SMS'e vir 20 Oktober 2020
". . . op die draad . . ."
Ek wonder of die president skrik vir koue pampoen of is hy net moedswillig? Hy maak groot gewag daarvan dat die blankes oorlog verklaar het teen Swapo en dit terwyl hulle net gaan registreer het vir die komende verkiesing. Lyk my benoude politici maak benoude, ondeurdagte uitsprake. Dis tyd vir Swapo om te gaan.
Dit is eenvoudig net ongelooflik dat iemand wat oorspronklik van die Suide is nog vir Swapo kan stem. Dit is juis hoekom LPM gestig is, om die belang van die Suide te verteenwoordig, bevorder en beskerm. PDM sal altyd op die draad sit, terwyl Swapo die Suide vernietig. Ons weet Swapo-lede in die Suide is net vir eiebelang daar en sal vir ewig swyg oor waarheid en werklikheid. Ons broers en susters wat nog droom van Swapo in die Suide moet reg stem in die belang van ons toekomstige kinders. Swapo is iets van die verlede wat die Suide betref - LPM is die enigste opsie vir die toekoms.
Dis so hartverskeurend hoe Swapo hierdie land regeer van 1990 af. Gelukkig het ek nie en sal nog nooit vir Swapo stem nie.
As die God wat die boere in 1838 gehelp het ons ook wil help, dan kyk ons hoe die speelstukke op die skaakbord verskuif word. So help ons asseblief.
As ek die geleentheid gebied word om president Hage Geingob vir ’n koppie tee te nooi, dan sal ek hom vertel hoe my bure my al jare lank traumatiseer.
Aaaaaiii tog, hoe lekker giggel ek nou. Praat met ’n vrou in Australië wat alleen boer. Sy sê elke boer daar het ’n stalletjie by sy plaasingang waar hy sy produkte uitstal met die prys op. Elkeen wat daar stop, gooi die geld in ’n houer, vat sy item en da' gaat hy. Sy vra hoekom doen ons dit nie ook in ons land nie. Ek wonder nogal hoekom so iets nie by ons sal werk nie . . .
Moet asseblief nie gevang word deur die sogenaamde karwagte direk langs die Gustav Voigts-sentrum nie. Dis net ’n slenter om kentekens van jou motor af te steel en geen karwagdiens word gelewer nie, gemeet aan die feit dat die karwagte niks weet van die skade aan jou voertuig nie. Boonop word daar vloekwoorde op jou motor geskryf. Mense wat daar van taxidienste gebruik maak, sê die "karwagte" is self daarvoor verantwoordelik. Die "karwas" word net aan die eenkant gedoen. Dis ook 'n slenter.
As dit nou al so lyk by die Swakoppoortdam, dan sal dit binnekort net so lyk soos by die Goreangabdam. ’n Dam vol vrot water wat nie gebruik kan word nie. Daar sal baie streng opgetree moet word.
So ’n bek moet jem kry! Kristien Kruger se Stellenbosch het my Afrikanerhart laat bokspring en die kappiekommando in die hek laat duik.
Petrus Jacobus van Heerden. Ek het jou beursie opgetel naby Shoprite, Swakop. Jy kan dit afhaal by Bargain Corner in die dorp.
MultiChoice you should do a survey as to how many people watch Channel 133, TL Novelas and 118 Telemundo. You were asked some time ago why we cannot watch BBC Earth in Namibia. Your answer was that you did a survey and you found that African audiences are not interested. How are we interested in these voice-overs? Cheap foreign productions like Channel 133 and 118.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie