SMS'e vir 20 Desember 2018
". . .stop die wurggreep . . ."
Swembaddens toe. Geen wonder nie. CoW word ook soos die Nasionale Sokkerverenigings soos 'n sjebeen bestuur.
Swembaddens: Die manne wat staak, is plein selfsugtig en gierig. Uiteraard sit julle rond by die brandweerstasie en wag vir aksie.
Keetmanshoop-munisipaliteit, stop die wurggreep met die hoë kragrekeninge. Deur die jaar was my rekening rondom N$600, maar kom Desember, dan styg dit na N$1 000. Dit is nou die derde jaar dat dit net in Desembermaand gebeur. Ek is 'n pensioenaris en het koopkrag. Stop die geldstelery. Julle het alewig geen idee wat verkeerd gegaan het nie en doen ook niks om dit reg te stel nie.
Keetmanshoop is seker van die warmste dorpe in ons land en weereens is die munisipale swembad gesluit. Parke in die dorp is vuil, onversorg en nie veilig vir kinders nie. Wat doen die parke-amptenaar die hele jaar deur? Maak 'n plan met die slim en ledige man, meneer CEO.
Werkgewers neem kennis. Die wet bepaal as jy vir jou werkers nie Social Security of versekering het vir enige beserings aan diens nie, moet jy maar self die verantwoordelikheid aanvaar om jou maatskappy teen siviele eise te beskerm. Jy sal dan alle koste verbonde aan die eis moet dra.
Wil net graag uitvind oor onderhoud. Dit is al vyf jaar wat die man geen onderhoud betaal. Ek was al by die polisie en magistraat, dan is papiere weg of nie daar nie. Ek werk ook nie as gevolg van gesondheidsredes. Ek moet in ander se gesigte kyk om my kos te gee. Asseblief, waar kan ek raad vra, of 'n nommer kry. Dankie by voorbaat.
Denver Kisting, ek “love” jou pittige sêgoed en skrywes in die koerant. Jy kikker tog immers die besigheid op. Well done.
Jaaa . . . Ek stem 150 persent saam met jou! Die geraas met die wit helikopter elke dag oor Pionierspark is totaal respekloos. Watter loods bestuur die helikopter? Hulle families bly seker op Omeya of Finkenstein waar hulle nie las het van die geraas nie? Vlieg tog asseblief elke dag van Windhoek na Swakop oor die Khomas Hoogland waar nie mense bly nie. Ek sê vir jou, as ek 'n geweer gehad het, sal ek al lankal 'n skoot afgetrek het. Glo my!
Ons is dringend op soek na die telefoonnommer van die minister van gesondheid. Ek wil hom bel, asseblief. Mense, help ons. Ons kry nommers, dan bel ons, maar kom nie deur nie. Ons kan nie meer so lewe nie. Ons wil hê hy moet kom kyk wat hier aangaan. SMS sy nommer vir ons na Chris Grobler op Gibeon – 081 328 9706. Baie dankie.
Die hospitale se ICU-jassie wat aangetrek word, moet eintlik heet WCU, want almal het gesien hoe ek kaal van agter lyk! - Odjob
Aan die verpleegpersoneel van Lady Pohamba Private Hospitaal. Baie dankie!
Platt-familie, veral Joos Platt. My innige meegevoel met die heengaan van jul grootmoeder. Julle is in ons gebede. VGK Khomasdal het 'n waardevolle lid verloor.
Hier in Usakos is 'n dame wat honde teel om te verkoop. Sy gebruik al die honde om onder mekaar te teel. Is dit reg? In die aande word hul losgelaat. Kan die SPCA help asseblief. Nee, mens doen dit nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie