SMS'e vir 20 Februarie 2018
“. . .speel die bal. . .”
Mnre. Hopwood, Seibeb en Kamwanyah, julle praat nonsens! President Hage het van die begin af gesê speel die bal, nie die mens nie. Daardie mense het beskuldig, daarvoor moet hulle trek.
Kan jy dit glo? Rundu het ’n rivier tjok en blok vol water en hul water word afgesny. En wie “pay” hoog? Die Namibiese Watermaatskappy. Ons as inwoners van hierdie land word uitgeroei en het geen genutting van enige hulpbron. In Rehoboth gebeur dieselfde. NamWater is baas oor die dam en dis baie verkeerd. Hierdie water moet deur die dorp bestuur word en die inkomste uit die water moet vir die instandhouding van waterpype, krane, ens. Gebruik word. Net sekere mense kry al die voorregte en klomp geld vir klaar opgewerkte eiendomme wat hulle na onafhanklikheid oorgeneem het. Dis mos nie reg. En dis die reine waarheid.
Skokstatistieke oor veiligheidsgordels, Republikein 16 Februarie 2018. Sal graag wil hoor van motorvervaardigers hoekom voertuie wat hul verkoop nie toegerus is met kinderveiligheidsgordels nie. Hoekom dit opsioneel maak? Voertuigpryse is alreeds so hoog. Hoekom nie ’n wetlike vereiste nie?
Republikein 16 Februarie 2018: Dit gaan my verstand te bowe dat die “Ministry of Defence” ’n plaas koop van N$45 miljoen, maar die “Ministry of Health” het nie eers geld vir basiese mediese benodigdhede nie. Waarheen is ons land op pad? - AS
Nywerhede na dorpe soos Rehoboth en Okahandja: U het nie gedink voor u hierdie boodskap geplaas het nie. Wat van ons ondergrondse waterbronne en wil jy nou die Basters op jou “kys” hê, of is jy nie ’n Baster nie? Los ons uit, ons bly goed in vrede.
Wonder nou net. Ons het Laurent Kabila-straat en Robert Mugabe-straat. Wanneer kry ons vir Jacob Zuma-straat?
“August Maletzky 2 5 million fraud”: Mens kry net 99 kanse. Hoeveel mense, mans en vroue is al ingeloop, vernaam arme vrouens aan wie hy voorgee hy is ’n “laywer”? Stuur hul later in trane na “Chamber of Law”. Weet hoeveel al daar kom huil het. Almal kan nou sake teen hom lê, met bewyse. August, onthou, jy het ook familie. Moenie mense inloop nie, almal werk hard vir hul geld.
Laat Munisipaliteit Karibib asseblief vir die huise wat hulle moet bou mooi dakke opsit, nie soos die van die kerkgebou nie. Rêrig, is lelik!
Om elke draai in Windhoek is daar nou ’n kerkgebou. Hoekom is daar so baie dwelms in Windhoek, wat die kinders so vernietig?
Sterkte en vasbyt, Cameron McNab! Ek ken jou nie, maar hoop jy sal gou weer verteenwoordigende rugby speel. - Frikkie
Ek lees die SMS oor Reggie. Vind dit vreemd. Hy was sy lewe lank ’n politieke swerwer. Was al in alle politieke partye van die land. Geen standvastigheid. Hy is altyd in die wenspan. Wonder of sy motiewe rein is.
Ek word al die afgelope 12 jaar geteister deur ouers en kinders van Asblomstraat, Donkerhoek. Vir wie die skoen pas, trek dit aan. Gaan kla ek die kinders by die ouers aan, dan word ek gruwelik gevloek en kinders word aangehits om my te teister. My huis se dak is al voos gegooi met die klippe, vier van my huis se ruite is al stukkend gegooi en hul weier volstrek om my ruite reg te maak. Kinders word gestuur om reg voor my deur teen my heining bal te skop, dan vertel ouers my dit is munisipale area, hulle kan mors soos hulle wil. Ek het al by verskeie instansies gaan kla, maar daar word net nie teen ouers en kinders opgetree nie. Sondag word ek weer geteister van ’n kind om en by 10/12 jaar oud. Aan weerskante van my huis is bome geplant, hy trek die takke af dan gooi hy dit op die sy paadjie voor my deur en binne my erf en bestook ook my huis met guavas. Ek het hom deur my venster dopgehou. As daar iemand is wat my van raad kan bedien, laat weet gerus in Donderdag se koerant. Dankie.
Rehoboth Basters: Julle is van die trotste en hardwerkendste mense in ons land. Maak asseblief plan met hoe Rehoboth lyk. Selfs die skoolhoofde kan inspring en help deur die kinders opruimingswerk te laat doen. Die dorp lyk soos ’n ashoop, veral vir reisigers vanaf die suidekant.
Ek kan nog mooi onthou toe juffrou Natasha en haar span die Coca Cola-kompetisie “live” op NBC TV aangebied het. Die inskrywingsvorms is landwyd by versamelingspunte in houers geplaas en na Windhoek gebring waar alle deelnemers ’n gelyke kans, dwars oor die land, gegun is om te wen. Die manier van aanbieding en trekking was ’n plesier, alhoewel ek nooit gewen het nie. In nou se SMS-kompetisie gaan pryse net na sekeres? Agter die skerms hang ’n hengse vraagteken! – Verkyker
Rukoro se eerste naam is Reinhard, dit is Duits! Dit blyk hy is skaam daaroor, hoekom?
Do black lives matter in Israel? Do black lives matter where these migrants come from? Isn’t the problem the leaders in these countries as well as the people who just keep increasing? This is why there is so much poverty and no opportunities.
Vir ’n maagsweer. Drink elke aand 1 tot whisky in ’n glas met melk.
Raad vir maagswere: Eet ’n halwe teelepel Zambuk, daagliks.
Benodig ou koerante. - Savannah Bach, 081 147 5700

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie