SMS'e vir 2 Mei 2019
". . . word almal misbruik."
WhatsApp-foto van trok wat teen heuwel by soliede lyn verbysteek, is skokkend. Kan Republikein of fotograaf nie die nommerplaat lees en daarmee na die polisie of verkeersdepartement gaan en die ou laat opsluit nie? Dis eintlik poging tot moord wat die ou daar doen en hy moet gestraf word.
Mediese fondse word almal misbruik. Mense kom vir enigiets dokter toe. Vir kopseer en keelseer kan jy pille oor die toonbank koop. As ’n kind nerfaf geval het, is hy nie gebreek nie. Spons af, smeer ’n salfie aan. Noodgevalle na ure is pyn in die bors, erge maagwerk, ongelukke, beenbreek, bloei ens. Nie griep of voorbehoedspuite nie. Jy kan noem en noem. Mens gaan nie so maklik dood nie. Wat gaan jul maak as daar geen mediese fondse meer is nie?
Psemas is ons land se staatsmedies, hul is veronderstel om die beste te wees. Nou wil dokters die pasiënte nie meer sien nie, want hul betaal nie. Ek sien ook hul het vier of meer lede op een nommer en die pasiënte se ledegeld is vrek min. Jy is veronderstel om per persoon te betaal wat een lid betaal. Byvoorbeeld Jan is alleen, sy fooi is N$300, dan moet vir Piet met vier kinders en vrou ten minste N$1 200 afgetrek word. Ons kan ook bespaar deur minder vir enigiets dokter toe te hardloop.
By die welsyn gaan dit altyd oor die welsyn van die ouers en nie die kind nie. Ek en my vrou sukkel nou al ’n jaar om ’n kind aan te neem wat vanaf geboorte in ons sorg geplaas is. Elke keer het hulle ’n storie as ons navraag doen. Sulke sinnelose dinge moet eers gebeur voordat die staat wakker skrik. Ons probeer die kind aanneem om die tipe dinge te vermy. Kan iemand dalk help?
Watse bohaai word gemaak oor die kinderverwaarlosingsgeval in die Havana- informele nedersetting? Die wat weet, sal jou sê dit is ’n algemene ding wat net nooit rapporteer word nie.
Die menseregtewaghond by monde van Toni Hancox (LAC) is bekommerd oor die weermag en polisie se wettelose gedrag. Sal graag ook wil sien dat hulle sommer Nampol-reserviste ook vasvat. Die lot het geen amptelike opleiding, misbruik mag en is klaar ’n ongeluk wat net wag om te gebeur. - JP
Ministers of Environment and Forestry, please read the article in Republikein 30 April 2019, page 4 of Market Watch. Worlds forests in emergency room due to the consequences of deforestation. Put an immediate stop to criminals looting of our forests!
N$530 million for protection of top officials? Seriously? Why protection? What are they afraid of? Who and where are all the enemies? If they don’t have guilty consciences and if they are not corrupt they should have nothing to fear! So 530 million (down the drain) for the elite actually says it all!
Hou duine skoon. Daar is geen bewys dat om vir ’n plastieksak te betaal enige impak op die omgewing het nie. Of jy nou betaal het of nie vir die sak, as hy skeur word hy weggegooi. Verban plastieksakke by winkels, dit is al hoe jy plastiek uit die omgewing gaan kry. Die res is net ’n geldmaakstorie om skuldige gewetens te sus.
Is goedkoop tye verby? Wat gaan aan in Namibië? Enige klein werkie by enige besigheid kos deesdae N$1 000 of meer. Het geld se waarde dan so gedaal? Die beste is, doen die job maar self en as jy nie kan nie, bly daarsonder!
Alle fietsryers moet na die ongeluk die B1 boikot! Geen verdere ongelukke sal plaasvind.
Bipa Windhoek, het julle nie dalk vir my ook werk nie? Ek kan doen met ’n lekker vet salaris, medies en pensioen en dan kan ek sit en koerant lees sodat die kliënt self maar deur al wat ’n file is kan gaan, om jou eie CC2’s te soek, wat al einde Februarie ingegee is en nog steeds nie geprosesseer is nie! G'n wonder dit is nog nie klaar nie, want die amptenare lees dan koerant!
Kinders in sinkhuis. Hoe erg nog! Kan die president dringend ‘n besluit neem oor kinderverwaarlosing en slegte ouers. Maak ‘n wet vir geboortebeperking. Hoeveel kinders moet nog onskuldig ly onder swak/treurige ouerskap?
Republikein slaan die spyker oppi kop. Armoede kan nie vir menslike euwels blameer word nie, dis net die simptome. Die oorsaak is drankmisbruik, geen ouersorg of opvoeding, geen disiplinne, geen gesinsbeplanning en morele verval. – SAP&H
As ons dit sal oorweeg om vir PDM se Venaani te stem, wil ons graag weet wat sy en PDM se gevoel oor oumense in Namibië is. As hy voel soos ander dat oumense moet plek maak vir jong mense deur op te hou werk en op die stoep te gaan sit en vir kinders stories te vertel, dan oorweeg ek dit nou nie eers amper nie. Oumense het ook nodig om te werk en kan waardevol wees.
Lloyd se bOME. Hoekom vra jy toe nie hoekom die bome moet sneuwel nie? Wanneer leer mense mens verwyder nie bome nie. Hoe lank groei ‘n boom so groot. Regtig, dink 2 keer!
Wil weet hoekom kan die pad tussen Rehoboth en Windhoek nie dubbel gemaak word soos Okahandja. Duisende mense ry elke dag die pad en stadige verkeer soos vragmotors kan hulle eie baan hê. Hoekom geld mors om nog ‘n laag teer op die bestaande te sit?
Privatiseer die kinders (staatsondernemings), dan sal Namibië se begroting klop.
Ek haat pensioenfondse met ’n passie!
Wil graag vir Victor Catering bedank vir hul lekker kos wat ons by die VIP Lunch by die Lüderitz Kreeffees geëet het. Dit was uit die boonste rakke. Hou aan met jul goeie en vriendelike diens, julle is oulik. God seën jul. Liefde.
Ek is dringend op soek na Cicilia de Koker. Haar nooiensvan was Clark. Indien iemand my kan help asseblief, my nommer is 081 422 7316.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie