SMS'e vir 21 Junie 2021
SMS'e vir 21 Junie 2021

SMS'e vir 21 Junie 2021

"Los tog die mense..."
Mandy Rittmann
Duidelik wil die NMRC hulle slim hou as dit kom by Ivermectin. In elk geval, of dit help in die voorkoming of genesing van Covid al dan nie, dit kan geen skade doen nie. Los tog die mense uit, sodat hulle self besluit of hulle dit wil gebruik of nie!

Customs het geprivatiseer, dit is nou NamRA, maar hulle gebruik steeds staatsvoertuie, so hulle is steeds ’n las op die skouers van ons belastingbetalers en ek glo hul salarisse word ook nog deur die staat betaal.

Windhoek se begraafplaas was die mooiste begrafplaas ter wêreld. Baie toeriste getrek. Vandag wil mens nie eers daar begrawe word nie.

Kan daar tog nie eers met die pandemie met huur afgegaan word nie, ons hou nie by nie en huiseienaars dink net aan hulself.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer