SMS'e vir 20 Julie 2018
"...is nou in 'n gemors..."
Veels geluk Cota-koor dat jul die wêreldbeker vir kore gewen het.
Suid-Afrika en Namibië is nou in 'n gemors onder hulle huidige regerings. Onbevoeg bly maar onbevoeg, om 'n land te regeer. Wat 'n skande!
Baie geluk Cota! Jul prestasie en die euforie onder koorlede het my dag gemaak! Die hele Namibië is trots op julle. Baie geluk ook aan die CGals en St. Georges-kore. Groot prestasies! - Alet Marais
Agbare goewerneur van die Kunene. Ons bly in 'n baie roofdierbedreigde area en sukkel met toiletgeriewe. Daar is al opname gemaak, maar niks gebeur nie. Ons word ook laat verstaan dat daar nie geld is nie. In u onlangse besoek aan Khorixas blyk dit dat geld wel beskikbaar is, maar as gevolg van interne kantoorverskille moet ons maar die gevaar trotseer. Ek hoop u kan werk aan die probleem vir toilets in die plaaslike areas. Ek wens u alle sterkte toe om u doel te bereik in die streek.
Fatal crash at Ongwediva: Taxi was in left lane and allegedly made sudden turn to the right to attend to a customer. A common, very dangerous custom shooting from one lane to the other without warning if they spot a potential customer?
Julle wil net langer slaap van luiheid. Die snert wat julle kwytraak ter wille van die tydsverandering was 'n probleem toe dit destyds verander is en nou weer 'n probleem, omdat dit terug verander is. Raak gewoond aan die tyd en hou op kla!
Kan Rehoboth-dorpsraad asseblief iets doen aan die dreinwaters wat al jare so loop in die heel laaste straat van die skougronde. Siektes versprei en ons kan nie meer die stinkreuk uithou nie.
Royal Hotel: Straatmense het nou daar ingetrek, want "white house" is gesloop. Besighede in Ausspannplatz ly daaronder. Winkels word weekliks beskadig. Al aangemeld by polisie. Die sê net ons kan niks doen nie, want die eienaar is nie teenwoordig nie. Eienaars is glo Angolese en nie woonagtig in Namibië nie. Hoe kan stadsvaders dit duld? Bring ook waarde van die omgewing af. Iemand help asseblief!
SMS oor hoes, 18 Julie 2018: Jy wat so te kere gaan oor die hoes, al daardie kinders het warmklere aan en ouers het hulle van hoesstroop voorsien, maar dit is nog steeds 'n probleem. Bly stil as jy nie iets goed kan sê nie. Weet jy hoeveel kinders is op een dag afwesig in 'n klas?
Baie teleurgesteld oor wetstoepassing in verband met Rössing surplusuitspraak gelewer in die "Supreme Court". Ek wil graag weet hoekom ignoreer Rössing die uitspraak van die hof en die uitbetalings word nie gedoen volgens die hofuitspraak nie. Wag vir 'n antwoord van Rössing.
Graag wil ek my ongelukkigheid uitspreek oor die onregverdigheid van Rössing. Sekere mense kry groot bedrae, ander kry maar min, N$4 100. Hoe verstaan u die saak? Dan het hulle ook nie eens lang diensjare gewerk nie. Nou doen ek 'n beroep op almal wat die N$4 100 gekry het dat ons bymekaar kom en hierdie saak verder vat. Ek vra groot asseblief. Ons het die saak gewen, nou word ons so sleg behandel.
Swangerskap van skooldogters moet aandag kry, maar waar begin dit? Ma en pa moet antwoord. En hoe sit 'n swanger vroutjie langs 'n onskuldige kind in 'n klaskamer en waaroor gesels hulle? Swanger skoolvroutjies stel nie belang in skoolgaan nie. Of skep aparte skole vir hulle, en moenie onskuldige kinders vergiftig nie.
Derella is Vrydag die 13de Julie gebore. Ouma het hul uit die huis gesit en hul is toe weg na die huis van die baba se pa se ma, waar hul ook onwelkom was en uitgesit is. Barmhartige, vorige skoonsuster het hulle gevat, wat ook baie sukkel. Baba Derella het niks behalwe 'n kombers, nie eens 'n kous of 'n wessie nie. Sy is 'n oulike bondeltjie. Kan enige Samaritaan ter hulp wees? Kom kyk tog en help, groot asseblief! Wat nou gemaak met sulke oumas? Ons vra dus vir 'n pasgebore babadogtertjie ouklere en kombersies. Vat baba Derella se klein handjies en bel ons by 081 228 0989. Ouers werk nie.
Rugby-ouers moet nie kla nie. Ons wag nog vir atletiekdrag wat drie jaar gelede bestel en betaal is, uit ouers se sakke. Geen woord van NSSU af tot vandag.
Binne elke bejaarde skuil daar 'n jeugdige persoon wat wonder wat de swernoot het gebeur!
Republikein, julle mag maar die foto van die dames “Embrace your body” elke dag op die voorblad plaas. Pragtige, wild mooi, wild skone wild. Ek waarborg ons toerismesyfers gaan hemelhoog styg!
Ek is op soek na ou "solar" panele, wat u nie gebruik nie. Ek wil dit vir iemand skenk wat 'n behoefte het. U kan my skakel. - 081 842 2068
MultiChoice Windhoek. I would like to thank Ruusa at the call centre for her excellent service. You made my day. - Delicia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie