SMS'e vir 21 Januarie 2019
SMS'e vir 21 Januarie 2019

SMS'e vir 21 Januarie 2019

"Breek af en spaar krag..."
Mandy Rittmann
Die verkeersligte werk nie altyd soos dit moet, want vir dae buitewerking. Breek af en spaar krag en maak 4 rigting stop en dit werk ook nie, want rooi vir stop is ry en stops is vir deur ry.

Verkeersligte, treurigheid op note COW as verkeerslig omgery is. Kyk op jul kameras wie dit was, of as die nie werk nie, kry by polisie nooddienste ens. die besonderhede en laat die persoon betaal. Maklik nê? - JC Nel

Kunswerk in die woestyn. Stem, dit hoort nie daar nie. Die woestyn is nog een van die min plekke, wat nie besoedel is nie. Hierdie is ’n onnatuurlike geraas. Verwyder dit asseblief.

Ek glo dit nie! Moet die mensdom dan oral sy vernietigende stempel afdruk? Die kuns installasie in die Namib is ongelooflik onvanpas in ’n wonderskoon natuur omgewing! Mag ons Namib hierdie ding gou insluk!

Bad taste, Max Siedentopf for plonking your work of art in the desert and then leaving. So you don’t have to listen to the song Africa over and over millions of times, but the animals and anyone visiting there has to? Did you ask them or anyone if they wanted this? You are killing the sound of silence, piece and serenity people go to the desert for! Please remove your piece killer and install in your home if you love the song so much and see how long you can stand it before going bonkers!

Thank you for participating in the Checkers Back2School Photo competition, winner announcement is 22 January 2019.

Ek hoop dat alle inwoners van Lüderitz die openbare vergadering oor die mangaan stoor en uitvoere Maandag gaan bywoon sodat dit volgens die wet en die nodige omgewingsklaringssertifikate gedoen kan word voordat dit te laat is vir die omgewing, water en inwoners.

Dit breek my hart dat die boere nie meer veglus oor het teen die droogte nie. Ons kos en hele voortbestaan hang eintlik van hulle af. Kan al ons musikante en kunstenaars nie ’n groot konsert hou om geld in te samel om die boere te ondersteun nie? Net om die mense se gees bietjie te lig? Ons moet doen was ons kan! – Chris, Gobabis

So, Operasie Hornkrantz was toe ’n groot sukses? Eintlik het hulle net vir ons kom vertel misdaad raak al erger. So, wat het die groot operasie dan nou eintlik vermag? Dis wonderlik dat hulle op 84 verskillende klagte gereageer het en 34 lasbriewe uitgereik het, maar is dit nie ’n skande nie? Kan hulle nie vir ons sê die mense is nou lekker bang en gaan minder nonsense aanvang nie? Francois, Groot Aub

Iets wat my besonders ontstel is diegene wat besluit hul honde is gemanierd genoeg om sonder ‘n leiband rond te loop. Ek is baie bly jy voel so, maar dit maak dit moeilik vir die res van die mense wat met hul honde stap. Hierdie “gemanierde” honde het altyd ’n dringende behoefte om die ander honde te kom groet, maar dit raak ’n probleem as jou hond nie van ander honde hou nie (wat JUIS die rede is vir die leiband). Kom ons stap net met die leibande en voorkom enige onderonsies.

Hierdie beamptes wat altyd jou strokies nagaan as jy by die winkel uitloop is ’n groot frustrasie. Jy staan en wag ’n ewigheid vir die een persoon wat die hele lot se strokies moet kyk, net sodat hulle vlugtig deur jou maand se inkopies se strokie (nie jou sak) kyk en seker is alles in jou sak is voor betaal. Hoe maak dit sin?

Ek is moeg vir familie wat elke vakansie vra wanneer ek gaan trou. Ek is besig om te studeer Brenda, nie man te soek nie. As jy nie wil praat oor jou tronkvoël-seun nie, dan hoef ons sekerlik nie te praat oor my gebrek aan ’n liefdeslewe nie.

Kan mense asseblief tog die DBV begin ondersteun. Hou op rook en spandeer eerder jou geld op die arme diere wat nie liefde of kos kry nie. En hou sommer op suip ook. - Anoniem

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!