SMS'e vir 21 Augustus 2020
SMS'e vir 21 Augustus 2020

SMS'e vir 21 Augustus 2020

". . . smeer eenkeer aan . . ."
Mandy Rittmann
Die rentekoersdaling wat deur Johannes !Gawaxab afgekondig is, tref ouer mense sleg! Kosinflasie is hoog en rente-inkomste daal. Hoeveel gaan rentekoerse nóg daal?

Kom laat ons saam bid. So lei die gebed. Here Almagtige God Jesus, vergewe ons sondes wêreldwyd. Here, dankie vir ’n lekker lewe van nou tot in ewigheid, amen.

Wil net vir ons president ’n voorstel maak. Die droogte en Covid het plaaseienaars bankrot en hulle kry nie hul plase verkoop nie. Dink net watse valuta gaan onse land inkom as jy die wet ophef dat buitelanders nie plase hier mag koop nie. Jaaaaa man, dink nou net, dan is daar weer geld vir bedrog.

Ons lees in die Bybel hoe Kain sy broer Abel doodmaak omdat Abel vir God meer uitverkore was as Kain en hoedat God vir Kain en sy nageslag vervloek. Ons kan duidelik sien wie is Kain se nageslag en al hang jy vir jouself ’n goue ketting om jou nek en al vermoor jy vandag nog vir Abel, dit gaan niks aan die waarheid verander nie, want jy bly die Godvervloekte nageslag van Kain.

Rooi olifant. Die fout lê bo. Daar moet ontslae geraak word van die generaal, maar die man wat hom moet afdank, is ruggraatloos.

Dankie Swakop munisipaliteit dat julle iets aan die hondegemors-situasie probeer doen. Eintlik moet nou oral langs die see wandelweg skoongemaak word, dat mens kan sien of jul sakkie- en asdromplan daar werk. Wat is die plan met die woonbuurte waar dit ewe erg gaan? Boetes?

Geen Swakop-hond ontwikkel ’n nood tydens ’n stappie. Hulle word almal twee keer per dag strate toe gevat om daar hul derms leeg te maak. Net 1% van eienaars tel die bolle op. As eienaars lus was om bolle op te tel, sou hulle nie hulle honde uitvat nie en ons netjiese buurte in onhigiëniese, besk...te vlieglokkers verander nie. Sies!

Swakop-hondeienaars neem hul honde strate en strande toe om daar hul gemors te maak en agter te laat, want hulle wil nie bolle optel nie. In Marigoldstraat, Oceanview is daar minstens twee sulkes wat die laaste paar maande van ons sypaadjies en parkie in ’n vieslike hondetoilet verander. En hul eie erwe en sypaadjies is blinkskoon.

Beste vir aambeie is Deep Heat. Jy smeer eenkeer aan, hardloop die 10 000 m binne minute om jou huis, haal met elke skreeu diep asem en verloor sommer gewig ook.

Ek wens maar net die beste vir die gewese personeel van die ministerie van finansies wat afgedank is, of geviktimiseer en of frustreer is om te bedank deur die gedrag van die topbestuur. Ek ontmoet weekliks van hulle en ek kan sien hulle trek swaar. Hulle se lewe is vernietig.

Wat in Zimbambwe en Mali gebeur het, maak my bekommerd, want dit lyk ook corrupt.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!