SMS'e vir 21 Januarie 2022
"...nie 'n vyf sent..."
’n Dringende vraag. As ’n persoon twee keer Sinopharm inenting gekry het, en vir die derde inenting Biontech kry, moet Biontech nog ’n tweede keer gespuit word, want elke inspuiting moet twee keer geent word? Dankbaar vir enige inligting daaroor.
Wat is die Covid-regulasies by die lugrederye? Blykbaar verskil dit van die regering s’n, rakende toetse.
Laat die next president die demografie van die land weerspiëel sodoende andere ’n kans te gee om die land te lei. Eerste en tweede presidente was mos nou van die meeste bevolkingsgroep, wat 15 + 10 altesaam 25 jaar lank regeer het, derde president is mos nou besig met sy 2de termyn om sy 10 jaar vol te maak, dit sal onregverdig teenoor die ander groepe wees om weer van dieselfde twee nasies gelei te word. Wanneer kry onse Kavango-, Herero-, Zambezi-broeders en andere ’n kans vir One Namibia One Nation? No go areas? (I quote) too many wrongs can’t be right just because it’s accepted by a majority.
Ons Namibiërs moet maar tevrede wees met nie altyd die beste produk op die rak, maar vanoggend trek ek die streep. Hier is Namibiese vars melk op die rakke, wat volroom omtrent skoon water is en dan bemark die man dit nogal onder sy plaas se naam. Sies man!
Kan die vervaardiger van Happy day (medicine) nie self sy advertensies behartig op KAISAMES. Ouderling Michael Haman moet liefs die Bybel adverteer. Geagte hoof van Damara/Nama-radiodiens die betrokke advertensie pas nie by hom.
Mense hoekom moet julle so gemeen wees, om vir jou naaste ’n polis uit te neem en nie ’n vyf sent by te sit as die persoon dood nie. Jy het geen gevoel nie. Ja, jy het elke dag gebid die Here moet daardie persoon vat. My hart is seer, nie oor jou geld nie, oor die mens wat dood is. Jy en jou gesin het gebid dat die persoon moet dood, maar God sluimer of slaap nie. Hulle sê mos, die een se dood is die ander se brood, maar jy sal nie verby die regter se stoel gaan nie, jou nag sal bitter wees

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie