SMS'e vir 2 September 2016
“. . . dink hulle kan doen net wat hulle wil . . .”
Otjiwarongo-staatshospitaal se personeel sit in die tronk weens bedrog van geld. Vyftien van hulle. Skande.
Mr President, act on your promise to eradicate corruption. How can we kill corruption if the ACC itself is corrupt in that the director general of the ACC can decide which high profile cases will be investigated and which to block?
Daar is steeds Afrika-leiers wat dink hulle kan doen net wat hulle wil en as hulle uitgevang word, baklei hulle dit was nie hulle nie. Ongelukkig ly daardie hele land se mense onder hulle oningeligte besluite.
Ai, die onderwysers gaan aan oor verhoging. Ons “cleaners” wat ’n druppel kry, moet maar net tevrede wees. NANTU, we, the cleaners, will never own a house. Please look at our salaries.
Wil net weet wie het die borgtog van N$800 vir struggle kids betaal toe hulle vir ’n bok ge-“struggle” het?
Ae ae.
Mense moenie dink ons boere en besigheidsmense is te lui of onkundig nie. Produksiekostes is hemelhoog en reënval is ook min. Dan is die land nog onderontwikkel, so buitelanders sal maar weinig kom belê.
Die 4-rigtingstop in Libertina Amathila en Moses Garoeb is ’n klug. NIEMAND (behalwe ’n handvol mense) stop daar nie. Dieselfde by stop by Theo Ben Gurirab-/Tobias Hainyekostraat, veral as mens by die veearts uitkom. Nie eens “traffic control”-bestuurders doen dit en met sel aan hul oor en sonder sitplekgordel! Is jammer daar gebeur nie elke dag ’n ongeluk nie. Miskien word robots of kameras dan opgerig. Nog beter – verwyder ALLE verkeerstekens. Niemand steur hul tog daaraan nie.
My hoogste salaris ooit. Ek is afgedank deur my werkgewer en terwyl die saak moet wag om verhoor te word, is my salaris gestop. Sommige moeders by SOS Kinderoord met wie ek die afgelope 4 jaar saamwerk, het van hul karige salaris ’n paar dollar afgeknyp, bymekaar gesit en vir my geskenk. Ek kan net met ’n dankbare hart sê dat dit die hoogste salaris was wat ek al verdien het. Baie dankie vir die pragtige en menslike gebaar.
So, inwoners van Rehoboth moet glad nie dissiplinêre stappe teen die dorpsraad verwag nie. Rêrig, mnr. Uirab! Hoekom was jy die een wat by ’n vorige raadsvergadering voorgestel het dat die publiek die vergadering moes verlaat? Wat was daar wat die inwoners nie mag gehoor het nie? En terwyl feitlik alle huishouding koopmeters (elektries) het, waar kom NamPower se skuld vandaan?
Jo-Maré, jy verdien vlerke met Dinsdag se Sê maar net. Dankie. – Norman
“Min. of Works”! Hoekom moet mense wat nog op probasietydperk is en nog nie eens ’n jaar werk nie, verlof kry twee tot drie keer in ’n jaar, en dan nog die voorreg hê om “transfer” te kry na ’n ander plek met bevorderingposte? Ek verstaan nie, regtig.
Aangesien als in RHB net “down the drain” gaan, is ek bly om te sien RTC het nou iemand wat sy werk ken en dit doen! Droë strate sonder stink water! Knap gedaan grootman. Doen so voort!
Ek wil die persoon wat in 31-8-2016 se Republikein vra dat biskop en kerkraad van ELCRN wat julle pastoor geskors het hom weer moet instel, vra wat het die betrokke pastoor gemaak dat hy geskors is en is die saak teen hom klaar ondersoek? Die pastore moet leer om hul werk reg te doen, dan sal hulle nie so geskors word nie.
Way to go justice system! You are actually promoting/encouraging rhino horn smuggling by fining Chinese smuggler who admitted guilt only N$40 000 for smuggling rhino horn. Pleading guilty means that he KNEW he was acting unlawfully and did it anyway. The only deterrent is long jail sentences!
//Goa -!Haob moet net gekanselleer word, want dis net ’n gesuipery en alles.
Baie dankie vir Namas van Botswana en die Tswanas vir hulle vriendelikheid. Ek het baie geniet vir die 5 dae wat Namibië se Namas met hulle kaptein Hanse saam gekuier het. Dit was baie mooi dinge wat ons gaan gesien het.
Ja, ek stem saam met dié wat oor Gibeon se dorp kla. Ek sit met kragprobleem van laasjaar af, nog geen kragmeters tot nou toe nie.
Ek wil die personeel van Mediclinic ICU en Saal C bedank vir hul professionele, vriendelike en onbaatsugtige diens. Julle is die beste. Die susters van die dialise-sentrum was vriendelik en baie simpatiek met my seun Julian. Weer eens baie dankie.
– Agnes de Waldt
Ek wil ---aan die leser sê wat die foto’s ingestuur het van Rehoboth wat so vuil is, sê jy kan mos nie by die kuile-gedeelte onse vullis loop soek nie. Jy het taamlik diep gesoek om ons te wil verneder. Jy was nie ’n verbyryer nie. Ons ken Rehoboth se gate. Wat het jy by daai spesifieke plek loop soek?
Grondpaaie in die Omaruru-distrik is in ’n haglike en onaanvaarbare toestand. Hoe wil ons toerisme bevorder met so ’n gemors van paaie?
“United Nations” moet almal om die tafel laat sit het om te teken. Toe vertrou hulle net een groep en is daar waar hulle die grootse fout gemaak het. Nou moet dié wat nie teenwoordig was nie, die saak appelleer en terug gaan tafel toe.
Jy wat probleem het met Mukorob, jy is ’n lafaard. “Face die probleem” in die ouervergadering wat op 14 September gehou word. Mukorob is die topskool.
Verskillende inligting word deur die media aan ons bekend gemaak, maar as landsburger moet ek erken dat ’n mens met afgryse, vrees en skok vervul word as jy bewus word van die afgrond waarin ons pragtige land besig is om af te stort en slegs een woord kan dit beskryf: onbevoegdheid. My boodskap aan jou wat jou skuldig maak hieraan is: Daar kom ’n dag wat die Koning van al die konings en hooggeplaastes sal verskyn as Regter en elke oog Hom sal sien om rekenskap te eis van die wat verantwoordelikheid gegee is om te kan heers. Mag God jou genade gee dat jou antwoord vir hierdie Koning bevredigend gaan wees. Ja . . . ook jy, leier van ’n volk en nasie, mag God jou genadig wees, want die volk lei onder verdrukking op verskeie maniere, noem maar op. Trek die skoen aan as dit jou pas.
Ons Yorky, ’n reunhondjie, is ’n week lank weg in Windhoek-Wes, Rossstraat. Hy is ongeveer 2 jaar oud. Hy reageer op die naam Pepper. Sy kleur is swart en bruin en sy hare is op die oomblik kort geskeer. Ons het op verskeie plekke ’n foto van hom met besonderhede opgeplak. Indien iemand hom gewaar, kan u ons kontak by 081 122 2074 of 081 296 2428. Die familie is in trane en sal baie bly wees as ons hom kan terugkry. Baie dankie vir u samewerking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie