SMS'e vir 20 Januarie 2022
SMS'e vir 20 Januarie 2022

SMS'e vir 20 Januarie 2022

"...'n bietjie sports..."
Mandy Rittmann
Geen ontgroening op skool? Watse patetiese kinders loop deesdae rond wat by mammie en pappie huil oor ’n bietjie sports wat met hulle aangevang word? Shame!

Moenie kwaad word nie. Dankie, wat ’n grap. Ja, wat ’n grap. Eers is Bybelkunde uit die skool, toe kom straf, watter vorm ook al uit die skool. Nou is julle oor ontgroening ook opgeskeep. Toe ek, ons 1968 se kinders, standerd 6 toe gaan, was ons ontgroen. Ek moes die sokkerveld met ’n tok-tok stok uitmeet. Die ouens het met ’n garingtou ’n koppiespeld in die gras vasgepen en moes ons wei. Daar was so baie dinge wat ons gedoen het. As ons seergekry het, was dit om jou man te maak. Ma, pa, los jou kind by die skool en neem verlief met kinders se dinge. Besef hierdie traan is net plesier.

Ontgroening van leerlinge is bisar en ongrondwetlik. Geeneen het die reg om andere te dehumaniseer en verkleineer of boelie en genot daaruit te put. Diesulkes het ’n verwronge sin vir humor. Hierdie manier van pret/vermaak waar kinders blootgestel word aan ’n soort van straf wat die goedkeuring wegdra van sommige personeel, hoort nie in ’n normale omgewing waar bullebakke uiting gee aan hul eie skewe innerlike manier van enjoyment. Ministry van Education, sit ’n stop aan die wandade asseblief. Wie ontgroen die ontgroeners? Kinders word van ouers gestuur vir onderrig nie na belhamels om mishandel te word.

Die persoon wat die SMS gestuur het oor die statitiek oor Covid-pasiënte (Dinsdag 18 Januarie 2022) maak hom of haar skuldig aan verspreiding van waninligting of sommer in boeretaal, leuens Hy of sy behoort aangekla te word.

Oningeënte mense se kans is ses keer meer om positief te toets vir Covid-19, agt keer meer om gehospitaliseer te word en veertien keer meer om te sterf aan Covid-verwante komplikasies (in die VSA). – WebMD

Covid-19-infeksies onder die oningeënte mense dryf hierdie pandemie, hospitalisasie en sterftes op ’n tydstip waar vaksienes ongelooflike beskerming kan bied.

Nee, hoe kan mense wat nie die ent gevat het nie ’n gevaar inhou vir diegene wat die ent gevat het? Dan help jou inenting mos nie? Of jy die ent gevat het of nie, Covid sal jy kry. As jy die ent gevat het, wees rustig en kom oor jouself.

Manie van Bethanie, jy is ’n ster. So baie lesers en luisteraars het dieselfde opsomming gemaak. Alles bly ’n raaisel en logika ontbreek.

Windhoek-munisipalitet het geen genade vir ouetehuise se mense nie. Water en krag vir ’n klein woonstel met ’n klein tuintjie kos maklik meer as N$1 000 per maand. Skandelik!

Dis nou al ’n geruime tyd dat ’n jong meisie bedel by die robot by OK Shopping Centre. Ek dink nie dis so ’n goeie ding nie. Is sy nie nog minderjarig nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!