SMS'e vir 20 Mei 2020
SMS'e vir 20 Mei 2020

SMS'e vir 20 Mei 2020

". . . getrou elke maand . . ."
Mandy Rittmann
Ek kyk so na die foto van die gebreekte stormwaterdrein in Erosweg in vandag se koerant, 18 Mei 2020, en dan dink ek maar net weer. City of Windhoek kan nie eers hulle gegewe mandaat oral ordentlik uitvoer nie, maar hulle wil by die kommunikasiebedryf betrokke raak en kompeteer. Dit gaan hulle baie miljoene indien nie miljarde Namibiese dollar kos. En daardie rekening, net soos met hulle nuwe gebou, gaan weereens na ons Windhoek rate payers toe kom, ten minste na die wat nog hulle rekeninge getrou elke maand kan betaal.

Die vakbondbaas, mnr. Job Muniaro, weet nie wat dit beteken as ’n besigheid nie fondse het om sy werknemers te betaal nie. Hy weet ook nie wat in die wêreld om hom aangaan nie. Hy weet ook nie dat die toerismebedryf al sedert die begin van Maart tot stilstand gekom het nie, en so gaan bly vir die res van 2020 nie. Hy weet ook nie, dat indien ’n besigheid geen inkomste het, hy nie vir altyd sy werkers kan betaal nie. Wat weet jy, mnr. Maniaro?

Die unies en die staat dring aan dat werkers nie afgedank word nie. Goed en wel, maar sal een van hulle tog asseblief net sê waar moet die geld vandaan kom om daardie werkers te betaal?

Bottelstore en plekke wat sigarette verkoop moet oop? Asseblief! Van wanneer af is mense nou ewe skielik bekommerd oor belasting wat verlore gaan deur die sluiting? Dis ’n klomp bollie. Mense wil suip en rook, punt. Nou weet almal waar lê die verval en gesondheidsprobleme. - SAP&H

Niemand kan van N$750 lewe, dit het ons nie gehad. My vraag is, as die Corana nie daar was, dan het jul dit mos nie gehad. Dankie vir die Here vir daardie bietjie. Amen.

Bank of Namibia, kyk na dit en los die stokvelle. Die banke maak nou baie geld uit ons, baie van ons verdien nie ’n salaris, ander halwe salarisse, ons stoporders by banke word teruggestuur, ons betaal baie rente daarvoor en as daar eendag geld inkom, vat die banke hul rente en ons sit nog in skuld van agterstallige polisse en rekeninge wat unpaid deurgegaan het. Armoede, armoede. Banke maak geld en ons lewe in ellende.

Wil net graag iets laat weet oor die banke se kamastige hulpprogram. Ons was by ons bank waar ons al oor 40 jaar is en vir ’n korttermynlening gevra. Dit was nou twee maande gelede. Ons het gevra per telefoon. Hulle kom glad nie terug met ’n antwoord. Hoop die banke gaan weer eendag kliënte soek. Stil bly, is seker niks verkeerd doen nie.

Wat help die propaganda in die koerante van ons handelsbanke om ons tegemoet te kom as hulle kontantfooie van jou aftrek wanneer kontant inbetaal word? Byvoorbeeld N$3 100. Dan help nuwe banknote ook niks.

Ministry of Education. Hoe kan die onderwysers eers 19:00 tot oor 23:00 begin werk aanstuur vir kinders? Wat doen hulle deur die dag? Is die e-learning nou ’n aandskool?

Rehoboth-dorpsraad is gedurig in die nuus, omdat daar ’n sterk oppossisie is. Ander dorpe het groter probleme, maar omdat daar nie oppossisie is nie lyk dit of alles regloop.

Banke soos FNB, ens. help hul mense. Wie sal ons huishulpe help? Die werkgewers kla meer.

Ek is op soek na Erna Burger. Ons het by haar gehuur in Swakopmund Beach Court. Sy kan my skakel by 081 667 9466. - Magda Grobler

Oom Eddie wat by Beach Court in Swakopmund gebly het en nou in Windhoek bly, kontak my asseblief. - Chris, 081 328 9706

Die profeet uit Afrika hef sy gebed aan: Almagtige, in die naam van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees, kanselleer Covid-19 met onmiddellike effek wêreldwyd. Amen, dankie my dienskneg tot in ewigheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!