SMS'e vir 21 Desember 2017
“...onnodige padblokades.”
Die chaos by Buitepos grenspos is om van te gil. Die ministerie van Binnelandse Sake in dié geval benadeel Namibië, spesifiek die toerisme industrie. En dan het die Swapo party op hul onlangse Kongres vir hulself ’n hoë punt gegee. Nee, sies man skaam julle! Kiesers onthou hierdie tipe swak diens wanneer ons weer gaan stem.
Ek is nou al siek vir al onbeskofte en onbevoegde drywers wat ongelukke op ons paaie veroorsaak. Dit is hoog tyd dat die Namibiese polisie en NATIS rekord hou en mense wie keer op keer betrokke is as drywers in ongelukke se rybewyse weg neem.
Wat het die ministerie van binnelandse sake en immigrasie besiel om in hierdie besige vakansieseisoen die nuwe biometriese stelsel op ons grensposte van stapel te stuur? Og tog, die gebrek aan kômmin sense. Ons jaag al ons toeriste weg!
Mense wat so kla oor die Buitepos se grenspos en die gewag was seker nog nooit oorsee op ’n groot lughawe gedurende die vakansie nie. Dit gaan maar oral in die wêreld so oor die Kersseisoen, wanneer daar baie meer mense as gewoond op grensposte, lughawens en trein stasies toesak. Maar omdat dit nou in Afrika gebeur het almal hulle monde vol.
Geen kabeljou vangste vanaf 1 Januarie suid van Walvisbaai: Ons moet alle vangste stop, geen visvang van watter aard. Want hoe kontroleer ons dit? Dan sal ons later in die seisoen weer lekker vang.
Namibië se toerisme was nog altyd ons grootste uitvoerproduk, en nou gaan ons dit ook verloor, lyk dit my. Wie wil nou ure in rye by grensposte wag en soos gemors behandel word? Is dít nou vakansie?
Stop tog asseblief hierdie onnodige padblokades. Stuur liewer die verkeerspolisie uit om te patrolleer en nou en dan karre aftrek om padwaardigheid en ander dinge nagaan.
Walvisbaai Airport wake-up management! Again one immigration officer and three unmanned empty desks.
Passport control at Walvisbaai Airport: Why does Navy uniforms have a protocol officer whisking a bundle of them past patiently waiting tourists? We would have respected them more if they queued like all us plebbs. Just one immigration officer serving arrivals for two flights. Lack of planning at its best!
Ek wil graag weet hoekom Eerste Nasionale Bank se tariewe so maklik hoog styg in Desember, Paasnaweke en noem maar op, of is dit die hoeveelheid geld wat inbetaal word, wat gaan aan. Geen wonder dat die chinese nie belangstel in Namibië se banke nie!
Keetmanshoop se taxi drivers sal netheid aan die dag moet lê. Sommige van hulle se liggaams reuke is verskriklik, dit sit jou uit! Daar is van hulle wat ’n plesier is om mee te ry, maar pasop vir die enkeles, dit is reeds somer en daardie reuke kom van vêr af en dit is nie “Love is in the air” reuke nie. Eto! – Keytamanshopa
Raadslid E Wambo is die mees korrupte voorsitter wat Hardap ooit gehad het. Sulke goed van misbesteding het ons nie onder Goewerneur Katrina Himarwa gehad nie, maar ons huidige Goewerneur Esmé Isaack weet nie hoe om ons politici in Hardap te hanteer nie. – Punt
Mense die arme man het seker bedoel tussen Tses en die afdraai na Gochas op die B1.
SUN: “There is little, authorities can do to reduce car accidents.” Hallooo there is plenty they can do. Change driver attitude for them, by lock up repeat offenders with multiple offences, tickets or confiscate driver licence or car. Traffic cops be active in towns on the roads, not sit in offices. Put up cameras at 4way stops, robots and fine offenders. Enforce that taxis must have public transport licence and insurance! Actually police the known hotspots, but this of course means that cops must take action and not just talk the walk.
Dankie Republikein vir die goeie nuus op vandag 20 Desember 2017 se voorblad. Is al so moeg vir al die negatiewe nuus in elke dag se koerant. Die berig “Reën vir Kersfees” het my dag gemaak!
Die een wat gedigte skryf. Waarom het mens ’n oopskuif Samsung selfoon daarvoor nodig? Nou het ek alles gehoor!
ELKRN leierskap! Wanneer sal die huidige haat, hebsig en magshonger tog tot einde kom en ons kerk weer word wat dit was? Asseblief!
Nou is die gemors groot met AWEH data! Jou geld raak net weg jou data ook. Wat gaan aan?
Liewe One Africa! As Elenas Ghost klaar is, plaas asseblief vir ons die mooie Storm Over Paradise? Asseblief!
Ongelooflik hoe almal nou skielik vir Cyril Ramaphosa begin kritiseer, vandat hy tot die ANC se nuwe president verkies is. Die man het nog nie eers die geleentheid gehad om te wys wat in hom steek nie – gee die ou ’n kans. Sies, man!
On behalf of the National Assembly of Namibia, I wish to convey our deeply felt sympathy and condolences to Hon. Dirk Mudge and the rest of the family, on the passing away of his dear wife Mrs Stienie Mudge. May the family find comfort from the Lord in this time of loss and sorrow. Hon.Prof Peter H. Katjavivi, Speaker of the National Assembly.
Die busie drywers is dan so onbeskof met die gemeenskap, so hulle moet ophou kerm as hulle nie pasasiers kry.
Korrek! Ek gee nie eens ’n dollar uit op nuus nie, wag net vir Informanté dan is ek gesolve! – gmf
Dis baie vreemd, dat dit skielik so groen in Windhoek is. Die Europeërs kan maar hulle wit Kersfees hou – ons vier dit groen hier in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie