SMS'e vir 2 November 2017
“...bewusteloos kan wees.”
Meneer Ombudsman. Dit is 'n vieslike skande dat u kantoor nou eers reageer. Hoeveel mense in hierdie land se opslaanhuise is nie al omgestoot nie? Ek daag u uit: Gee ons die statistiek oor klagtes wat deur u kantoor ondersoek is. Ek is reguit, u kantoor en daardie ander pophuis (ACC) beteken bokkerol vir hierdie land se mense. Ruk asseblief u kantoor reg. - Basterbul
Van mediaberigte en belewenisse by diensleweringspunte kan afgelei word dat gesondheidsdienste bewusteloos kan wees. So kan dié wat bedank, verskuif is en/of afgetree het hulp van buite verleen?
Waar toekomstige leiers in Namibië vandaan moet kom, is 'n groot ope vraag! Sal ons mense padlangs moet optel om te lei? Onderwys is in sy glorie. Is daar dan nie iemand beter om onderwys te red nie?
Huishulpe: Ek kry my werker vreeslik jammer. Na 15 jaar is sy nou werkloos oor die belaglike instelling wat nou deur die ministerie gemaak is. En sy gaan beslis nie die enigste een wees nie.
Government houses sold way below market price, who to? Cronies? Wonder whether those houses still belong to those buyers or whether it is a scam and sold again for market price to make a killing?
Ministerie oor vereistes vir huishulpe. Wie het dit uitgedink? Julle het 'n groot fout begaan. Werkloosheid gaan nou sy tol eis. My werker van 11 jaar sal maar moet gaan. Ek sal self my huiswerk doen. Hy is baie ongelukkig oor die groot verandering in sy lewe. Maar dis mos maar so.
Ministerie! Die eerste ding wat my werker vir my sê, is: "Au! Nou gaan ek nie meer lekker lewe, want ek het nie meer werk nie."
Waar kom die beestelike gedrag vandaan om dit waarin jy nie belang het nie, hou van en nie mee saamstem nie, eerder te vernietig, verbrand of te verwoes? Daar moet navorsing gedoen word om te bepaal wie dit is en waar wat skeefgeloop het en wanneer? - Zig Zagge
Dankie aan Boet F vir die pad se skraap. Dit doen goed aan ons karre. Aranos-dorpsraad, trek julle sokkies op. Julle paaie is pateties.
Watter regte het sommige mense in Hoachanas wat ander mense nie het nie? Sommiges kan sonder lisensies ry en ook met karre wat onpadwaardig, asook onder die invloed van drank. Die plek het onbevoegde en korrupte polisie wat maak soos hulle wil. Kyk asseblief hierna!
Wat het DTA vir Namibiërs gedoen? En dit is nie skool, kliniek of pensioen vir ouma en oupa nie. Karre gekoop, net vir DTA-ondersteuners, terwyl Swapo vir almal is.
Wil net noem. Die pad tussen Rehoboth en Rietoog is 'n gemors en dit word net slegter. Help asseblief.
Groot probleem! Waarom is die invoer van sekere medisyne wat uit Suid-Afrika ingevoer word (vir baie jare) skielik gestop? Ons hondjie moet daagliks 'n kapsule kry, anders gaan dit baie sleg met haar. Moet al die afhanklike diere nou sterf oor die dom besluit? Of gaan dit oor buitelandse valuta? Kan iemand verduidelik?
DStv: Pensioenaris kan nie slaap, bankrot. Kan net sein betaal as pensioen op eerste van die maand uitbetaal. Kyk fliek (een wat jy darem nog nie 20 keer gesien het) drie-uur snags. Tjoeps! Sein weg halfpad deur. "You are not enabled"! Hoekom nie wag tot kantoorure om te sny? Eish. - Hentiesbaai
Wat is regtig so verkeerd met die dra, vertoon of simpatie met die ou Suid-Afrikaanse driekleurvlag dat dit so 'n erge taboe geword het? Mag die (duiwelsadvokaat) rede dalk wees dat dit die ou blanke nasie meer verteenwoordig, soos ook die Bybel? - SAP&H
SMS oor “The Donald”. U wens hy was ons president!? Hoekom gaan jy nie soontoe nie? Dis mense soos jy wat julle brood albei kante gebotter wil hê. Intussen is jy seker een van die bevoorregtes hier in Namibië!
Liewe Republikein. Mag julle iets positief sê oor Trump? Of is julle ook soos CNN se “talking heads” waar al vyf in 'n debat aan dieselfde kant is. Moenie julle lesers onderskat nie. Hy is nie as president verkies oor sy taalvernuf nie. Terloops, "really" het twee l'e. Ek sê maar net.
Elke liewe dag het CNN, BBC en ander nuus oor Donald Trump.(Oor die verkeerde redes!) Waar daar 'n rokie is, is daar 'n vuurtjie.
Kosmos 94.1, julle moet lekkerrrr 19 jaar verjaardag vier. Karin Eloff mag julle dalk nooi vir rooiwyn en spruitkoekies! - Louis
As daar iemand is wat ou broodpanne het wat u nie gebruik nie, help my asseblief met dit.
Kom ons bid saam sodat ons mooi land nie soos Zimbabwe sal wees nie. Here, help Zimbabwe dat hy soos Namibië sal wees.
Wel gedaan aan Republikein met die pienk voorblad! Die ondersteunende foto is in uitstekende smaak en breek 'n taboe wat borste as seksuele objekte beskou wat weggesteek moet word.
Ons wil tog graag iets onder Cimbebasia se aandag bring of onder die publiek se aandag bring en dit is dat kinders oor mure klim van ander mense en dan met 'n skerp voor werp die hondjies doodslaan.
Estelle de Bruyn se snedige opmerkings oor Donald Trump is ongevraag en uiters onsensitief. Uiteindelik word daar weer in die Withuis gebid. Hy het moontlik teen hierdie tyd die lewens van miljoene ongebore babas gered. Ja, hy het seker sy foute, maar kom ons bid liefs vir hom en die Amerikaanse volk.
A Namibian Comic Book: Waar is dit beskikbaar?
Ek, Eddie en Linda sing by die Legoon 24 Desember 2017 en weer 31 Desember 2017. Ons begin van 20h00 tot 08h00 en Nuwe Jaar tree ons op van 18h30 tot 08h30.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie