SMS'e vir 20 September 2021
SMS'e vir 20 September 2021

SMS'e vir 20 September 2021

"...voed die bevolking op..."
Mandy Rittmann
As alkohol gif is, verban dit. Indien nie, voed die bevolking op met ’n onderwerp soos etiek reeds van skooldae af, wat die invloed van oordadigheid op alle terreine vanaf die huwelik tot openbare optredes uitspel. Veral ook die gevare van bosbrousel vir die liggaamlike sowel as ekonomiese gesondheid van die land gesien in die lig van die feit dat broodnodige aksynsbelasting agterwee bly.

Dit kan ek nie glo, dat 15 000 geskrap is van Psemas. Waar is die geld wat vir jare inbetaal is? Het dit ook voete gekry? In hierdie land raak so baie geld weg en geen mens weet waarheen. Julle verryk julle en die armes kry net al swaarder. Dit is ’n skande. Leiers van Namibië.

Dis baie duidelik dat baie restaurante verniet kla. Gisteraand (Vrydag) in Otjiwarongo by 'n restaurant uitgeet. Kombuis het 8.30 nm gesluit en almal is stilswyend aangemoedig om huis toe te gaan. Die plek was tjok en blok vol om 8.00 nm en heeltemal leeg om 9.00 nm. Hulle kon nog tot minstens 10.00 nm kos en drank verkoop het, maar nee. Ek wonder of die eienaar weet wat daar aangaan. Ek dink die personeel dwing hierdie plekke toe sodat hulle nog die sjebeens kan oop vang. Toe ek die personeel vra of hulle weet die aandkloktyd is 11.00 nm is ek uitgelag. Intussen kla almal kliphard oor daar nie besigheid is nie.

Versoek aan Joos Platt. Wil jy nie asseblief vir die publiek inlig rondom die pligte van reserviste, asook buurtwagte. Hulle doen hul voor as polisiebeamptes en doen ook pligte van polisiebeamptes. Help die publiek asseblief, sowel as buurtwagte dat hulle hul plek en pligte ken. Jou bydrae sal waardeer word.

Telecom, asseblief, vertel ons iets oor ons nie ons callmaker kan gebruik. Ek wag nou al amper twee jaar. Wat gaan aan! Of kry ons die geld terug wat ons opgesit het? Asseblief!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!