SMS'e vir 20 November 2019
"Ons is blou gewag . . ."
Sport was nooit en sal nooit die regering se prioriteit wees nie. As hulle nie eens handboeke kan voorsien nie, waar kom sport by?
Geingob sê wettig aborsie. Nou kan ons h . . . en rumoer en ek kan gaan vir ’n aborsie. Iemand gaan lekker geld maak met die storie!
Die verdwyning van die EVM’s laat veel te wense oor. So dis nou Swapo se eiendom, want hulle het dit betaal. Is die opposisie soos blaffende honde? Waarom vat hulle nie die saak hof toe?
Dankie tog dat die visskandaal se manne nou vasgevat word. Dit laat mens net wonder wanneer die ODC-skurke ook aan die pen gaan ry? Hulle loop nog los rond, sommer hier tussen ons.
Niemand is perfek, maar dis nou die tweede keer dat die president inmeng waar hoëprofielmense vervolging in die gesig staar. Moenie jou posisie misbruik nie. Hierdie visskandaal is erger as wat Katrina gedoen het. Wat vir die een geld moet ook vir die ander. ACC moet ook sommer die fosfaatmyning en houtoeste ondersoek.
Ja, bladsy 1, Market Watch. Kyk die regering nou ook met begerige oë na GIPF? Later geen pensioene, alles opgeëis én gespend.
Regtig? Waarom baklei, betoog, afbreek, afbrand, doodmaak as ons nie ons sin kry nie? Waarom nie die son oor almal laat skyn nie? Hoekom moet die eie ek altyd na vore kom? Ons in Namibië is mos nie gewoond aan sulke barbaarse optredes nie.
Rudi Koekemoer slaan die spyker op sy kop met skrywe oor sport en versoening. So moet dit wees, maar weer is dit die selfsug, eie ek, gebrek aan konsultering en dominerende houding van individue wat als opneuk en bereidwilliges verjaag.
Wanneer kry ons die droogtehulpgeld? Ons is blou gewag en diere amper opgevrek. Asseblief!
Ek voel daardie storie van blaffies in Swakop moet ent kry. Ek voel naar. Daardie familie sal net so moet aanhou, maak nou hoe nou? Gee die mense brood, botter en jam. O, dit sal fantasties wees!
Windhoek City traffic police. Please get your feet of the tables and do something about the idiots speeding on Robert Mugabe Avenue towards the traffic circle in Olympia at speeds in excess of 100 in a 40 km/h zone.
Nuut gekieste biskop. Ek vertrou dat mense sal bekeer en hulle laat doop volgens die Bybel. Breek weg van die ou luthergie en laat die heillige gees u lei. Neem u eerste voorbeeld van dienaar.
Ek wil net weet, die drywer van die training centre wat naweke met die regeringskar rond ry met vrou en kinders. Volgens my werk hy nie naweke nie. Waar is die management dat hulle dit nie sien nie?
Die persoon wat voorstel dat Trump hier kom help, maak seker ’n grap. Net die feit dat hy of sy dit oorweeg, maak mens naar. Trump die nar rig genoeg skade aan in sy eie land. Die res van sy SMS is wel geldig.
Ministry of Justice Gobabis. Kan iemand nie uit Windhoek gaan kyk wat by die inkomstekantoor in Gobabis aangaan. Daar is absoluut geen beheer in die kantoor. Werkers is nooit in die kantoor om payments te authorise nie. Patetiese diens. Sies man!
Ek kan nie glo dat hospitaalplanne se premies met oor die 30% kan styg vir weinig meer voordele nie. Baie van ons wat nog werk, kan dit net nie meer bekostig nie, om nie eens te praat van pensioenarisse nie. Hospitale se kostes is belaglik hoog. Die regering sal moet ingryp.
Stap 18 November se aand in Mariental, Wimpy-winkel. Hier staan Dr. Itula. Ek vra groet en vra vir ’n foto saam met hom. Ek sê hom ek is die kruisman, hy sê: “Oh, you are Jesus”. Ek sê vir hom ons het meer nodig soos hy en nie lafaards nie. Namibië, skrik wakker, keer terug na God. – Kruisman
Daagliks word daar smeekgebede vir reën op sosiale media rondgestuur, maar voor ons nie die tien gebooie van God gehoorsaam nie, sal dit nie help nie. Sondae is daar meer mense in die winkels en op die sportvelde as in die kerk. Baie kerke lees nie meer die tien gebooie en geloofsbeleidenis nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie