SMS'e vir 21 Februarie 2019
". . .simpatie vir Gibeon misbruik . . ."
Privaat mediese fondse is vir die middelklas. Staatsmedies is vir ’n pensioenaris sonder ’n mediese fonds en Psemas is vir staatswerkers. Dit behoort deur almal verstaan te word. Waarom dan die negatiewe uitkyk op fondse? - W. Rodgers
Shocking revelation of failures of foreign medical students substandard medical education. We have a right to know how many millions or billions have been wasted over the years and ministry of education should be held responsible for unfit selections of students in the first place and selecting these sub-standard foreign universities! Shame on you!
Erfwet hersien: Hoekom word almal behalwe die ouers van minderjarige kinders geraadpleeg oor die wetswysiging? Wat gee die staat die reg om eensydig te besluit oor my kinders se erfporsies? - Bekommerde ouer
Die anti-rape kursus deur Truekrav is dalk goed vir die wie dit kan bekostig. Volgens polisieverklarings in die media is 90% van verkragtings te wyte aan dronk slagoffers, wat vanaf drinkplekke op pad terug huis toe aangerand is. Hierdie beskonke dames sal liewer geld betaal vir nog ’n volgende dop, in plaas van om dit vir ’n skopkursus te betaal? – Pietrossie
Ek wonder hoekom MET so sukkel met die hiënas wat ons wilde perde vang. Daar word so maklik jagpermitte vir probleemdiere uitgereik as dit by olifante kom. Nee wat MET, gee my ’n permit en ek los gou julle probleem op.
Dit is vir my verstommend om te sien hoedat die NLU en vennote nou skielik op die droogtehulpwa spring. Verstaan my, almal is dankbaar vir elke bietjie hulp, maar almal weet al vir meer as die afgelope vyf jaar hoe sleg dit gaan. Maar nou dat iemand ’n fonds begin het, wil almal skielik help. Nou probeer hulle goed lyk in die boerderybedryf. Hoeveel boere het reeds alles verloor? Die een hand was die ander.
Kan daar nie iets by Rehoboth se TRC gedoen word nie? Ons onderwysers gaan elke dag werk toe, maar as die 20ste kom, dan pay jy nie. Jy raak agter op jou huur, die skuldmense bel en jou polisse lapse. Kan daar asseblief iemand aangestel word wat regtig wil werk. Ons Rehoboth-onderwysers is al moeg vir die jare se gemors. Help asseblief!
Bravo Cde. Esau! Scrutenise the fishing companies. Kyk net hoeveel het van die simpatie vir Gibeon misbruik gemaak. Niks is in hierdie gemeenskap ingeploeg nie! Dankie vir u onwrikbaarheid. Dit was lankal nodig. - Gelukkige Gibeoniet
Dis al lankal vasgestel dat leerlingdokters wat hul opleiding in onder andere Rusland en die Oekraïne gekry het van swak standaard is. Menselewens is op die spel en daar kan geen vertroue geplaas word op bogenoemde kwasi-dokters nie. Maak hulle verpleërs.
Na aanleiding van ’n skrywe oor bystand aan mense wat lieg om gehelp te word. Ek self is by geleentheid deur sulke mense ingeloop. Kom met hartroerende woorde, speel op jou gevoel en jy gee en bly gee. Ek het ondersoek begin doen. Dié hulpbehoewendes lewe fantasties met al die geld en goed wat hulle op die wyse bekom. Ek het dadelik gestop met alle bydraes. Mense, maak julle oë oop vir sulkes, doen ondersoek en stop om te gee en bly gee.
My ou dorpie, dis nou Outjo. Die kersliggies wat nog steeds brand. Sit dit af en sit die straatligte aan. Daar is strate wat baie donker is. Soos hulle sê, dis donker in die gang, die Duiwel wil my vang. Stel asseblief reg. Vra maar net. Dankie. - JJ van Outjo
Ek is ’n inwoner van Schlip. Ek wil graag weet, is dit normaal dat die polisiekar so morsig gery moet word? En kan daar regtig niks gedoen word aan die ondersoekbeamptes wat hul so dronk drink op Schlip? Die polisie doen verskriklike dinge en dan wil hul optree teen ander. Asseblief, kan die grootbase iets op Schlip kom doen. Dis verskriklik hoe die polisie aangaan. Wanneer ’n mens ’n probleem het en bel vir die polisie se hulp, dan is daar gedurig niemand op diens. Ons nodig hulp! Reëls geld net vir sommige mense. Hoekom word net sommige mense geskryf sonder lisensies en ander nie, tot die polisie self ry sonder dit rond en niks gebeur. Asseblief, ons nodig ander mense op Schlip. Asseblief, asseblief!
Voorsitter van Kalkrand en Swapo-raadslede. Benoude kat maak benoude spronge. Kyk volgende verkiesing, julle campaign werk vir jul kinders en nie vir die gemeenskap nie. Verleiers, bring drie goue spykers en kruisig my. Ek sal die kruis bring. Goudwerd. Los Kalkrand polisie uit. Moet hulle verby kom oor die skande van 'n optog teen die councillor? Ek raak nou dronk, gaan nou op die dak luidkeels preek. - Kruisman
Congratulations to Abner Xoagub from the NNOC for not allowing the NSC to take control. Interferance should not be tolerated.
Wil net baie dankie sê aan Walvisbaai oogkundige mnr. Gert Swart en sy span. Dit is regtig so fantasties om vir julle te besoek. Altyd vriendelik en so gewillig om te help. Dit maak nie saak hoe ek voel as ek in hulle praktyk instap. As ek daar uitstap, voel ek lus vir enigiets moontlik. Baie, baie dankie, julle is tops! Wens die ander kan hulle voorbeeld volg.
Ek soek raad asseblief vir klein swart miertjies wat in 'n huis ingetrek het wat ’n jaar oopgestaan het. Jy kan niks neersit nie, dan lok dit miere. Ek het troeteldiere en klein kindertjies. Enige raad?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie