SMS'e vir 20 September 2017
SMS'e vir 20 September 2017

SMS'e vir 20 September 2017

“. . .tree nie op volgens wet. . .”
Mandy Rittmann
Mev. Huishulp! Hoe op aarde kan jy ’n weerlose kleinkind so martel? Dis mos poging tot moord. Man! Jy word ’n werkie gegee om brood op jou tafel te sit, nou kom martel jy liewers die weerlose klein kindjie. Nee man, dit werk nie so nie. Hoop die gereg neem sy gang. Van baie onsteld.

Nampol help vir NBC: Wat van die onwettige vervoer van passasiers op ons paaie? Na vele vergaderings met City Police en Nampol verkeersbeamptes gebeur daar net niks. So geagte lesers, as die assosiasies en hul "members" die ingange na Windhoek toe maak, moet julle maar verdra. Deesdae spring elke Jan Rap en sy maat in hulle karre, bussies, bakkies, lorries, koeriers en vervoer mense sonder die nodige permitte. Polisie- en verkeersbeamptes tree nie op volgens wet, as jy mense teen vergoeding vervoer moet jy die nodige dokumente het, so word die wettige permithouers verplig om op te tree met ’n industriële staking.

Geagte inspekteur of direkteur van onderwys. Kan ’n kind na die polisiestasie gevat word? Al die kinders is bang, want een was na selle gevat en nou sê die kinders hul is bang hul sal volgende wees. Hoe werk dinge by die skool? My kind sal by die huis bly as dit so is.

ETTEBAB in Republikein van 19 September: “Die mens se plek”. What an upliftment for the soul to hear a voice of reason in a world becoming increasingly arrogant in terms of the value of human life on this planet!

Ek wil graag weet by wie ons moet kla oor die grootskaalse perdeslagtery en -mishandeling wat in Keetmanshoop se dorpsgronde aan die gang is. Polisiemanne is op die slagters se "payroll", so dit help nie om te kla nie. Waarheen met al die perdevleis? 50+ per week word geslag. Perde staan vir dae aan een sonder kos of water voordat hulle wreed geslag word.

Ek wil weet? Werk dit maar so hier op Karasburg in Lordsville. 'n Meneer koop ’n huis en begin toe sommer ’n sjebien by die huis. My vraag is, het hy ’n lisensie daarvoor of het hulle dit ook aan hom verkoop? Ek dink dis tyd dat ACC hierheen moet kom en kom kyk wat hier aan die gang is. Asseblief!

Dis weer daardie tyd van die jaar wat plaasboere mekaar se weiding steel. Stop asseblief.

Mnr. Jeep N5446W, as jy selfdood planne het, moenie ander padgebruikers daarby betrek nie. Of is jou ruite te donker? Ek moes Saterdag hard rem om jou te mis, dit terwyl jy vir my moes wag. Gelukkig was daar nie ander motors wat my van agter kon stamp nie terwyl jy lekker wegry.

ELCIN Bishop works in national interest and criticises organised/forced marriages. ELCRN Bishop works only for suspensions!

Asseblief! Ons lesers sal nie alles as sushi afsluk nie. Die wrakfoto (18 September, "Bom Jesus' relics a hidden treasure at Oranjemund", The Namibian) is dié van die Eduard Bohlen uit die vroeë 1900’s. Dis ’n blikboot - egte Ruhr staal. In die 1500’s was daar nog net houtbote met lapseile. Groetnis. - Oom Peet

Ons van Rehoboth hoor net hoe word mense met dwelms in ander dorpe vasgetrek, nou wonder ons maar net wanneer tref daardie geluk vir Rehoboth ook.

Jou klagte oor weeluise. Ek het dit ook rondom die kante van my matrasse gekry. Dra jou matrasse uit en behandel dit goed met kookwater en laat dit heeldag in die son lê, draai kort kort om en spuit dit ook goed al om die kante met Jaysfluid. Ek is ontslae van myne. Sterkte.

Koop Fendona vir die weeluise.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!