SMS'e vir 20 Junie 2017
SMS'e vir 20 Junie 2017

SMS'e vir 20 Junie 2017

“En ek bedoel hou so aan!”
Mandy Rittmann
Waar moet ons die regering betaal, ons wat nie deur die bank salarisse ontvang nie? Hoe moet ons maak? Asseblief tog, sê ons.

Stem saam met SMS in Republikein, Maandag 19 Junie oor busdrywers. Jy moet net padgee en rigting verander soos Stad Windhoek se busdrywers bestuur. Stop sommer halfpad in die pad, stop in “slipways”, ens. Dink niks van passasiers se veiligheid nie.

Ek lees in Vrydag se koerant van Otjiwarongo wat so mooi skoon is. Dis goed, dan ry jy verby Erongosig in Usakos na Okambahe. Jy word skoon skaam om dit te sien. Om te dink so baie toeriste gebruik daardie pad. Die munisipaliteit van Usakos, daar is so baie mense wat net ’n mens se beeste en kleinvee slag. Gee dit op tender uit dat die mense iets met hul lewens doen. Asseblief.

Ja, ek sê ook die wat nie glo aan die opstanding nie. Gaan kyk by CoW se tuine op pa na Safari Hotel op linkerkant hoe lê "dooies" met blou oorpakke onder bome wat eintlik moet skoffel of tuine moet skoon maak, maar kyk net hoe staan hulle op naby tjailatyd.

Watter ouers laat toe dat hul 16-jarige dogter met ’n man van 34 'n verhouding het? Waarheen is ons jeugdiges op pad - Namibië se toekoms? Dit is so donker.

Mnr. Groenewald, ons wil weet in verband ons retensiegeld. Die manne wil optrek na jou kantoor, maar ons wil nie graag skandes maak. Ons soek asseblief 'n antwoord voor Vrydag.

Om ’n span te bou soos afrigter Lyn Jones Sit nie in enige man se broek nie. Los die wen. Ondersteun die man - hy wil ook wen.

Ag wat! Gedurig het Walvisbaai rugbyklub ’n probleem as hulle teen ons Basters speel. Julle is mos engeltjies.

As ‘n Rehobother en rugby-entoesias vanaf geboorte skaam ek my morsdood vir Reho Falcon se spelers en bestuurslede se skandelike gedrag en swak sportmangees teen Walvisbaai. Man, kry jul huis in orde en vat ‘n verloor soos ‘n man. Kru taal, vuiste en knieë kan nooit die oplossing wees vir ‘n verloorkultuur nie. - Hartseer Baster

Hoofman Dawid Gertze is nie deur die regering erken nie, nie eens sy stam is erken nie, maar Nama-leiers hardloop agter hom aan om Blouwes te verdeel. Is Hoofman Petrus Simon Kooper besig om ook ons stam te verdeel? Is hy nie tevrede Gibeon is klaar verdeel nie? Hierdie Nama-hoofmanne-organisasie is sommer onsin. Vol van dubbele standaarde. Ons kyk weer wanneer kom erkende Nama-hoofmanne na Blouwes om ’n nie-erkende stam en hoofman te ondersteun.

Die inligting tot my beskikking is dat SuperSport die uitsaairegte het van die Supersport Uitdaagreeks. Daarom dat NBC TV en radio dit nie mag uitsaai nie. Indien dit wel so is, is SuperSport selfsugtig. Hulle het net een weg- en een tuiswedstryd van die Welwitschias uitgesaai. Verduidelik asseblief, MultiChoice!

Ek wil net weet is daar iemand wat kan help? Ek sukkel vanaf Maart 2017 met my pensioen van GIPF. Dit moet oorgedra word na my Effektetrust, maar dit wil nie regkom nie. Dis van 2016 April wat dit nie inbetaal word nie. Ek sukkel van Keetmanshoop tot in Windhoek by die hoofkantoor, maar niks gebeur nie. Wat sal ek doen? Help asseblief, dankie.

Oor Lloyd Zandberg. Daai persoon wat geen sin vir humor het nie, kan seker ook nie lag nie. Jy is kwaad vir iets. Probeer dit in die koerant ook met ons deel. Los vir Lloyd. Lloyd, hou so aan. En ek bedoel hou so aan! Moet nie dat die suur mense se stink jou afsit nie. Jy skryf vir mense met 'n “sin vir humor”. Ons geniet jou. Jy het baie tussen jou ore en ons kan nie wag vir jou Kollig ens. Jy is ‘n “gift” vir Republikein. Kan nie wag nie vir Vrydag. Ons is trots op jou! – Caz

Persoon wat kla oor Kanaal 7: Siestog, sit jou radio dan af! Dan kla jy nie oor nietigheid nie. Sê liewer dankie vir alle goeie dinge wat hul doen!

Ek verwys na ‘n SMS in die kolom wat die skrywer Joos Platt se teenwoordigheid by wyle dr. Abrahams se begrafnis bevraagteken. Sy teenwoordigheid is ook bevestig deur ‘n foto in Namibian. Ek wil die skrywer inlig dat hul familie is. Hoop persoon is tevrede.

Ek soek iemand wat mense in die Kaap het wat in die volgende maand Windhoek toe kom. Ek soek patats. Bel 081 339 0182.

Enigiemand wat kennis het van ’n Solar Water Heater, “TK-8A series”, stuur asseblief jou telefoonnommer na die SMS-kolom. Ek sal skakel.

’n Persoon met ’n kettingsaag in Rehoboth gesoek. Bel 081 208 3012.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!