SMS'e vir 2 November 2020
SMS'e vir 2 November 2020

SMS'e vir 2 November 2020

"...op julle harte dra..."
Mandy Rittmann
Die Doeane en die YWCA skenking wat verdag voorkom. Kan dit nie maar net uitgedeel word aan die mense soos dit aanvanklik bedoel is nie. Natuurlik eers nadat daar behoorlik voorraadopname gedoen is, om almal se eerlikheid te bevestig veral nadat ’n vorige besending voete gekry het na beslaglegging.

Geagte Swapo party leierskap toevertrou aan die Hardap Streek. Julle besluit is ’n bewys, dat julle die party se belange nie op julle harte dra nie, hoe op aarde kan julle vir Katrina as ’n hoofspreuker gebruik gedurende die campaign tyd. Sy het dan bygedra tot die party se ondergang. Wie op aarde wil haar gaan luister, begin doen dinge reg. Bekommerde Swapo party lid, Hardap streek.

Die geskiedenis, trots en waardigheid van Keetmanshoop sal vir ewig verlore wees as Swapo die verkiesing wen. Swapo het eenvoudig besluit Oshakati se mense moet nou vir Keetmanshoop bestuur. Dit is regtig ‘n baie groot skande vir die Swapo-lede in die Suide dat net Oshiwambo-sprekende mense beskikbaar is om Swapo op alle gebiede te verteenwoordig. En in Engels vir die wat dalk nie Afrikaans magtig is nie: It is simply shocking that over 70% of Swapo candidates for Keetmanshoop local government elections are Oshiwambo speaking. Does this mean there are no longer Nama speaking and Afrikaans speaking Namibians in the Southern Branch of Swapo? This is very disturbing and disrespectful towards Southerners.

Kan Keetmanshoop munisipaliteit asb. die publiek inlig wanneer en of die swembad ooit weer gaan oopmaak. Daar is ook voltyds ‘n munisipale werker by die swembad selfs deur die wintermaande en ook wanneer dit nie ingebruik is nie. Is dit dalk vir instandhoudingsdoeleindes of maak hy maar net heeldag gras nat?

Wat ‘n sirkusbegrafnis was ek Saterdag by gewees. Dit gaan meer oor die saal en kleredrag. Die pastoor kan ook nie ‘n preek bring as hy nie ander gelowe kan kritiseer nie. Ons gaan om ‘n boodskap van God te kry, maar nee. Ek voel so leeg toe ek daar uitkom. Daar is ‘n tyd vir alles en sekere boodskappe. Hou net op met veroordeling, pastoor, of soek jy ander gemeente?

Die bestuurder van Agra Tsumeb, mnr. Richard du Preez, is die beste bestuurder wat ek ooit in my lewe ontmoet het. As ons net 20 Richards het in ons land, sal hierdie land van ons die beste wees in Afrika. Mag die Here vir hom en sy span seën. - Pastoor Edward Amadhila van Tov Poultry farm Tsumeb

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!