vir hul vleis? Definitief nie 50% meer nie! Meatco betaal pateties. Meatco maak OKH fabriek toe. Min Mutorwa ignoreer produsente met aanstelling van Meatco raad. Minister, mens slag nie goue gans wat eiers lê nie!

Hoe "sad" dat pa sy eie kind doodmaak. Is dit nou die maklikste manier om nie onderhoud te kan betaal nie? My vader.

Ek wil graag weet wat die verskil is as jy besope is en iemand doodslaan of doodry. Die eerste is moord en die ander manslag. Maak dit maar albei moord (wat dit in werklikheid is).

Ek stem dat 4 kwartale teruggebring moet word. Kinders is uitgeput. Hulle kla oor arm mense wat moet sukkel in die donker, maar praat nie hoe ons arm mense in die koue winter skool toe moet gaan nie. Hoe kan kinders vorder wat deur die bitter Junie en Julie moet skool gaan terwyl ons geboue nie eens "heaters" het nie en anders is in tente. Minister Himarwa, maak ’n plan en stel reg, want alles van die ou tyd kan mos nie verkeerd wees nie. Weg met wintertyd, terug 4 kwartale!

Hou op om apartheid vir alle floppe die skuld te gee en lewe vorentoe. Hou op om om te kyk; jou nek kan dalk agtertoe groei en jou drome benadeel. Keer tot God.

Grootste leuen-/spookstorie in die wêreld is SWAGM storie. Soldate en baie buitestaanders met geen skool steun Amabutho. Waarom betaal hulle nie 'n regsgeleerde om die saak na 'n hof toe te vat nie? Ons het een wat die saak kan klaarmaak. Bring geld en slim mense. Moenie die saak weer met my praat as julle nie hof toe gaan nie. – Kingfreego

Bedel of wat? Ouma vra by ander mense met ’n ompad vir haar kleinkind medisyne. Wat maak die pa en sy ma?

Nee! Moet groot asseblief nie wintertyd wegvat nie! Dis een van die min goeie goed wat die regering al gedoen het. Los dit asseblief soos dit is.

City Police kan gerus ’n draai maak by die vierrigtingstop in Prosperita elke namiddag vanaf 16:30. Dit gaan lekker hier. Almal ry oor stop soos hulle wil. CoW busse ry en stop soos hulle lus kry. Voetgangers loop soos hulle wil tussen die voertye.

Meester van die Hoërhof, julle behoort julle te skaam oor die swak (geen) diens. Dit neem maande en selfs jare om boedels af te handel omdat julle geen trots of belangstelling in julle werk het nie. Sies! Moeg vir lui staatsamptenare.

Met die reën in Keetmanshoop besef ’n mens al meer dat die enigste doel van ’n teerpad is om slaggate en lapplekke uit mekaar te hou om ’n konfliksituasie te vermy .

Taxi gooi glasbottel uit motor dat dit so spat in Olympia. Is dit reg?

Geen dubbelbane of breë pad of goeie pad sal help om ongelukke te voorkom nie. Dis spoed, onbevoegde bestuurders, bestuurders onder die invloed en diere op die pad wat ongelukke veroorsaak. Dit het niks met die pad te doen nie.

Front page today (Wednesday). A pregnant Bronzy shark. No wonder she put up a hell of a fight!

Graag versoek ek winkeleienaars om hul pryse op winkelrakke so te vertoon dat daar nie verwarring is as ons as kliënte by kasregister wil betaal nie. Dis die landswet dat pryse duidelik vertoon word en nie weggesteek word nie. As mens die bestuurder nader is hulle negatief en vol houdings teenoor die publiek. Ons gaan maar net na ’n ander winkel wat dit verstaan.

Ek stem saam met die belasting op pensioengeld. Regering, ons kan regtig nie twee keer betaal nie. Daai geld moet gaan vir ons munisipale rekeninge "budget". Los ons geld dat ons dit skoon uitkry.

Aan ouers wie se kinders skool verlaat: as julle nie die skooldrag gebruik nie, skenk aan behoeftige kinders, asseblief. Ouers en werkende oudleerlinge van GRN-skole: die skole sukkel. Help jul skole met geld, hulpmiddels en arbeid, asseblief.

Geluk aan my seun Algenic de Klerk van Jan Möhr met die prestasie om die posisie as spanbestuurder vir die Namibiese o.18 rugby span te beklee. Mammie is baie trots op jou! From a sheperd boy to a king. It is only by the grace of God. That’s why I will praise and worship His name.

Wil graag my dank teenoor Eddie van die Puma-karwassery op Hentiesbaai uitspreek. Puik diens, seun, hou so aan! ’n Baie tevrede pensioenaris! - Tannie Karien

Kan iemand asb. help met ’n resep vir konfyt met tamaties? Dankie byvoorbaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!