SMS'e vir 20 Februarie 2020
SMS'e vir 20 Februarie 2020

SMS'e vir 20 Februarie 2020

". . . gewoond aan groot geld . . ."
Mandy Rittmann
Hoe kan daar in vandag se koerant gesê word "Diepsee-tragedie afgeweer" terwyl die Kaptein van die boot (dalk) omgekom het. Mens wonder ook oor die gehalte van die onderhoud as ’n boot se rompplate in kalm water sommer net losspring?

Die berig oor die hondjie wie se ore af gesny was in Walvisbaai is tog bog. Inspekteur, kan jy sien dat die hond se ore half is? Arme hond! Dit is nie ’n tradisionele praktyk vir genesing nie. Indien iemand dit vir jou gesê het, stel ek voor jy gaan doen naslaan werk hoekom die spesifieke honde se ore gesny word en ek is 200% teen die gemors. Dis onmenslik!

Almal weet die enigste rede hoekom CoW Paratus se dienste wil kaap, is omdat dit ’n boetie-boetie korrupsiespul is. Iemand se broer of neef gaan die kontrak kry. CoW kan nie eers ’n pyp of verkeerslig herstel nie, wat nog van hoogs intelligente werk soos die? Stupidity rules!

Paspoort. As my handtekening effens verskil van my handtekening op my ID, wat ek 25 jaar gelede uitgeneem het, is dit genoeg rede vir Home Affairs om my weg te wys by die aansoek van ’n nuwe paspoort? As mens ouer word, kan jou handtekening ook mos bietjie verander. Ek is aanbeveel om ’n nuwe ID te kry.

Spreuke 24:25 – 26: ’n Regter wat ’n skuldige onskuldig verklaar, sal deur die hele bevolking vervloek word (deur almal verwens word), maar met regters wat regverdig straf, sal dit goed gaan; hulle sal geseën word met voorspoed.

Namibiërs is gewoond aan groot geld. ’n Kennis van my kla nou die dag oor sy netto salaris van (net) N$60 000 (sestig duisend) per maand. Ek het net geluister, baie gedink, maar niks gesê. Mense wat bo ingehelp was, het geen idee van heel onder begin en jouself opwerk boontoe nie. - SAP&H

N$1 300, wil maar net sê. Ons verwag nie ’n leefbare salaris van die government af nie. Ons verdien vêr meer as N$1 300. Ek het ook in die verlede belasting betaal. Wil net vir jou vra: Het jy al honger gaan slaap? Nou ja, ek het al. Jy het seker nie daardie geldjies nodig nie, daarom praat jy so. Die Here sê in Sy Woord vra en vir julle sal gegee word, daarom vra ons.

Dwelms, drank, depressie, dobbel en enige ander emosionele probleem waarmee jy sukkel, God kan dit oplos! Siele vir Jesus Restorasie-sentrum behandel jou seer, nie die probleem nie. Jy kan nie genees van ’n verslawing, voordat jou emosionele wond nie eers gesond gemaak is nie. Wil jy graag gehelp word, is die vraag. As jy gereed is, God is gereed. Kom skryf in as student en word gevoed met gesonde kos wat jou hele lewe sal verander. Kry ’n nuwe uitkyk oor die lewe. Kontak Past. Willem by 081 213 7088. God bless.

Munisipaliteit, sny asseblief die gras voor die Duitse kerk.

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A