SMS'e vir 20 Augustus 2020
". . . wet en orde . . ."
"Geel kamaras word wit olifant". Sies, word julle nie skaam nie? Moet die meerderheid wat ’n tender kry in ’n skandaal betrokke raak? Het ons mense geen skaamte nie? Sies vir julle.
Ek sien bestuurslede en gewone lede van sokkerklubs handel sommer direk met die Namibiese Sportkommissie. Gedurig verander die reëls of werk jy nie meer deur die moederliggaam nie? Rugby moes altyd bakhand staan.
Is daar nog wet en orde in hierdie land, veral in Okahandja die puindorp? Die grondgrype neem ongekende afmetings aan, veral in die deel van Okahandja noord van die lughawe en wes van die Gross Barmen-teerpad. Sover soos hulle gaan, veroorsaak mense veldbrande met geen ontsag vir mens of dier nie. Hoe kry mens dit in hulle haarspanne dat daar nog basiese standaarde in hierdie land bestaan?
Wat help die aandklokreël nou eintlik? Net mooi boggerol as mens na syfers kyk.
Ek het gesê dit is ’n skande dat dit voorbladnuus is. Anyhow, ek sal nie weer vir diere bydra nie. Bye.
Ek kan nie verstaan wat die dame bedoel met ’n stigma wat aan Covid kleef nie. Is dit ’n skande om ’n kiem in te asem?
The devil often hides behind the Bible.
Maak net seker hoeveel beddens jou kamer het wat jy op NWR se spesiale N$600-aanbieding bespreek in Etosha. Ons groep het drie kamers bespreek met hopelik vier beddens elk en skielik sit ses kinders sonder beddens, want ons het net twee per kamer gekry. Ons het iets iewers gemis. – Dries
Gebruik lewertraanpille vir aambeie.
Is dit normaal dat DStv-kanale behalwe nuus op ’n rotasiebasis herhaal word? Joernaliste is moontlik geboei. Nelius Becker is in die kiem gesmoor, Noa het nie kontrak, wie sal ondersoek of is dit nog net die verloop van sake?
MTC en Taamba! Waar gaan die kontantkrediet van ’n mens nadat ’n mens Aweh gemaak het. Krediet gaan net weg, terwyl daar nog Aweh en T49 op is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie