SMS'e vir 20 Mei 2019
". . . so duur wees . . ."
Aansoekvorms vir graad 1 moet uitgegee word en skole is nog nie ingelig via hulle streekskantore nie. Kommunikasie na skole, voor dit aan media bekend gemaak word, sal tog net beter wees!
Die Lubango-gate moet vergeet word, maar dit wat dekades voor dit deur die Duitsers gedoen is, mag nie vergeet word nie. Hoe werk dit nou?
Nou toe nou. Nujoma vier sy 90ste verjaardag, met Chinese sy noue vriende! Geen wonder hulle kom weg met die plunder van ons land se “resources” nie. Noem ons land Chinibia!
Baie dankie Jo-Maré vir die pragtige berig oor As Night Fades en heavy metal. Ek is ’n 64-jarige metal fanatic van Tsumeb vir wie metal nog altyd daar was, sedert 1969 toe ons nog alle vreemde musiek “underground” genoem het. Ek kan nie wag om hierdie ouens te ontmoet nie! Heavy metal!
’n Woord van dank aan die jongman en sy passasier met die Volkswagen, registrasie nommer “Joodt NA”, wat ons bygestaan het op die Rehoboth-pad met ’n pap wiel. Ons is jou ewig dankbaar. Dankie dat jy jou tyd afgestaan het om ons te help. Die Here seën jou hart. Suster Beukes en passasier.
Hoekom moet veeartse so duur wees? Baie arm mense is lief vir diere, maar kan nie eers ’n hond laat uitsit nie, want dit kos meer as N$500 net vir ’n inspuiting. Veeartse is mos lief vir diere, maar as gevolg van hul pryse ly die siek honde van die gewone man op straat, sou hul durf waag om siek te raak.
Besighede en regeringsinstansies wat in die koerant reageer op klagtes, navrae, ens. moet asseblief nie in ’n ander taal antwoord nie. (Uiters swak en onprofessioneel). As u in staat is om die navraag te verstaan, móét u ook in dié taal antwoord.
Hoekom het die getalle vermoordes van die Duitse genocide van 1965 tot nou van 30 000 tot 100 000 gegroei?
Is dankbaar dat Meatco wel probeer om die boere van hulp te wees gedurende hierdie erge droogte deur by een van hul fabrieke te slag. Dit is egter ‘n klein druppel in ‘n baie groot dam. Die druk van bemarking neem daagliks steeds toe en bereik rampafmetings. Dit sou ‘n baie wyse en gewaardeerde besluit van Meatco wees, sou hul ook die Okahandja-aanleg vir ‘n paar maande in volle bedryfkon stel (wat in praktyk wel moontlik is) en om ook dáár tot optimale kapasiteit te slag. Sodoende word daar vinniger méér slagbare diere betyds van die veld gehaal. Meatco kan op hierdie wyse ook ‘n goter klomp diere vir eie deurset bekom; diere wat nou na hierdie druk periode elkgeval vir hul verlore gaan wees. Eerder as om nog ‘n tipe droogtebemarkingsubsidie toe te staan, kon die regering eerder vir Meatco gedurende hierdie noodslagperiode met hul kontantvloei bystaan en daardeur indirek ook vir boere in nood baie help.
Pres. Geingob sê die Lubango-slagoffers moet nie in die verlede leef nie, maar Swapo doen dit dan. Bv. Cassinga en daaglikse verwysing na apartheid e.a.
Ai, nou is dit weer die Portugese kruis. In 1486 was nie een van julle voorvaarders in Namibië. As een land dit moet terugkry, is dit Portugal weens die respek wat ons aan hulle seevaarders moet toon.
Die ambassadeur in Duitsland. Is hy ‘n Swapo-ambassadeur of die ambassadeur van Namibië? Hage Geingob. Regeer hy tans as Swapo-president of as Namibiese president (puppet)? Vergelyk met maatjie Omar el-Bashir van Sudan. – Peet Venter

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie