SMS'e vir 20 Junie 2019
". . . so goed ek vra my huishulp . . ."
Die 2% wat by die staatsamptenare gebedel word vir droogtehulp is tragies. Al die vorige jare het die staatskas die boere gehelp. Die staatsamptenare se salarisse kan nie eens hul gesinne onderhou nie. Dit is so goed ek vra my huishulp om vir my gesin ’n brood te koop.
Die skietvoorval by die padblokkade is die ongelukkige reaksie op misdaad wat handuit ruk en die taxidrywers is alles behalwe onskuldige slagoffers. As ’n Zimbabwiër, wonder mens maar net hoe het hy ’n werkspermit gekry en indien nie, watter ander redes daar nog kan wees vir die poging om te ontsnap. Enige vorm van misdaadbekamping moet ondersteun word en die insident moet gesien word as ’n geïsoleerde leemte wat reggestel kan word.
Dit help nie om misdaad te wil stop nie, want dit is dan die mense wat dit moet bekamp wat skiet, skop en donder. Om simptome te behandel, sal nie ons siek gemeenskap baat nie. Kyk wat die oorsaak is, wat morele verval kan wees. Begin om die geldwassers en korruptes vas te vat. Ons het niks teen die weermag en polisie nie. Hulle moet net reg gewerf, opgelei en beveel word.
Ouens, ons sal van Swapo ontslae moet raak! Almal kan sien en beleef hoe hulle absoluut onbevoeg is om te regeer! Gaan stem reg!
Here, verlos ons van die kloue van die Swapo-regering.
Mnr. Venaani. Baie Namibiërs sien jou as ’n ware leier. Ons hoop jy kan meer doen en meer stem dik maak in ’n tyd waarin daar na ’n leier in hierdie land gesoek word.
Elke kind in Namibië tot en met 18 jaar oud gaan nou ’n maatskaplike toelaag ontvang. Nou gaan die maak van kinders versnel, maar die grootmaak gaan nog meer verswak. - SAP&H
Plastiek-inkopiesakke is besig om vinnig uit te faseer: Plastiekbottels, glasbottels en blikkies saam is egter 3 keer meer besoedelings onvriendelik as wat plastiek winkelinkopiesakke was, maar daaraan word sweet niks gedoen nie, want die vrug van die wyn kom mos ook daarin. - SAP&H
Ek stel voor alle sportkodes volg Namspire sport se voorbeeld. Speel steeds proewe, maar kies ons eie spanne sonder inmenging. Kyk hoe goed doen hulle met krieket. Ons het nie hulpelose no clue karakters in ons kindersport meer nodig nie. Dit was lank genoeg ’n sirkus.
Sien die nuwe nege gesigte van die kommissarisse by die Namibiese Sportkommisie ontbreek toetentaal van ’n wit gesig. Histories het rugby, motorsport, tennis ens. ’n meer vaalgesig deelname, wat belangstelling betref. Wonder maar net ligweg in my binnekamer. - Concetia
Die droogtehulp is net vir sekere mense. My diere vrek op my plaas. Net vyf mense is goedgekeur in Rehoboth en wat van my? Ek is nie eens gebel om ook te kom vat vir my stomme diere nie. Dis hoekom ons so swaar kry. Gaan maar aan. Ek sê maar net.
Hoe op aarde moet ou mense 5 000 tot hoeveel duisende betaal voor hulle water kan oopgemaak word? Die waters wat op Aranos toegemaak is, sluit ook ou mense in. Ou mense pay net N$1 250,00. Waar sal hulle daardie klompe gelde kry? Aranos Town Council is rêrig nie ernstig nie. Ons is besig om te dood van dors.
Usakos-dorpsraad. Die vorige kontrakteurs wat die hoofstraat voor FNB die afgelope dekade probeer herstel het, het net groter skade gedoen, want daar is ’n gat amper so groot soos ’n dam! Ek het ’n voorstel. Kan die volgende kontrakteur wat die tender sal kry, dalk met mnr. Ricky Snyman kontak maak vir advies. Hy is in Usakos en het jare die dorp se paaie gedoen. Die gat is al so diep met die eerste reën in September. Mag al die trokke wat daagliks van die pad gebruik maak daarin vasval of inval. Hoop dit sal spoedig u aandag geniet.
The director of education, Keetmanshoop Regional Office. Why is it that a certain cleaner at your office, while on vacation are always allowed to run the registry office if the admin officer is on leave. Can other cleaners on the same level with her and who is a grade 10 certificate holder not be given the opportunity to prove them self. We observe that this cleaner make use of the GRN vehicle. Please, as tax payer this is not correct.
MultiChoice, ek is een van die pensioenarisse wat geniet wat julle bied, maar ons is afgetredes met ’n beperkte inkomste. Is dit moontlik vir ’n “pensioners discount" of 'n "pensioners package”? Vra maar net.
Miskien kan banke ook ietsie aan getroue kliënte teruggee soos sommige versekeraars deesdae doen. Om dankie te sê vir ons ondersteuning, byvoorbeeld as jy al 10, 20, 30 jaar of langer al jou sake by een bank doen?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie