SMS'e vir 20 Februarie 2017

“Waar is al die vyande?”
Gerine Hoff
Stefan Mans is ’n held en dan’s hy nog sag op die oog ook! Weet iemand of die perd getroud is?

Begrotingbom vir verdediging: onder andere oprigting van basisse in Oluno, Mpacha, Keetmans, Gobabis, lugmagbasis in Karibib en moenie vergeet van die biljoene van die omstrede Denel "arms deal" nie. Ek wonder net WAAR IS AL DIE VYANDE vir wie ons bang is en dat ons soveel geld in "army" moet belê? Is daar nie baie dringender behoeftes in "education", gesondheid en mense wat nie lopende water of toilette het nie? "Government", kry jul prioriteite reg!

“Oornag ’n held”. Ek het daai video gecheck. Jissie, maar die Mans-ou het homself goed van sy taak gekwyt! Waar is hy ’n "mechanic" dat ons asseblief daar besigheid kan gaan doen? Dan sal ons ten minste ook veilig wees.

Jack Huang lyk of hy gewoond is aan lekker weglê. Sien hy’s bietjie dik in die gesig en om die lyf. In die tronk gaan hy nie sulke lekker kos kry nie.

Wat ’n verskriklike storie – die oudregter en die kinders en die drank. Skande dat ’n man van die gereg by so iets betrokke is! Wys jou net, niemand is heilig nie.

Dankie tog daai leeujag-advertensie is onttrek. Ons het so min van dié koningsdiere oor, en hoe sal mens dit nou in elk geval oor jou hart kry om so ’n "majestic" dier dood te skiet?

Padwerke is goed op dreef, ja, want mens kan nêrens ry nie.

Hoe is dit moontlik dat Theunis Engelbrecht in so baie "movies" was, maar niemand weet wie hy is nie?

Ek lees in Vrydag se “20 jaar gelede” dat die sluise van die Hardapdam in Februarie 1997 reeds verskeie kere getrek was. Hierdie jaar nog nie eers een keer nie. Ek dink nie mense besef hoe kritiek ons watersituasie is nie.

"Nam on military watch-list" (Sun 17/2): Hoe is dit moontlik in ’n tyd van besnoeiing, dat ons 4% van ons BBP aan verdediging spandeer? Dit is ’n skande! En ons lewe in vrede. Geen wonder Sipri hou ons met ’n valkoog dop nie. . .

Hou asseblief die ou tyd. Ons pendelaars se lewe is in gevaar as ons in die donkerte huis toe moet ry.

FNB kla oor die “min” geld wat hulle gemaak het. Ja, kla met die witbrood onder die arm.

Ek stem saam, genoeg is genoeg. Kry almal bymekaar dat ons maar self ons geld gaan haal voor ons almal doodgaan. Hulle mors met ons, maar ons het nie ’n slapende God wat ons dien nie. Amen. Winston, skrik wakker! Ons soek ons geld terwyl ons nog lewe. Elsa, dankie dat jy jou bene af hardloop vir ons. Baie dankbaar dat jy jouself en lewe opoffer vir ons.

Grond: As jy die eienaar is van die land, sal jy die land opbou. As jy nie die eienaar is nie, sal jy die land afbreek. Gee grond terug.

Ek wil net vra: Rehoboth Town Council, wat het geword van ons saambou aansoeke van 2010-2012? En die oumenshuise in blok E, is hulle nou vir die jongspan of moet die oumense aansoek doen om daar te gaan bly?

Waterskilpaaie kom oral in Namibië voor: Bo-op Erongoberg, in die Etosha Nasionale Park, die Omarurudistrik, Hardapstreek, Kaokoland en by die Kunenerivier. By die watergate in Etosha vang hulle selfs duiwe en patryse. My pa en ek het desjare omtrent agt uit ’n droë rotskom heel bo in die Erongoberg gered. Maar o wee, die stank was iets ysliks! Hulle is óf so groot soos ’n papbord óf so klein soos ’n klein samboksalfblikkie. Groetnis, oom Peet

Okahandja for sale to elite, well-connected and Chinese? Did the government not pass a law prohibiting foreigners to buy industrial property some time ago? Does that exclude the well-connected, untouchable Chinese? Because they own Chinatown and a whole hill in Windhoek, 60% of luxury projecton of Geingob's farm, huge plot at new harbour extention in Walvis Bay (which they bought for peanuts and now want to sell back to government for many millions), many industrial erven in Okahandja and now the PwC investigation reveals many more dubious crooked huge land deals in Okahandja? Answers please!

Ons sien en hoor watter skandes en skades ryk mense oorkom. Mag dit ’n klokkie lui by andere om te besef dat God in beheer is en praat met sulke skades en skandes. Gee God al die lof en eer en deel liewer alles met die armes want ons is almal Sy mense.

TransNamib: Is daar in Namibië ’n blanke treindrywer met 30 jaar diens en meer? Wat is sy resep om soveel jare by dieselfde firma te werk terwyl anders opgee?

Die advertensie sê jy koop vier "tyres", maar betaal net vir drie. Bog man, jy betaal vir al vier, hulle stoot net die prys op. Of dalk is die vierde "tyre" die eerste een wat bars. Te goed om waar te wees.

Land issue and everybody DEMANDING their ancestral land. The fact is that the ONLY people who have any ancestral right are the Bushmen, who have been here for thousands of years, and are now the worst off. ALL other tribes moved or migrated down from northern or other parts of Africa and the world and settled down in Namibia displacing each other. So nobody but the Bushmen have any ancestral land! Also all screaming for land, ask what the Swapo government has done about this issue in the last 26 years they've been in power? Work for what you want to achieve. Stop demanding free handouts!

Dis nogal snaaks dat Kim Jong-nam moontlik deur twee vrouens vermoor is. Vrouens is nie heilig nie, maar ek wonder nou hoekom dié vrouens bereid sou wees om dit te doen. Moes vir vreeslik baie geld gewees het.

So, dis droogte, wurms, te min plaagdoder, hongersnood, moord, doodslag, korrupsie, mal presidente en immigrantekrisisse galore. Waarheen gaan die wêreld? Wat het ons gedoen om dit te verdien? Wanneer gaan die mensdom wakker skrik en besef alles sal regkom as mense wat baie het net bereid is om hul geld en rykdom met die armes te deel? Dan kan mens sommer jou eie plaagdoder maak, kos koop, rustig wees en niemand vermoor nie, en na ’n plek toe trek waar korrupte president nie bestaan nie. Bestaan so ’n plek?

Weet iemand dalk waar ek "broekie lace" kan koop? Skakel my by 081 287 4424 of SMS asb.

Kinders wat heeldag op hul selfone en rekenaars is, is hoekom so baie kinders deesdae oorgewig is. Wat het geword van buite speel?

Suidooster sepie op kykNET: Die Engelse onderskrifte moet liewers met Afrikaans vervang word. Oor die algemeen 'n swak draaiboek soos ook by Getroud met Rugby. Die akteurs moet soms oorspeel om iets daarvan te maak. kykNET moenie aanvaar ons moet programme kyk omdat dit in Afrikaans is nie. Ons betaal vir beter. As DStv nie die monopolie gehad het nie, sou dit beter wees? Van Wind(hoek)kyker

Kyk uit vir vrou met die naam naam Lei-Lani. Mollig en swart, lang hare. Sy kom met stories oor man wat dood is of kind. Kry swaar en honger. Doen als in die Here se naam. Sy lieg en steel jou geld. Ons het baie verloor. Madie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!