SMS'e vir 2 November 2016
SMS'e vir 2 November 2016

SMS'e vir 2 November 2016

“. . . stel eerlik en opregte mense in diens . . .”
Gerine Hoff
Soustrein: Oom Calle is amper heel reg. Hy moet nog net die mense laat betaal vir die motor- en ander skade wat hulle aanrig. 80% van die GRN-bestuurders kan nie bestuur nie of jaag soos mal mense op ons paaie. Die “government” sal mos betaal vir wat hulle tot niet laat gaan. Dan kan daar nog ’n paar miljoen gespaar word of terug gekry word.

Fosfaat: Stuur Pohamba Shifeta en Teofilus huis toe en stel eerlik en opregte mense in diens van ons land en sy mense aan. Dankie

Wil net vir oom Wolf reghelp. RHB Wes het net ’n streekraadslid wat die streek verteenwoordig en nie ’n parlementslid nie. Indien jy ’n salaris van N$6 000 en meer verdien, betaal jy outomaties belasting. U blitsboodskappie het my herinner aan die jakkals- en wolfstaaltjies van my kinderdae. Baie van ons het gaan stem vir verandering en nie om iets in ruil daarvoor te kry nie. Jakkals

Finansies. Is dit onregverdig as ek die afleiding sou maak dat die vorige minister van finansies te vrygewig was met die belastingbetalers geld? Nou het oom Calle al sy dae om weer landsfinansies in orde te kry.

Die leser wat Whatsapp-foto gestuur het van motor wat gewas word in Kornalynstraat – jy was beslis nog nie in Evelinestraat, Wanaheda nie. Dan sal jy ’n hele album kan instuur! Vat dit kalm.

Ek hoor 31.10.2016 op die nuus dat die agbare goewerneur van die //Kharasstreek sê die mense van Aroab is afkomstig uit die RSA omdat hulle aandring om hervestig te word. Ek wil weet, wie het haar gekies? Sy is die pos ge-ou deur die president. Viva Aroab, volk van regverdigheid.

Ek stem volkome saam met Basterbloed! (31/10/2016). Jy is nie rassisties nie, net gatvol en eerlik.

Ek wil ’n antwoord hê van “councillor” Wamboe. Wat het van ons geld geword wat ons vir die kragbokse op Usib betaal het? Dis al 3 jaar wat ons wag. Wat gaan aan? Julle het mos ons geld. Ek het die bewyse. Genoeg is genoeg! Dat die “government” ons swaar verdiende geld vat en nie hul beloftes nakom nie. N$815 dollar in die water gegooi vir kragbokse op Usib.

Is daar nie ’n foto van De Wet Moolman, sportman van die jaar vir Republikein nie? (Hy verskyn op ’n foto op bl. 31 van Maandag 31/10 se koerant– Red)

Noudat die onnies verhoging gekry het, werk niemand meer by Jan Möhr nie. Ouers word wakker. Kyk julle kinders se boeke!

Vir die skrywer van “Onderwysers moet nou hul werk doen”. Wel, ek weet nie waar daai skool is nie. By my skool begin ons 07:00 en ons haal asem eers weer 13:00. Ons sit nie eens na ons geselsie in die gang ons ketels aan en drink eers ’n koffie en begin so rigting kry by 10:00 nie. Nee, dit is vastrap van die begin af. Kom kuier by ons. Ek gee jou ’n graad 2-toesigklas vir een dag sonder die dag se sport, volgende dag se voorbereiding en boeke merk. Vir die ouers waar dit wel gebeur, rapporteer daai skole aan die regering. Dit hoort nie te gebeur nie.

Jo-Maré, suster, jy mag maar met woorde dans. Seënwense, Norman Kotze.

Jessie het gevra oor Hans + Herby (Ugab Rhino Camp). Ek stel ook in inligting belang - het iemand geantwoord? 081 293 6199.

By Gobabis-hospitaal staan die siek mense van 8 tot 10 en wag om hul pille te kry. Kyk tog daarna.

Kan die sogenaamde huishulpe tog nou die gesanik stop. Dis al holrug gery. Dis maklik. Bly by die huis as jy ontevrede is met jou werkgewer of soek ander werk.

Keetmanshoop Municipal Council, thanks for rescuing us, the prospective home buyers, with the unbelieveable human-killing erf prices. On what basis is a so-called developer from Keetmans charged N$70 000 for an erf in Tseiblaagte? “Dis malligheid”! Please investigate.

Enige persoon, doen jouself ’n guns. Kyk hoe vuil is die park by Baines, Gousstraat en die Park by Suiderhof! Skande munisipaliteit tuine en parke! Geen voorbeeld – dis om naar te word!

Foto van die “shuttle bus” tussen Okahandja/Windhoek. Dis mos gevaarlik! Hoop die padblokkade het hom afgetrek van pad!

Eto, die dat mense so misdaad pleeg, is mos seker omdat hulle ambagte ens. leer in die tronk. Regering maak alle opleiding gratis vir arm mense dan sal die kosbanke later nie meer nodig wees nie.

Word daar net skinderwerk by Keetmanshoop-hospitaal se washuis gedoen? Mens is bang om daar te werk.

Kan die afdelingshoof van die ontvangs by “Receiver of Revenue” in Walvisbaai asb. daarna kyk dat hy/sy asb. hul werk doen. Jy bel juis vroeg dan tel niemand op nie; wanneer hulle optel, word dit net op “hold” gesit. Moet alle ministeries so onprofessioneel wees? Is dit wet? Onthou, julle doen nie gunsies nie, julle word betaal. Kry asb. werktrots! Of bly by jou huis waar jy kan maak en praat soos jy wil.

Huishulpe, ek dink dis beter om by verskillende mense te werk. Die geld is meerder as wat jy by ses mense werk Maandag tot Vrydag vir N$1 300.

Ek verstaan regtig nie. Het RHB inspekteurs of nie? Glasplek word sonder lisensie bedryf. Die eienaar is al ’n jaar dood en plek bly oop, daar word niks aan gedoen nie. Daar kan nie glas verkoop word nie. Plek is veronderstel om dag van eienaar se dood al toe gemaak het. Gee jongmense geleentheid! Weg met korrupsie!

Agra-winkelbestuurders en direkteure, ons hou van die “specials”, veral jul groceries. Jul winkels is top. Kan jul nie jul “specials” altyd ’n bietjie later laat afkom of langer laat aanhou nie sodat die ou mense ook hul “groceries” kan koop as hul hul pensioen kry. Hulle kry baie swaar asb. Ons vertrou en maak staat op jul.

Minister van “Local Government”, minister van “Health” en Hardap “Regional Councillor” besoek asb vir Rehoboth spesifiek die buitestraat suid van die dorp. RTC behandel ons hier in blok C erger as wat jy sou ’n hond behandel. Ons verdrink in die rioolwater en moet klippe en kratte pak net om by jou voordeur in te kan gaan, dit is te sê as die oorweldigende stof van die grondpad waarop die trokke resies jaag, jou nie eerste verstik nie. Kom jy binne, dan walg jy van die stank en dan moet daar nog kos gemaak word, want môreoggend 5 uur moet jy weer Windhoek toe om jou daaglikse brood te gaan verdien en te sorg dat jou munisipale rekeninge kan betaal word. Sies! Ek verkies dan eerder ’n varkhok want dit stink nie so erg nie. Jy kan nie jou eie hand in die nag sien so donker is dit hier nie. Asb., doen iets! Of wag julle eers weer tot naby verkiesingtyd om leë beloftes te kom maak?

Wat gaan by Rehoboth Nampost aan? Waar is die posmeester? Is die bestuur in die hande van die sekuriteitswagte? Daar is geen orde nie. Jy wat gou ’n gewone diens van die poskantoor verlang, moet in die ellelange rye van die pensioentrekkers gaan inval. Dis ongelukkig nie vir ons almal moontlik om heeldag daar te staan nie. Skep orde asb. Skep ’n ry vir diegene wat moet teruggaan werk toe.

Vir yl hare: 1 E kasterolie, 1 E paraffien, 1 E brandewyn, meng goed en masseer in kopvel. Hou rukkie aan en was hare met Vitacydin kapsules van apteek. Laat groei ook hare mooi.

Kan daar nie ’n plan op daardie stop van Reo Monty gemaak word nie. Daardie stalletjie belemmer die uitsig. ’n Mens moet amper tot in die middel ry om te kan sien of jy kan ry. Maak plan asb.

Please ACC, we Keetmanshopers appeal to you to give us peace of mind by acting and start with a full scale investigation in our town municipality or is Keetmans municipality the only untouchable council. What powers do valuation roll have in determining an erf?

Ek soek raad. Wil gewig aansit. Wat moet ek drink of eet?

Ja, dis waar. Daai mnr. wat valse inligting oor Mukorob P.S. en die skoolhoof versprei, mense opsteek en die plek se mense verdeel, moet asb. ophou. Ons ken vir hom baie goed. Ons is van Gibeon en hy was nog nooit aktief in politiek nie, maar hy staan en “benefit” die veterane se geld. Hy was besig met slegte dinge wat ons kan noem, so laat hy net ophou.

Soek dringend iets om vel weer terug te laat groei op brandplek of die pienk plekke donkerder te laat lyk.

Soek dringend na ’n Diamant Duifie-wyfie. Skakel 081 128 5574.

Mr Schonken, could you please contact 081 628 4817 urgently.

Sonde en slegte gewoontes hou ons gevange dat ons nie later weet herwaarts of derwaarts nie. Dis nie die regering of politiek wat moet regkom en ons nasie uit ellende moet red nie. Dis net ons God wat seker ook dieselfde God is in die Christengeloof as in sommige van die ander gelowe. Kom ons soek die Here, want Hy kan nie wag om ons te bevry van ons sondelaste nie. Hy’t die prys klaar betaal. Ons hoef net in Hom te glo en te bely en Hy sal ons genade gee en ons vry maak. Die mens is God se skepping en Hy het ons innig lief.

Sal die mense wat rate teen weeluise gegee het dit asseblief weer instuur. Dankie.

“Mayor of Keetmanshoop and councillors, please note that there are those of us who can see the positive developmental movements in the town within less than a year”. Kyk net op die Here en vergeet van die negatiewe skindertonge. Hulle vrot van afgunstige geeste. Kyk na een van julle senior bestuurders, want dis hy wat die raad se vertroulike resolusies op straat rondstrooi (sies man) wat moet die dames dan doen. Ek glo dat julle ook die werkers wat in die “shops” rond kuier, sal aanvat en dankie dat julle ’n verligting met die huise se pryse gebring het, veral met die skokkende erfpryse.

Sommige onderwysers maak en of dink dat hulle hul private tyd gebruik om leerlinge te help met ekstra klasse en naskoolse aktiwiteite en dan kla hulle ook nog dat hulle nie oortyd betaal word vir die moeite nie. Hul vergeet blykbaar dat dit hul werk is om ten minste 26 ure klas te gee en die ander 14 ure moet hulle opdeel tussen merk en naskoolse aktiwiteite per week. Hulle moet net leer om te beplan. In die private sektor gaan werk mens Saterdae en soms Sondae ook net om seker te maak al die werk is gedoen waarvoor jy betaal word. Dis net reg of weg.

Hoe werk dinge by St. Mary’s-hospitaal? ’n Werker daar loop in haar bra rond. As jy oggendure by hospitaal gaan, sien jy haar. Is daar nie reëls nie? Dit lyk tog lelik!

Ministry of finance, I keep getting SMSs: "Dear taxpayer, FIN . . . as at 31.19.2016 you have outstanding prov tax returns for period 2017/01. If already submitted please ignore this message", although submitted? This message is a contradiction in itself, don’t you know what’s going on in your ministry? Also, I find it impossible that you conduct official business per SMS!

Dit wil voorkom of die adjunkspeaker, me. Loide Kasingo, te veel SA nuus kyk. Ons het regtig nie dieselfde onvolwasse, onbevoegde en partydige optrede in die Nasionale Vergadering nodig nie. Onthou, dit is nie net ons wat nuus kyk nie. Moenie dit wat die president wil bereik, ''n bespotting van maak nie.

Kan iemand my raad gee oor hare wat sommer net afbreek sonder enige rede?

Mooi so, mooi so Gobabis-polisie. Ek het die naweek gesien hoe hard julle werk. Hou so aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!