SMS'e vir 2 November 2018
SMS'e vir 2 November 2018

SMS'e vir 2 November 2018

". . .'n 2de fase lieg. . ."
Mandy Rittmann
Hanse-Himarwa se saak ken ons almal, dat sy haar “powers” as "governor" gebruik het en haar skuldig gemaak het aan korrupsie, maar dan weet ons ook sy sal onskuldig gekry word. Gewetenloos.

Wat het die onafhanklike ondersoek van die Teenkorrupsiekommissie ontdek na hulle ondersoek in die Hardapstreek? Is lede van ’n sekere familie bevoordeel ten koste van ander kandidate en het laasgenoemde wel twee maande later huisvesting gekry? Die feite bevestig tog seker die klaer se probleem en die omvang daarvan. Nou wie is dan die skuldige?

Ons wonder steeds wat het geword van die ondersoek teen die vorige hoof van die dwelmeenheid in Windhoek?

Our Government intends to get an expert from Kenya to revive flower and crop production at Ongombo West resettlement farm! Government are you really serious with the inhabitants of the Land of the Brave? Are you telling us that you can’t get an expert or a suitable person to take up that challenge? Etse! - Yster of Omaruru

Regtig, Antie Sophia! Aupindi moet betaal! Dit is hoekom die regerig bankkrot is, want almal kom weg daarmee. Steel en steel en jy kan maar gaan? Is dit hoe julle ons land tot in die afgrond in wil bestuur?

Engelhardt Nawatiseb, jou retoriek gelewer teenoor mnr. Venaani is louter onsin. Jy nes jou mede-kamerade is nie daar op meriete nie, maar bloot omdat jy ’n "yes man" is van ’n party wat binne 28 jaar Namibië bankrot gemaak het. So shut the Swapo up! - Leë blik

Kan ons nie in Namibië ook gereeld advertensies van die Rastafariër Vereniging (RV) oor dagga hoor nie? Hoekom net van die Namibiese Bierbrouery (NB)? Dit is dan beide ’n pa slaat vir ma lekkerny uit dieselfde resepteboek? - SAP&H

Namibië, ek wil u vra, as u kind ’n geestelike probleem het en u weet daarvan, maak ’n plan dat u nie later sê ek is jammer die kind het van kleins af ’n gees gesien en nou is hy so nie. Eto, julle!

Unqualified instructors. Creating new faculties at NUST is not the way to go. A more practical approach is needed. Almost 2 998 Instructors lacks industry experience. Get your industry on board, they are the end users of the VTC’s products.

Met alle diep geheime van Swapo-party wat ontbloot word, besef mens dat dit net nie oor politiek gaan nie, maar die enjinkamer is een magsblok van bedrywighede. Dit gaan nie soseer oor Swapo se gewone mens met ’n Swapo T-hemp, kep of vlag nie wat nog glo aan die leuens vertel van ’n 2de fase lieg van finansiële vryheid, wat nooit in die Swapo-regering se tyd sal realiseer nie. Alle opposisie is willens en wetens afgegradeer tot net luisteraars. ’n Swapo-staat met verreikende gevolge is die toekoms op hande, ons is gedoem! – Namalander

Diegene wat weet, weet mos dat die bekende Mafia-families restaurante en winkels as ’n front bedryf het om hul misdade en sindikate te versteek. Om die bedrywe te versluier van dwelms vervaardig, moorde beplan en politici en die gereg aan hul kant te kry of uit te skakel. In vandag se wêreld bespeur mens dieselfde tendens by regerings wat hul eie landsadminstrasies skaak en "capture" om algehele mag te bekom, ten einde hulself te verryk ten koste van hul mense se bestaan. Dit word net baie gesofistikeerd uitgevoer om ’n klimaat te skep waarin als van buite normaal voorkom. Suider-Afrika is geen uitsondering. Die skrif is teen die muur. – Axaro

Wil net weet, of ek reg is? Groot-Aub vanaf 19:00 in die aand tot 7 uur die volgende dag word daar sand gelaai onwettig? Is die "councillor" ook tesame daarmee?

My mense, ek is desperaat en soek raad asseblief! Ek het ’n vriendin in Rehoboth wat al 37 jaar by Rehoboth is. Sy het ’n goeie man en kinders, maar het ’n verskriklike probleem. Sy is gevang deur ’n FB man wat al meer as 500 duisend rand uit haar het en sy sien niks verkeerd daarin. Sy vertel my sy wil haar pensioen los kry, al moet sy bedank om nog geld te stuur, want sy glo alles wat die swendelaar haar vertel. Asseblief mense, dit is ’n noodkreet, wat kan ek tog doen voor sy alles verloor? Van ’n baie, baie desperate vriendin.

Ons verlang jou Magdalena Damases. Bel my as jy dalk hierdie lees. 081 214 2331 – Rita

Geagte leser. Gee tog raad vir ’n eelt tussen toon. Wil net nie gesond word nie. Asseblief help, dit is pynlik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!