SMS'e vir 21 Julie 2020
SMS'e vir 21 Julie 2020

SMS'e vir 21 Julie 2020

"Groot respek . . ."
Mandy Rittmann
Een ding kan ek net nie verstaan nie. Waarom is in hierdie afgelope 30 jaar nie aandag aan die skole gegee wat nou sanitasie- en waterprobleme het nie? As die virus nie uitgebreek het nie, sou die skole seker nog vir die volgende 30 jaar ook daarsonder moes klaar kom. Nou moet daardie skole toemaak en die probleem word na die onderwysers toe aangegee. Ons moet nou planne maak om onderrig by daardie betrokke leerlinge uit te bring. Is dit nou hoe min daar van ons skole gedink word en ook van die leerlinge, dat hul jare aankom met sanitasie- en waterprobleme? Dit is ’n skreiende skande! En ek laat my nie vertel dat daar nie al briewe op briewe geskryf is om hierdie probleme op te los nie.

Police Chief; Now he could replace Becker any time and replace him with the same or even better man like van Graan etc. Ndeitunga know what he is doing! – SG

CoW besef nie hoeveel miljoene serverkamers kos nie, dan kom die apparaat van miljoene nog by. CoW sukkel om hul IT-netwerk te laat werk. Hul het eenvoudig nie die kundigheid in IT nie.

Oupa Thomas Mutota, u is ’n inspirasie vir almal van ons van Namibië, dat harde werk en deursettingsvermoë u gebring het waar u vandag is. Groot respek vir u en ek wens iemand soos u kan die land lei.

Graag wil ek tog weet: Sal ons president of enige van sy familie en topleiers op ’n ander plekke begrawe word as hulle miskien van Covid sal sterwe? My sienswyse is: die mens is dood, hoekom moet hy in die woestyn begrawe word? Vra maar net.

Covid-19. Hoekom nie alle Covid-19 lyke veras nie? Absoluut die veiligste opsie.

Waarom moet Windhoek belastingbetalers opdok vir City of Windhoek se foute? Eers is daar ’n dubbelstraat gebou in Robert Mugabe-laan tussen die laaste sirkel in Auasblick in die rigting van Gimnasium. Toe word ontdek ’n brug moet gebou word waar die straat is en een straat word toegemaak en opgebreek. Nou word daar weer ’n straat gebou. Wie is die swak beplanner by CoW wat veroorsaak dat ons nou al drie keer vir dieselfde straat moet betaal?

Bahnhof se mense skok my meer by die dag. Hoe kan jy as ouer op jou bors slaan wyd en syd verkondig solank as wat jy leef en werk het jou kinders nie nodig om te werk nie en hulle sal by die huis te lê? Daardie engeltjies belieg, bedrieg, besteel en beroof ander mense wat hard werk van hul besittings. Dwelmbase, julle maak julle se kinders groot met hartseer geld. Hoeveel ouers is hartseer en leed aangedoen omdat kinders uit die huis steel van hulle ouers en dit aan julle verkwansel? Dit is daardie mense wat dwelms smokkel wat vuil is en nie vir hulle was nie, terwyl water gratis is op Bahnhof. - Bekommerde inwoner

Ek kom nou 09:45 vanaf die munisipaliteit op Okahandja, maar alle personeel in meterlesingskantoor nog nie op kantoor. Gaan dit maar so? Geen wonder!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!